1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8529212

Besoekers aanlyn

Ons het 46 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

WORD ‘N OORLOG TEEN DIE AFRIKANERVOLK GEVOER?

Die toestand van die Afrikaner versleg bykans daagliks. Almal het verklarings daarvoor, maar min mense beskou dit as ‘n oorlog teen ons volk. Weliswaar is daar mense wat van ‘n volksmoord praat en is dit ‘n feit dat die getalle van die Afrikaner stelselmatig verminder het, moorde op volksgenote ‘n algemene verskynsel is en ons volk aan onderdrukkende omstandighede blootgestel word. Tog is daar ‘n huiwering om dit as ‘n oorlog te bestempel. Hoekom? Boere dreig na elke nuwe plaasmoord dat dit die “laaste strooi” was, ander waarsku keer op keer dit nie so kan aangaan nie en die regime verklaar self “oorlog” teen misdadigers. Moordenaars en misdaigers word selfs deur die regime as “vyande”van die land beskou. Dit is ‘n gepraat van die more tot die aand. Maar net more word weer en meer Afrikaners vermoor.

Waarskynlik die grootste rede waarom die situasie so benard is vir die Afrikaner, is omdat hy nie besef dat hy in ‘n staat van oorlog verkeer nie. Daar is mos nêrens amptelik oorlog verklaar nie. En teen wie is die oorlog? Watter land of nasie het dan nou oorlog verklaar? Ons het mos nie meer vyande nie, word beweer.

 

Wat is oorlog?

 

Carl von Clausewitz, die bekende generaal, beskryf oorlog as ‘n daad van geweld wat bedoel is om die opponent te dwing om aan jou eise gehoor te gee.

 

Geweld is dus die metode en oorgawe die doel. Von Clausewitz stel dat ten einde die doel volledig te bereik, die vyand ontwapen moet word. Hy moet ontwapen word van alles waarmee weerstand gebied kan word. Die fisiese ontwapening gaan gepaard met die sielkundige ontwapening van die vyand se moed om weerstand te bied. Daar word gevolglik daarna gestrewe om die vyand se weerstand te breek - dit maak ontwapening en uiteindelik oorwinning ‘n formaliteit.

 

Wat is ‘n volksmoord?

 

Volksmoord word ingevolge die Verenigde Nasies se Konvensie insake die Voorkoming en Bestrawwing van die Misdaad Volksmoord beskryf as:

- dade wat gepleeg word met die bedoeling om ‘n nasionale, etniese, rasse of

  godsdienstige groep te vernietig deur lede van die groep te dood of ernstige

  liggaamlike leed aan te doen;

- deur die groep opsetlik te onderwerp aan lewenstoestande wat daarop bereken is om die groep fisies te vernietig;

- toestande wat geskep word om ‘n volk se aanwas te verminder;

- die gewelddadige verskuiwing van kinders van een van bogemelde groepe na ‘n ander groep;

- die aanstigting van mense om so ‘n groep te vermoor.

 

In kort kan volksmoord dus beskryf word as ‘n oorlog wat teen ‘n volk gevoer word met as doel die uitwissing van daardie volk.

 

Is die Afrikaner in ‘n staat van oorlog?

 

Min Afrikaners besef dat die aanslag teen die Afrikaner die vorm van ‘n oorlog aangeneem het. Dit is nie ‘n konvensionele oorlog nie, maar verbloem agter woorde soos versoening, “die reënboognasie” en regstellende aksie.

 

Die Afrikaner is reeds vir jare in die beskuldigdebank geplaas weens die beleid van apartheid. Die aanslag (woorde-oorlog) het verhewig na die dood van dr Verwoerd toe sy opvolgers die beleid die rug gekeer het. Dit het in ‘n volskaalse propaganda-oorlog ontaard. Die propaganda teen apartheid was eensydig, dit was leuenagtig en verbaal en emosioneel gewelddadig - ‘n sielkundige oorlog in die volste sin van die woord. Die NP-regerings van Vorster, Botha en De Klerk het soldate op die Suidwes-grens laat sterf  terwyl “tyd gewen” is om die bevolking te bestook met propaganda dat apartheid moreel onverdedigbaar, later sonde en vandag ‘n misdryf is. Dit terwyl 84% van Afrikaners volgens ‘n RGN-opname in 1984 steeds apartheid ondersteun het.

