Soos wat ‘n mens wyser word, word ‘n innerlike proses aangeskakel om sin te maak van die wêreld om jou. Dit impliseer ‘n eie normatiewe grondslag teenoor ‘n buite- konteks wat in jou keel afgedruk word, as sogenaamd geregtig. Jou eie etniese grondslag word voortdurend polities en sosiaal aangeval om te konformeer tot abnormaliteit.
Skokkend is die Afrikaner deur swart groeperings as doodmaakbare entiteit verklaar. Beskaafde etiek is opgeskort om sodoende ‘n “regverdige oorlog” teenoor die witman te voer.

Ps. 32:1-11
“Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees. Wees nie soos ’n perd, soos ’n muilesel wat geen verstand het nie, wat ’n mens moet tem met toom en teuel as sy tuig, anders kom hy nie naby jou nie. Die goddelose het baie smarte, maar hy wat op die HERE vertrou – met goedertierenheid sal Hy hom omring.” (:8-10).
Ons dink vandag, 6 April, weer terug aan dieselfde dag in 1654. Dit was twee jaar nadat Jan van Riebeeck met sy reisgeselskap in die Kaap aangeland het. En ’n terugblik oor die vorige paar jaar van hul lewens het hulle tot ’n ootmoedige besef van God se goedheid en leiding in hul lewens gebring. Hierdie besef het die hartsnare só diep geraak dat hulle besluit het om ’n Gelofte af te lê wat ten doel gehad het dat hul nageslagte in ewigheid hierdie goedheid en leiding van God moet onthou. Ek haal graag vir u ’n gedeelte hieruit aan. “...en opgelet dat God die HERE alle sake tot vandag toe met vele seëninge voorspoedig en na wense laat verloop en laat slaag het, daarom het ons besluit, en ook vir die eerste keer begin om hierdie dag, die 6de April, tot eer van God met danksegging te vier en vir altyd tot ‘n vasblywende dank- en biddag in te stel, sodat daarby die weldade van die HERE wat aan ons bewys is, deur ons nakomelinge nooit vergeet mag word nie, maar altyd tot eer van God in gedagtenis en herinnering gehou sal word.”
Neh. 5:1-19: “Ook van die dag af dat ek aangestel is om hulle goewerneur te wees in die land Juda, van die twintigste jaar af tot die twee-en-dertigste jaar van koning Artasásta, twaalf jaar lank, het ek en my broers die brood van goerwerneurs nie geëet nie; terwyl die vorige goewerneurs wat voor my was, die volk swaar belas het en van hulle brood en wyn geneem het, daarna veertig sikkels silwer. Hulle mense het ook heerskappy gevoer oor die volk; maar so het ek uit vrees vir God nie gedoen nie.” (:14&15).
Nehemía was saam met sy volk in ballingskap weggevoer. Hy het egter in die vreemde nie onder die moeilikste omstandighede geleef nie aangesien hy in die paleis as skinker van die koning gedien het.
LPF-PARTYLEIER MNR. RUDY REKER: "ONS IS BESLIS NIE TEVREDE OOR DIE BEANTWOORDING VAN ONS VRAE NIE"
Geagte leser. Ons het 'n insiggewende sewende vraaggesprek gehad met mnr. Rudy Reker van die politieke party Lys Pim Fortuyn wat u ongetwyfel nog onthou het van ons vorige onderhoude.
Die aanleiding was die feit dat mnr. Edwin Wagensveld net uit die koerante moes verneem dat hy geteiken is deur 'n jeugdige islamiet. Behalwe dat die vuilgoed die reeds genoemde voorman wou vermoor, was daar ook planne om kerke, polisiekantore en die Nederlandse parlement aan te val. Die Lys Fortuyn het nie geaarsel nie en dadelik vrae gestel aan die Eindhovense Kollege. Omdat hierdie vrae wel na drie dae beantwoord was, dog nie tot tevredenheid kon stem nie, het ons vir die partyleier vrae gevra hoekom die Burgemeester en Wethouders dink hy eet dit vir soetkoek op. Die LPF het immers in al die jare dat sy bestaan bewys dat sy nie sommer instem met nietsseggende antwoorde nie.
Heb. 11:1-40: “DIE geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.” (:1). “Deur die geloof is Moses ná sy geboorte deur sy ouers drie maande lank weggesteek, omdat hulle gesien het dat die seuntjie mooi was; en hulle het nie die gebod van die koning gevrees nie. Deur die geloof het Moses, toe hy grootgeword het, geweier om die seun van Farao se dogter genoem te word, omdat hy verkies het om liewer sleg behandel te word saam met die volk van God as om ’n tyd lank die genot van die sonde te hê, en die smaad van Christus groter rykdom geag het as die skatte van Egipte, want hy het uitgesien na die beloning. Deur die geloof het hy Egipte verlaat sonder om die toorn van die koning te vrees, want hy het volgehou soos een wat die Onsienlike sien.” (:23-27).
Dit is die les wat die Regering van Nasionale Eenheid weereens moet leer. Om afvaardigings te stuur na Amerika ter verbale vervalsing van meer as 140 kwaadwillge geskrewe wette teenoor witmense, is ‘n “non-brainer”. Tog wil ek toegee dat dit ‘n gruwelike onreg is om slegs Rasool as persona non-grata te verklaar, instede van die totale Regering van Nasionale Eenheid. Die DA en VF+ doen Suid-Afrika baie groter skade aan as wat Rasool kan droom om te doen.
Jes. 29:1-24: “En die Here het gesê: Omdat hierdie volk nader kom met hulle mond en My eer met hulle lippe, terwyl hulle hul hart ver van My hou, sodat hulle vrees vir My ‘n aangeleerde mensegebod is, daarom sal Ek voortgaan om wonderlik te handel met hierdie volk, wonderlik en wonderbaar; en die wysheid van hulle wyse manne sal vergaan, en die verstand van hulle verstandige mense sal wegskuil.” (:13&14).
Ons het die afgelope paar dekades baie dinge in die wêreld en ook in ons eie land sien verander. Een van hierdie dinge wat ingrypend verander het, is die rol van die kerk in ons volkslewe.