Die woord woke of wokeness is deesdae in algemene gebruik in die volksmond. Die woord woke het ontstaan in Amerika vanuit ‘n swart ideologie wat in wese anti-wit beteken het. Die term impliseer politieke korrektheid en ‘n patalogiese haat vir alles wat as westers beskou was. Die woord woke of wokeness is geskep om die Amerikaners ‘n bietjie dommer te maak met ‘n woordgebruik wat min mense werklik verstaan het. Met die verloop van tyd het die woord ‘n totale ander betekenis verkry en is ook ‘n uitgebreide betekenis toegeken wat insluit dekadensie, seksvryheid, veelgodery, geslagsverandering, satanisme en alles wat te doen het met die onderwȇreld.
In vandag se dae is die NG Kerk voor in die koor as dit by wokeness kom. Drie maal onheilig, geslagsverbouereerd, rasverbouereerd en teologies verbouereerd. Die revolusionêre teologie is klaarblyklik aangeneem vir saligmaking. Geskrifte soos die Belhar-belydenis en kerk en samelewing is so veragtelik dat jou gal opstoot tot by jou keel. Het die mense dalk uit Dingaan se bierpotte gedrink vir nagmaal.
Bedwelmd word geprewel dat blanke grond afgestaan moet word aan “plaaslike” mense, so asof die blankes na 370 jaar nog nie as plaaslik gereken kan word nie. Die NG kultus is deesdae diep gewortel in ‘n swart politieke dogma met ‘n kerklike baadjie. Boeremense wat ‘n eie grondgebied nastreef, word as rassiste beskou en gebreinspoel tot selfontkenning. Diabolies word “naaste” liefde as “verste”haat verkondig onder blankes, om solidariteit te bevestig met die Malemas van die wêreld.
Die skeurings, afstigtings en dolorerings hou direk verband met die kerk se wokeness wat ‘n geestelike en fisieke oorlog verwoord teenoor die Afrikaner as volk. In hul smetskrywes soos die Belhar beleidenis en kerk en samelewing, word versies uit die bybel geselekteer en roekeloos vertolk om volkskap ‘n imaginêre betekenis te gee. Om wit te wees, is om skuldig en bevlek te wees met apartheidsonde.
Die Christelike nasionale ingesteldheid van die NG kerk in die verlede, word volledig gekanselleer en verdoem. Die NG kerk se sogenaamde nuwe goddelike insigte is ‘n bloudruk vir die vernietiging van die Afrikaner se volksbetuiging en volkstrots.Die publikasie ras, volk en nasie, bepleit ‘n totale abberasie van die realiteit soos deur die Skepper bewillig. Persoonlik is ek tevrede om gehaat te word vir wie ek is, as om lief gehê te word vir wie ek nie is nie. Ek weier om ‘n geestlike veroordeelde prisonier te wees van ‘n woke NG kerk. Die realiteit van identiteit het ‘n probleem geword vir hulle.
Hierdie politieke korrektheid en kanselleerkultuur, het juis die wokegeindoktrineerde Nasionale Party van na 6 September 1966, ‘n handvatsel gegee tot vreemde oorheersing van die Afrikaner. Die masker is nou afgeruk, en die boosheid van die nuwe Suid-Afrika se bestel skreeu ten hemele. Dit is my kommer dat die “woke” NG kerk in afsienbare tyd, “kill the farmer, kill the boer” in die kerk sal sing as koor vir Nkosi Sikilêlê.
KLAAS WAARSEGGER