 

Mense is oor jare gebreinspoel en het dit daartoe gelei dat Afrikaners moreel ontwapen is en 'n skuldgevoel hulle beetgepak het. En wanneer dit gebeur het, is die siel uit 'n volk geruk.As ‘n volk eers sy siel verloor het, het hy geen moed om die oorlog voort te sit nie. ‘n Volk wat sy morele basis vir sy bestaan prysgee, het hom aan die vyand se mag onderwerp. In ‘n bedrogvolle referendum is die Afrikaner sy mag ontneem. Dit was ‘n oorgawe deur leiers wat geen mandaat daarvoor gehad het nie.

 

Die oorlog is egter, na die oorgawe aan ‘n bende terroriste, verder voortgesit. So woed 'n oorlog tans teen die Afrikaner op elke terrein van ons samelewing. Daarom sal die oorlog in intensiteit toeneem omdat die einddoel is om die Afrikaner totaal te vernietig. Die volk hoor dit maar die besef dring nie tot hulle deur nie. Die Afrikaner moet deel word van die reënboognasie sodat die Afrikaner in die proses geassimileer of geëlimineer kan word.

 

Is die Afrikaner onderworpe aan ‘n volksmoord?

 

*           Gedaantes van volksmoord

 

Die misdaadgolf wat oor die land spoel is, benewens die feit dat dit kenmerkend is van Afrikastate waar geen respek vir wet en orde bestaan nie, by uitstek gerig teen die Afrikaner. Afrikanerboere word vermoor, Afrikaner bejaardes word aangerand, Afrikanervroue word verkrag en Afrikaners is die teiken van diefstalle en rooftogte.

 

Hierdie misdaadgolf laat Afrikaners soos vreemdelinge in hulle eie land voel. ‘n Vreemdeling in ‘n land sal nie vir daardie land se regte opstaan nie. Mense het moed verloor om terug te veg en baie vlug die land uit. Die moord, roof, verkragting en aanranding van Afrikaners is berekend en koelbloedig. Dit is ‘n manifestasie van moord op die Afrikaner; dit is ‘n volksmoord.

 

Daarbenewens is daar die ekonomiese verknegting van die Afrikaner. Verskeie vorms van belasting dreineer die inkomste van elke volksgenoot, die Rand het min waarde, inflasie vreet besparings op, misdaad laat versekeringspremies styg, mediese skemas raak weens HIV-VIGS onbekostigbaar en mediese kostes onbetaalbaar en Afrikaners moet plek maak vir die hordes (ook onwettige immigrante) in die arbeidsmark. Dit is ‘n verdere faset van volksmoord.

 

Wanneer standbeelde en apartheidsimbole afgebreek word, gebeur dit nie in 'n gees van versoening nie, maar in 'n gees van oorlog en haat. Die doelbewuste pogings om onderwys te integreer en onderwys (en alles in die land!) te verengels is ‘n vorm van oorlog teen die Afrikaner om hom uit te wis.

 

Die wetgewing waardeur Blanke plase onteien en Swartes permanente verblyfreg op Blanke grond gegee sal word, is niks anders as 'n oorlog teen die Afrikaner nie. Dit is ‘n oorlog op elke terrein van ons volk se bestaan; dit is ‘n oorlog om die Afrikaner uit te wis.

 

Dit is ‘n wesenskenmerk van ‘n Kommunistiese regering, soos die ANC/SAKP-bewind, om deurentyd van terreur en misdaad gebruik te maak om sy beheer te behou. Kommuniste praat daarvan om vyande van die bestel te “likwideer”. Dit is ‘n gesofistikeerde woord vir uitwissing.

 

*           Apartheid gekriminaliseer

 

Vir baie jare is die beleid van apartheid gekriminaliseer en die Afrikaner by uitstek belaster. Daar is selfs sover gegaan om apartheid as ‘n misdryf teen die mensdom uit te maak. Na die oorgawe van die De Klerk-regering aan die ANC/SAKP-regime is voortgegaan om die sogenaamde Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) in die lewe te roep met een doel voor oë: Kriminaliseer die Afrikanervolk. Dit het ‘n aanslag op die Afrikaner se selfrespek gedoen soos nog nooit tevore in die geskiedenis nie. Dit het kort duskant die vernietiging van die Afrikaner se selfrespek gedraai.

 

Sonder om enigsins moeite te doen om apartheid te definieer en met ‘n blatante verdraaiing van die waarheid, kom die WVK tot die gevolgtrekking dat die staat wat voor 1994 bestaan het, krimineel was. Dan Roodt skryf in sy boek Om die Waarheidskommissie te vergeet”

dat die WVK die hele Suid-Afrikaanse geskiedenis wil aankla:

“...in terme van een enkele mistasting, naamlik dat apartheid ‘n misdryf teen die mensdom was...”

 

Apartheid is ook deur die VVO deur middel van die Internasionale Konvensie op die Onderdrukking en Bestrawwing van die misdaad Apartheid in 1973 as 'n misdryf teen die mensdom verklaar.

 

Apartheid is hiervolgens beskryf as -

- dade wat ten doel het om dominasie van een groep oor ‘n ander te verseker en die

  ander groep stelselmatig te onderdruk;

- die oplê van maatreëls om ‘n rassegroep tot niet te maak;

- die oplê van maatreëls om ‘n rassegroep deelname aan die sosiale, politieke en

  ekonomiese lewe van ‘n land te ontsê.

- maatreëls wat gerig is daarop om die bevolking op ‘n rassegrondslag te verdeel deur

  byvoorbeeld die daarstel van reservate, onteiening, ensovoorts.

 

Vir enige objektiewe waarnemer behoort dit duidelik te wees dat die tuislandbeleid juis dominasie van een rassegroep wou voorkom, rasse-uitwissing wou voorkom, volle deelname aan die besluite van elke land vir elke volksgroep wou gee.

 

Stjepan Mestrovic het in sy boek Genocide after Emotion tereg die opmerking gemaak dat as jy genoeg emosie opwek oor ‘n leuen, die saad gesaai is vir ‘n volksmoord. Dit is ‘n leuen dat die apartheid van dr Verwoerd ‘n misdryf was, dog, die wêreld het dit, met die samewerking van Afrikaner-renegate, dié misdryf op die planeet gemaak.

 

In die bekende hoogverraadsaak van 1961 het die latere hoofregter Rumpff in sy uitspraak gestel dat die staatsvorm wat die ANC in Suid-Afrika wil vestig, gegrond is op die Freedom Charter, dat dit radikaal en fundamenteel verskil van die bestaande en dat dit wat deur die Freedom Charter bepleit word, niks anders is nie as ‘n diktatuur van die proletariaat en derhalwe ‘n Kommunistiese staat.

 

Daarby weet ons dat die Kommunisme nie net ‘n ideologie is nie, maar ook ‘n metode van konflik oor ‘n uitgerekte tydperk. Wie derhalwe glo dat hierdie konflik, hierdie oorlog, hierdie uitwissing, gestaak sal word duskant die vernietiging van die Afrikaner, wreed ontnugter sal word.

 

*           Belaster die Afrikaner

 

‘n Volk is nie net ‘n groep mense van vlees en bloed nie. Net soos mense het volke ook selfrespek en integriteit. Daarom is die belastering van ‘n volk en sy leiers ook ‘n aanslag op die lewe van daardie volk. Dit het ten doel om daardie volk se bestaansreg aan te tas en uiteindelik te ontken. Wanneer ‘n volk in die oë van ander gekriminaliseer is, is die fisiese uitwissing van daardie volk geregverdig. Dit is ‘n verdere “gesofistikeerde” vorm van volksmoord.

 

Wanneer so ‘n volk self twyfel oor sy bestaansreg, pak ‘n skuldgevoel daardie volk beet wat sy wil om voortbestaan verlam en sy moed om op te staan vergiftig. Dan vind oorgawe plaas; dit kan ook volk-selfmoord genoem word. As die hele wêreld boonop skreeu “die Afrikanerdom moet vernietig word”, dan skep dit stygende verwagtings en opbouende aggressie by Swartes geskep wat geen historiese aanspraak op Suid-Afrika het nie. Toe dit boonop uit eie geledere voortgesit is, het die buiteland aanmatiger geword in hulle eise. Die Afrikanervolk was uitgelewer aan sy vyande en ‘n groot deel van die Afrikanerdom het aan hulle bestaansreg begin twyfel; twyfel wat demoraliserend ingewerk het op die Afrikaner se gemoedstoestand tot by ‘n punt waar Afrikaners gekraak het.

