1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9170870

Besoekers aanlyn

Ons het 64 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

SEPTEMBERMAAND 2025 CHARLY KIRK VERMOOR! 1966??

Charly Kirk en sy moordenaar Tyler RobinsonVir ons wat nog leef en wat die sluipmoord op dr. H.F. Verwoerd op 6 September 1966 beleef het, is die veragtelike moord op Charly Kirk van die VSA, betekenisvol! In die fleur van sy lewe, op een-en-dertigjarige ouderdom, wreed van sy vrou en kinders weggeruk! Onvemydelik vanweë sy politieke oorwegings en betrokkenheid, ook van die Amerikaanse behoudende volksgedeelte, verhoed om verder die jeug tot insig te bring teen die gevare van die sekulêre, liberale en grenslose lewensuitkyk.

Kirk se onvermoeide pogings om universiteitskampusse te besoek en debat uit te lok met elk en almal wat polities en geestelik met hom verskil het, is beloon, nie met enige teenargument nie, maar met ‘n koeël uit die loop van ‘n sluipskutter. ‘n Stem in harmonie met sy Amerikaanse volksgenote wat uit nugterheid met die verval van Amerikaanse waardes onder die Demokratiese regering van president Biden en die Obam’s en Clinton’s voor hom, in pas was met die konserwatiewe en nasionalistiese beleidsrigting wat president Donald Trump en sy regering aangevoor het.

Wat hier van belang is, is die mate van ooreenkoms in beleid en waardestelsel van ‘n staatsleier wat vir feitlik dieselfde rede as Kirk vermoor is. Gelowig, oop vir debat maar intellektueel begaafd en met ‘n onomstootlike begrip vir die gevolge van sy politieke beginselstandpunte, asook vir dié van sy politieke opponente!

Wat in meeste mense se gedagte opkom is wie sit agter hierdie jong man se moord en wat was die motief? Indien die moord op dr. Verwoerd ‘n reeks onbeantwoorde vrae nagelaat het, is daar tog een aspek wat glashelder duidelik is. Omdat politiek veranker is in beleid en beleid gerig is op ‘n bepaalde uitkoms, sal daar altyd stryd wees tussen verskillende beleidsrigtings. Wat belangrik is, is of die politici ‘n duidelike begrip het van wat die gevolge van hulle beleid gaan wees in tenminste twintig jaar die toekoms in!

Hier is dus die werklikheid waarom dit in die politiek gaan! Indien soos in die geval van dr. Verwoerd, sy teëparty se beleidstandpunt in debat nie die meerderheid steun van die kiesers kan of sal kan kry vanweë die meer logiese en haalbare uitkoms van dr. Verwoerd se beleid nie, word geweld hulle enigste oplossing. So is dit waarskynlik dan ook die motief vir die sluipmoord op Charly Kirk. Dit sal eenvoudig kortsigtig wees om, al het niemand die 22jarige sluipskutter bygestaan met die aanslag op Kirk nie, aan te neem dat dit, soos in die benadering van John Vorster te beweer dat dit ‘n “one man show” was nog voor dat daar enige ondersoek geloods was!

Die rol van die hoofstroom media, die liberale retoriek, die vooruit beplande uitkoms van wat met die vrysinnige, grenslose beleidsrigting in die vooruitsig gestel is en bereik wil word, is alles en almal betrokke en verantwoordelik vir die geweldsoplossing! In Suid Afrika het ons die “Verwoerd must go” media artikel, befonds deur die Oppenheimers, Ruperts en liberale voorgangers van die DA gehad wat bygedra het om die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling te verketter en af te takel in belang van die Internasionale magte wat uiteindelik na dr. Verwoerd se moord daarin geslaag het om sy beleid as ‘n misdryf teen die mensheid te verklaar, wat strafbaar is met die dood! ‘n Regverdiging vir die moord op hom!

Dieselfde is besig om te gebeur met die Kirk moord! Die liberale jeug wat op skool en universiteit gebreinspoel is om te glo dat homoseksualisme, selfde geslag huwelike, transgender oopstelling van geriewe vir albei geslagte, die normale leefstyl is, in teenstelling met die natuurlike skeppingsorde van God.

Die probleem waarmee die Een-Wêreld drywers sit, is dat nasionalisme soos die golwe van die see is wat jy met jou hande probeer teë hou! As dit eers in opstand gekom het, is dit onstuitbaar! Regoor die blanke wêreld is dit reeds sigbaar besig om terug te keer! Terug na God, terug na jou land en terug na jou geskape identiteit! Die onbeskryfbare verval van geloof, sedes, moraliteit, waardes, grense en infrastruktur as gevolg van die afwyking van beleid waarvan die sukses die bewys van sinvolle en korrekte politieke vêrsig was, is besig om die jeug se oë oop te maak. Kom Afrikaners, neem kennis en word weer die voorbeeld vir die wêreld soos wat ons voorgeslagte vir eeue was!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie