1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9958396

Besoekers aanlyn

Ons het 122 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

‘N VOLK MOET HOMSELF BETUIG

Dr. Verwoerd ontvangs terug van StatebondskonferensieVir ‘n volk om te kan voortbestaan moet so ‘n volk homself voortdurend betuig! Dit beteken dat sy Taal, sy voorkoms, sy geskiedenis, sy kultuur, sy waardes, sy geloof, sy beginsels en sy beleid van bestuur en beheer, sigbaar en hoorbaar verkondig, getrou geleef en gehandhaaf moet word.

Dit vertoon sy identiteit wat hom onderskei van elke ander volk! Wanneer so ‘n volk dan grondgebied verkry het volgens internasionale regsbeginsel, is sy verantwoordelikheid om dit te beskaaf, te bewerk, te ontgin en dan te bewaak en te beskerm met dieselfde ywer en beslistheid as wat hy sy identiteit beskerm!

Wanneer die lede van so ‘n volk sy identiteit prysgee deur van die elemente van volkswees te verwaarloos, te vervang met “beter” en “nuwer”, maar veral met veranderde aanpassings, om in lyn te wees met wat die wêreld vereis, dan is die skrif aan die muur vir so ‘n volk.

Dit is verblydend om te sien hoe sommige volkslede van sosiale media gebruik maak as teenvoeter vir die aanslag op ons volk se vorige regeringsbeleid van Afsonderlike Ontwikkeling. Deur videos, gesprekke en onderhoude met van ons vorige volksleiers te plaas, bring dit die verlore geslag Afrikaners, wat deur verdraaide geskiedenis op skool, in die kerk, kultuurliggame en Universiteite, ‘n wanstaltige beeld van ons volk en sy samestelling verkry het, in aanraking met die waarheiid en werklikheid. Die AVP bedank graag diegene wat hulle daarmee besig hou!

Dit is elke lid van ons Afrikanervolk se plig en verantwoordelikheid om hom en haarself op hoogte te bring met die werklike betekenis, eerbare en verantwoordbare beginselbeleid wat ons volk tot die hoogtes van voorspoed en vooruitgang gebring het tot aan die einde van 1966!

Die Internasionale wêreld wat ons belaster en verguis het is nou besig om op die harde manier uit te vind wat dr. H.F. Verwoerd bedoel het toe hy sir de Villiers Graaf en met hom saam, die hele blanke wêreld gewaarsku het, dat as hulle nie dieselfde beleid gaan toepas as wat Suid Afrika op daarddie tydstip toegepas het nie, die hele blankedom uitgewis sal word!

Kom laat ons as Blanke Afrikanervolk ons betuig, waar ons ookal kom en met wie ons ookal te doen kry! Laat ons sommer by ons eie volksgenote begin wat deur die postmoderne gees van verandering op sleeptou geneem is en deel geword het van ‘n afgeskeurde flenterdeel van ons volk! Waar is dié wat nog leef, maar ook die nasate van die nagenoeg vyftigduisend volksgenote wat op 20 Maart 1961 dr. Verwoerd ingewag het by die Jan Smuts lughawe by sy terugkoms van die Statebondskonferensie waaruit ons deur die Engelse in wese uitgedryf was? Kom laat ons daardie verlore samehorigheid as ‘n hegte volk weer opsoek en vasmaak op die beginselgrondslag wat ons as ‘n volk gevorm het!

Danie Varkevisser

Leier van die Afrikaner Volksparty.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie