1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9171759

Besoekers aanlyn

Ons het 50 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

POLITIEKE KULKUNSTENAARS

Klaas WaarseggerEk kul jou hier, ek kul jou daar en siedaar, jy is poer in jou koejawel in. Presies so is die Afrikaner van die poitieke veld afgejaag deur die judasbokke. Met die skepping van ‘n verbeeldingswȇreld van ‘n reënboognasie, is die kous oor jou kop getrek. Die aap is nou uit die mou, want die realiteit het nou openbaar dat die witman nie deel is van

die reënboognasie nie, maar die uitgeworpene.

Jy is vertel die Afrika wildernis ismak, om jou gerus te stel totdat die drumpel oorgesteek is, en jy vind uit die politieke goëlery was ‘n foefie. Dit daal op jou dat wonderwerke nie die realm van die mens is nie, en beslis nie van kulkunstenaars nie. Fantasie-vlugte het oral bloedig geëindig in Afrika.

 

Die aasdiere lȇ op loer vir jou eiendomlike. Westerse demokrasie vereis selfdissipline en logika wat ontbreek by die Afrika-mens. Vergrype is hier die modus operandi. Drakoniese regering is aangeleer uit Karel Marx se handboek. Mag is reg en reg is mag. (“Kill the farmer, kill the boer”). Die DA en VF+ is voorstanders van hierdie sogenaamde konsensus-politiek, daarom het hulle deel geword van die Regering van Nasionale Eenheid. Ook hierdie politieke kulkunstenaars is willens en wetens besig om ons ondergang ‘n positiewe beeld te probeer gee. Die skynwêreld

van ons triomf word voorgehou as die aanvaarding van vreemde oorheersing.

 

Stap vir stap word die Afrikaner onteien van sy land, geskiedenis, taal, identiteit en menswaardigheid. Die nuwe sosiale konteks is swart gekleur en wit afwysend. Volgens die DA en VF+ bestaan daar ‘n verbeeldingsplek vir die Afrikaner van vrede, veiligheid en voorspoed onder ‘n geweldadige swart regering. Hul beoordeling word gevind in ‘n herverdeelde geografie wat die Afrikaner stroop van ‘n eie gemeenskap en grondgebied.

Die judasbokke het die hek oopgemaak vir roekelose kultusleiers. Hebsug en ekonomiese slawerny het ‘n vlugtelingskrises na Amerika tot gevolg. Met die woordskepping van ‘n nuwe Suid-Afrika is ‘n verbeelde waarheid gelieg. ‘n Leefwȇreld van harmonie is opgedroom terwyl bloedkolle plaasvloere bevlek. Die satan self verander hom in ‘n engel van die lig, volgens die swart politiek se onbegryplike onsin. Planmatig stuur die DA en VF+ jou bokveld toe.

ABRAKADABRA!!

“2 Timoteus 3:8; En net soos Jannes en Jambres Moses teëngestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof”.

DIEP DENKENDE, PEINSENDE GROETE

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie