Die 1994 Kodesa besluite het ‘n wanbalans veroorsaak in Suid-Afrika se politieke klimaat. Dwelmdenke kan nooit ooit realiteit korrek vertolk nie. Wat besef moet word is dat ‘n realiteit bestaan ongeag dogmatiese denke van die mens. Die menslike brein is slegs ‘n antenna wat sintuiglike impulse ontvang van ‘n werklikheid. Wanneer die menslike denke gekontamineer is deur ideologië, ontstaan ‘n wanpersepsie van die realiteite van die lewe, juis daarom verkeer die nuwe Suid-Afrika in ‘n versteurde equilibrium.
Die sotheid van die voormalige Nasionale Party, sowel as die ANC, het onverstandige aannames gemaak ten opsigte van realiteitspolitiek. Die Nasionale Party het onderhandel met die hoop dat regeringsabdikasie verruil kan word vir minderheisbeskerming. Die ANC het daarteenoor onderhandel met die intensie van magsoorname en onderdrukking van die witman, onder die voorwensel van gelykmaking. Apartheid is gesien as die oorsaak van ongelykhede wat getransformeer moet word met wette, in plaas van met wapens wat onbereikbaar was.
‘n politieke burgeroorlog is sedertdien gevoer teen die witman. Harmonieuse politiek vereis logiese denke en klarifikasie van realiteit. Dit is ‘n aktiwiteit en nie teoretiese denke nie. Gelykheid is ‘n teoretiese mite wat niemand en allermins die ANC nooit sal kan bewerkstellig nie. Gelykheid is ‘n konsep wat nie in die skepping bestaan nie, omdat gelyke begaafdheid ‘n leun is. Elke volk is is uniek volgens sy argetipe.(Geneties).
Elke indiwidu en elke volk verkies ‘n lewe van vooruigang en satisfaksie volgens sy aard, kennis en ervarings. Die mens moet in fase wees met die realiteit, want die realiteit pas nie aan volgens drogbeelde nie. Afrikaners verkies nie onregverdige heersers nie, maar soewereiniteit. Die diktatuur van ‘n meerderheid is genadeloos teenoor ‘n minderheid. Ongereflekteerde denkers kort vaardighede wat hul in staat moet stel om hul denkprosesse te ontleed. Hulle pas ook nie standaarde soos akkuraatheid, relevansie, presisie en logika konsekwent toe nie. Hoë gehalte denke vereis doelbewuste reflekterende denke oor die uitwerking van hul denke. Jou denke moet altyd in tred wees met die realiteit om equilibrium te verwesenlik.
'n Verskeurde equilibrium veroorsaak katestrofiese ineenstorting soos wat teenwoordig ervaar word in die nuwe Suid-Afrika. Verskillende stemme in ons volk skreeu nou vir ‘n gebalanseerde politieke oplossing, terwyl rasionele denke by hulle ook ontbreek. ‘n Federasie of konfederasie neem nie die siel van die mens of onmens in ag nie. Geen beter opsie kan ooit gevind word as teretoriale skeiding nie. Dit genees die swart kolonisering van blank Suid-Afrika. Grense bring sekerheid en geborgenheid, terwyl grensloosheid onsekerheid en tuisteloosheid. ‘n Eie grondgebied wat eerlik en regverdig volgens bestaande regsbeginsels verwerf is, is die fondasie van ‘n eie “huis”.
KLAAS WAARSEGGER