1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7441640

Besoekers aanlyn

Ons het 18 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

GELDMAGTE GEBRUIK MALEMA

Verlede week het ek geskryf dat Malema se praatjies deur die media aan die groot klok gehang word, terwyl hy eintlik maar net die doelwitte van die Freedom Charter herhaal. So gesien, verskil dit wat Malema sê dus niks van dit wat die ANC verkondig nie. Pas is verneem dat die ANC in Noordwes die sieninge van Malema onderskryf het. Dit behoort ingeligte mense nie te verbaas nie. Nasionalisering was en is steeds ANC-beleid. Die Grondwet rek wel net die proses van onteiening uit, terwyl die gewone ANC-lid ongeduldig raak met die stadige proses. Hulle wil ook soos die nomenklatura deel in die rykdomme!

Die Grondwet het die Afrikaner tot misdadiger en sy beleid van apartheid tot misdryf verklaar. Dieselfde grondwet het menseregte (die humanisme) tot die belangrikste godsdiens in ons land verklaar. As humanisme jou godsdiens is, dan kan jy jouself nie meer ‘n Christen noem nie. Daarom dat alles wat eens as “sonde” beskou is, nou aanvaarbaar is. Die Afrikaner glo egter dat so ‘n Grondwet hom en sy waardes sal beskerm, en bid Sondae as “Christene” vir ‘n regime wat hom wil vernietig!

 

Volgens hierdie einste Grondwet is onteiening in orde, regstellende aksie veroorloof en moet alles gedoen word om die onreg van die verlede reg te stel. Ook hiermee het baie Afrikaners geen probleem nie. Indien so, waarom dan ‘n probleem het met wat Malema verkondig? Moet ons maar net stadiger in die pot doodkook, en nie so vinnig as wat Malema wil hê nie?

 

As daar dan stappe teen Malema geneem moet word (soos Solidariteit en Afriforum nou kwansuis wil doen), waarom nie ook teen die ANC nie? Waarom Malema uitsonder, maar die ANC kwytskeld? Malema verteenwoordig die ANC in vyfde rat, terwyl die Grondwet die ANC tot ‘n stadiger proses (eerste rat) beperk. Dit is die waarheid van die spel waarmee ons nou getrakteer word. Word tog wakker Afrikanerdom!

 

Feit is dat die geldmagte dit alles weet, maar verkies dat Malema uitgesonder word as die man wat ons land na ‘n “tweede Zimbabwe” gaan lei. Dit terwyl die geldmagte self besig is om die land te melk, Blankes te onteien en te verarm en die Afrikaner as volk te vernietig. Solank almal juig dat Malema op sy plek gesit word, kan hierdie magte voortgaan met hulle slinkse planne teen ons volk. En die media as hulle handlangers speel die spel uitstekend. So goed, dat bitter min volksgenote besef dat hulle vir die gek gehou word!

 

Dit is laat in die dag as ‘n volk nie meer vir homself kan dink nie!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie