Die enigste manier om nie deur die progressiewe multi-kulturele samelewing geïgnoreer te word nie is gatkruip en misplaaste gesegdes wat niemand verstaan nie”.
Daar sit ons gewone klompie toe, 'n mens kan maar sê “demokraties byeen”.
En dis nou maar 'n ding van ons boskroeg, aag, seker enige boskroeg, dié demokratiese werkwyse.
Geen lidmaatskap, geen uitnodiging na 'n vergadering, in die wêreld daarbuite (soos Ou-dominee altyd met gewigtigheid gemaan het), sal jy nooit so iets kry nie, nie eens met die liberaalste, progressiefste grondwet soos wat FW en Nelson aan die volk afgesmeer het nie, ek meen, die enigste fooi wat jy opdok is vir jou bramfien, daardie bramfien wat Hans Hoënoot (sy van het met sing te doen, op sy dag het hy saam met TRUK se operakoor “opgetree”, nou is hy afgetree), spesiaal in 'n ongenoemde kelder in die Klein Karoo kry.
Daar was die Beleg van Pretoria, toe die boere Pretoria op horings geneem het...........
Die afleiding na die vorige skrywe oor die vraag in hoe 'n mate die steun onder die Afrikaner was in die 1980's/1990's teen 'n grondwet wat tot 'n ANC-meerderheidsregering sou lei, kan wees dat daar deur die Afrikanervolksfrontleiers met 'n bedrieglike agenda na 'n volksvergadering op 29 Januarie 1994 gegaan is.
Hierdie volksvergadering, so is in die vorige skrywe gesuggereer, was seker dié geleentheid vir die Afrikanervolk vir magsmonstering teen 'n nuwe gondwetlike bedeling.
Hierdie suggestie van 'n bedrieglike agenda kan afgelei word uit die feit dat Constand Viljoen van Afrikanervolksfront (AVF) reeds 'n ooreenkoms in Desember met Thabo Mbeki en die kommunistiese ANC aangegaan is, 'n ooreenkoms wat neergekom het op die aanvaarding van die grondwetkontrepsie wat reeds in 'n ver-gevorderde stadium in die onderhandelings in die World Trade Centre in Kemptonpark was.
Die nuwe grondwet verbied dus in effek die verlening van selfbeskikking in ‘n soewereine, onafhanklike volkstaat.
In ‘n Media verklaring deur mnr Pieter vd. Spuy oor die reg op selfbeskikking en die grondwet, op 3 Mei 1996, het hy sy verbasing uitgespreek oor die Vryheidsfront se aankondiging dat hy die beoogde artikel 230 van die nuwe grondwet (wat later artikel 235 geword het terwyl die inhoud dieselfde gebly het), as ‘n groot deurbraak vir die erkenning van die reg op selfbeskikking beskou. Mnr. vd Spuy het gesê die Vryheidsfront probeer in sy verklaring die indruk skep dat die reg op selfbeskikking van gemeenskappe nou konstitusioneel erken en beskerm word terwyl dit hoegenaamd nie die geval is nie.
Mnr. vd Spuy het verder daarop gewys dat artikel 230 niks anders bepaal as wat in die 1994 grondwet bepaal is nie, naamlik dat geen volk of groep die reg op selfbeskikking het nie. Die enigste selfbeskikking is die van die Suid Afrikaanse bevolking in die geheel. Dit was uitdruklik bepaal in artikel 1 wat verklaar dat die Republiek van Suid Afrika een soewereine demokratiese staat is.
DIE VORIGE GESLAG AFRIKANERS SE STANDPUNT TEEN 'N GRONDWET WAT DIE AFRIKANERVOLK EN ANDER BLANKES VAN HULLE MAG SOU STROOP.
Met 'n nuwe geslag politiek-verantwoordelike Afrikaners wat sedert die Nasionale Party se oorgawe aan die ANC (1994) opgestaan het, is dit nodig om weer te kyk na die vorige geslag/te se besluit om 'n Swart meerderheidsregering, onafwendbaar onder Swart kommuniste, te verwerp.
Dit volg vanselfsprekend dat daardie verantwoordelike vorige geslag politieke Afrikaners (hulle kan die behoudendes genoem word), ook die grondwet wat uit 'n ooreenkoms tussen die Nasionale Party van FW de Klerk en die kommunistiese ANC sou voortvloei, sou verwerp.
Dit is nodig om vir 'n slag weer noukeuriger te let op die omstandighede in die laat 1980's en die vroeë 1990's ten einde die vorige geslag politiek-verantwoordelike Afrikaners se standpunt teen 'n grondwet wat die Afrikanervolk en ander Blankes van hulle mag sou stroop, aan die nuwe geslag tuis te bring.Vandag, presies 30 jaar gelede, het Mandela aan sy makkers opdrag gegee om die Kerkstraat bom te plant wat 19 mense gedood en 200 ander vermink en beseer het...
Twee patetiese, nikswerd ANC operateurs is ook in die ontploffing dood omdat hulle nog in die motor was wat die ±40kg plofstof bevat het en die bom 2 minute te vroeg afgegaan het! Die bom het om ongeveer 16:30 ontplof tydens spitsverkeer. Glas, metaal, liggaamsdele en lyke was oor etlike meters verstrooi...
10 jaar later maak die wêreld van hierdie Mandela-terroris 'n god en gee vir hom die Nobel prys vir vrede!
TITUS 7-16
7 Want ’n opsiener moet as ’n rentmeester van God onberispelik wees, nie eiesinnig, nie oplopend, geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie;
8 maar gasvry, een wat die goeie liefhet, ingetoë, regverdig, heilig, een wat homself beheers;
9 een wat vashou aan die betroubare woord wat volgens die leer is, sodat hy in staat kan wees om met die gesonde leer te vermaan sowel as om die teësprekers te weerlê.
10 Want daar is baie wat tugteloos is, wat onsin praat en verleiers is, veral die wat uit die besnydenis is;
11 hulle mond moet gestop word. Hulle keer hele huise onderstebo deur te leer wat nie betaam nie, ter wille van vuil wins.
Een van FW de Klerk se trawante in sy sogenaamde stigting se stutorganisasies, Thomas R. Pickering, se teenwoordigheid in die Obama-administrasie van Amerika se ondersoekkomitee na 'n verraderlike aanval op 11 September verlede jaar op die VSA-konsulaat in Benghazi, Libië het in 'n yslike omstredenheid ontaard.
Pickering is/was 'n voorsitter van De Klerk se sogenaamde Global Research Foundation. In 'n berig op hierdie webblad is na Pickering se twyfelagtige geldmag-aanbevelings en sy verbintenisse met Westers-ondergrawende organisasies soos die Council on Foreign Relations gekyk.
Pickering was Amerikaanse onder-minister van buitelandse sake in die Clinton-administrasie en onder meer ook ambassadeur in Jordanië.