Vir ons wat nog leef en wat die sluipmoord op dr. H.F. Verwoerd op 6 September 1966 beleef het, is die veragtelike moord op Charly Kirk van die VSA, betekenisvol! In die fleur van sy lewe, op een-en-dertigjarige ouderdom, wreed van sy vrou en kinders weggeruk! Onvemydelik vanweë sy politieke oorwegings en betrokkenheid, ook van die Amerikaanse behoudende volksgedeelte, verhoed om verder die jeug tot insig te bring teen die gevare van die sekulêre, liberale en grenslose lewensuitkyk.
Die 1994 Kodesa besluite het ‘n wanbalans veroorsaak in Suid-Afrika se politieke klimaat. Dwelmdenke kan nooit ooit realiteit korrek vertolk nie. Wat besef moet word is dat ‘n realiteit bestaan ongeag dogmatiese denke van die mens. Die menslike brein is slegs ‘n antenna wat sintuiglike impulse ontvang van ‘n werklikheid. Wanneer die menslike denke gekontamineer is deur ideologië, ontstaan ‘n wanpersepsie van die realiteite van die lewe, juis daarom verkeer die nuwe Suid-Afrika in ‘n versteurde equilibrium.
Die feit dat die owerheid se gebrek aan ‘n behoorlike ondersoek van die sluipmoord op dr. Verwoerd, nie deur enige lid van die regering ernstig bevraagteken en opgevolg is met dringende optrede met die oog op bevredigende antwoorde nie, is bewys van die mate van die verval van paraatheid in die organe wat verkies was om ons volk se identiteit te beskerm. Dat die afleiding van verraad in omloop was onder sommige lede van ons volk, was in die lig van verdere verloop van die geskiedenis, dus nie misplaas nie!:::
Ons lees verder uit Bird on the wing:
Open. 4:1-11:“U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U
het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.” (:11)Die herinnering aan hierdie waarheid onderstreep weer vir ons die veragtelikheid van hoogmoed, eiesinnigheid en trots. Laasgenoemde natuurlik alles dinge waarna die mens in sy vleeslike gesindheid aangetrokke is, maar ook alles dinge wat ons deur
die werking van die Heilige Gees in ons lewens moet oorwin. Dit is ongelukkig ’n hartseer werklikheid dat die mens van ons tyd heeltemal te dikwels hoor hoe oulik en belangrik hy is en heeltemal te min aan God se grootheid en heerlikheid herinner word. En dan sukkel ons om te verstaan waarom dit lyk asof die Satan self aan stuur van sake hier op aarde is.
Dit was op hierdie dag wat die aanslag op die Afrikanervolk se voortbestaan in fisiese gewelddadige vorm beslag gekry het! Anders as ander moorde op staatsleiers, was en is daar tot vandag toe, geen behoorlike, deurtastende ondersoek na die sluipmoord geloods nie. Dit is selfs na die tweede aanval, as bloot die optrede van ‘n “geestelikversteurde” persoon afgemaak wat meer vrae as antwoorde in volksgeledere gelaat het.
Die AVP roep daardie dag en die verloop daarna opnuut in herinnering sodat ons volk nie tred sal verloor met die erns wat steeds bestaan om ons as ‘n volk van die geskiedenisverhoog af te vee nie! Dit is vandag 6 September 2025! Dit verg nie meer verstand as die gebrekkige politieke begrip van mense soos die DA, VF-Positief, en elke ander siel wat steeds glo dat apartheid verkeerd was, om te verstaan dat die aanslag na bykans 60 jaar, ons Afrikanervolk in ons verdeeldheid, gebrek aan kennis van die geskiedenis en politieke insig, tot ‘n skynbaar magtelose “minderheidsgroepie”, soos wat baie van ons volksgenote begin glo, reduseer het!
Ek kul jou hier, ek kul jou daar en siedaar, jy is poer in jou koejawel in. Presies so is die Afrikaner van die poitieke veld afgejaag deur die judasbokke. Met die skepping van ‘n verbeeldingswȇreld van ‘n reënboognasie, is die kous oor jou kop getrek. Die aap is nou uit die mou, want die realiteit het nou openbaar dat die witman nie deel is van
die reënboognasie nie, maar die uitgeworpene.
LYS PIM FORTUYN SE PARTYLEIER MNR. IWAN DIENJES: "NA MY SIENING MAG DIT NOOIT GEBEUR NIE DAT 'N 15-JARIGE MEISIE SOMMER KAN VERDWYN IN 'N DEUR DIE OWERHEID BEFONDSDE ASIELSKUILING"
Geagte leser. U sal dalk nog onthou dat ons aan die einde van ons tweede onderhoud wat ons
met mnr. Iwan Dienjes in Junie gehad het, die asielskuiling in sy stad Breda (provinsie Noord-Brabant) onder die loep geneem het. Ons het tans 'n derde vraaggesprek in Nederlands met hom gehad n.a.v. die onlangse verdwyning van die 15-jarige meisie Kianna uit die provinsie Limburg wat glo drie dae op die kamer van 'n sg. 'loverboy' in 'n asielskuiling aan die Heerbaan gebly het. Die onthulling het begin met ’n uitsending van Hart van Nederland, waarin die verdwyning van die meisie uitgelig is. Daardie uitsending het gelei tot ’n golf van ontstellende meldings by mnr. Dienjes se plaaslike partytak.
Ons het die partyleier o.a. vrae gevra watter meldings op sy party se lessenaar beland het en hoe die munisipaliteitsraad op hierdie feit reageer het.