 

Wanneer ‘n volk sy reg om te regeer in ‘n land prysgegee het, en daar word voortgegaan met ‘n oorlog teen daardie volk op elke terrein van die volk se bestaan, kan daar net een rede daarvoor wees: Om daardie volk uit te moor! Dan vind ‘n volksmoord plaas.

 

Reaksie van volksgenote

 

Op hierdie gebeure reageer volksgenote verskillend. Sommige is verbitterd, maar doen niks aan hulle volk se situasie nie. Ander emigreer die land uit en gaan baie van hulle uiteindelik op in ‘n ander volk of nasie. Erger nog is daar diegene wat hulle met die vyand assosieer en assimileer en uiteindelik netso hard saam met die vyand teen volksgenote werk. Tot ‘n mate is die vlugters, die paaiers, die vredepraters en die verraaiers aandadig aan hierdie volksmoord.

 

Wie is die vyand?

 

Indien die Afrikaner nie in staat is om die vyand te identifiseer nie, sal hy nooit in staat wees om die oorlog die hoof te bied nie. Daarom is dit uiters noodsaaklik dat die vyand geïdentifiseer word.

 

Die vyand is daardie mense, groepe, organisasie en land wat poog om die Afrikaner te vernietig of uit te wis of tot oorgawe te dwing.

 

In Augustus 1970 het mnr Harry Oppenheimer tydens ‘n gedenklesing van die veelbewoë Jameson-inval die volgende te sê gehad:

“As daar ‘n Blanke gemeenskap was, só selfvoldaan, só agterdogtig teen vreemde invloede dat hulle selfs teen groot materiële koste geweier het om saam te werk aan die bou van ‘n verenigde moderne land, dan moes die gemeenskap vernietig word... Rhodes was reg om die Boerevolk van Transvaal te probeer vernietig”.

 

Oppenheimer praat namens die georganiseerde geldmag en derhalwe is hulle die vyand van die Afrikaner.

 

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog (die Engelse Oorlog) sê Lord Milner: “The Afrikanerdom must be exterminated” en ondanks die feit dat die Boererepublieke in puin agtergelaat is en Milner toegee dat “the country is a complete wreck”, verklaar Milner steeds na afloop van die oorlog:

“The South African struggle continues. It is not a war with bullets, but it is war still.”

 

HT Colenbrander skryf dan ook na hierdie oorlog dat die wêreld nog nie met die Boere afgereken het nie. Daar kan net een rede wees vir ‘n wenner in ‘n oorlog om die oorlog na vredesluiting voort te sit en dit is om die teenstanders finaal uit te wis.

 

Daarom skryf die International Express in Maart 1994:

“The Boers are largely stupid. They are gross, foul-mouthed and bloated with arrogance. They are probably the most unattractive breed on God’s earth. And they are on their own”.

 

Beeld het in April 2001 vertel van die groot fees wat in Brittanje gehou is oor die oorwinning oor apartheid. Brittanje is dus ook ‘n vyand van die Afrikaner.

 

Die Swartes van Afrika gun geen Blanke mede-bestaansreg op die kontinent nie. Dwarsdeur die geskiedenis is hulle begroet met Bulalani Abathakati (Maak dood die towenaars) of “Kill a Farmer. Kill a Boer” en ook, “One Settler. One Bullet”. En as die boere en Afrikaners vermoor word en hulle durf daaroor kla dan word hulle begroet met “Adapt or die”.

 

In 1990 skryf eerwaarde Robert Slimp in ‘n Amerikaanse blad dat die ANC se agenda die volslae vernietiging van die Afrikanervolk behels. Dié Swartes wat die Afrikaner op hierdie wyse begroet, is vyande van die Afrikaner.

 

Hoe beantwoord ‘n volk ‘n oorlog?

 

Die enigste antwoord op hierdie oorlog is om dit te beantwoord met ‘n oorlog. PW Botha en sy NP-regering het in 1979 verklaar dat met “die militêre stryd tyd gewen word, sodat op die diplomatieke, ekonomiese en poltieke gebeid oplossings gevind kan word”. Met ander woorde: Die soldate in die Grensoorlog moes veg; nie om te wen nie, maar om die oorlog aan die gang te hou terwyl “wegbeweeg word van apartheid” en te poog om so eervol as moontlik oor te gee. Generaal Constand Viljoen het beaam dat die Grensoorlog nie geveg is om te wen nie.

 

As jou doel in ‘n oorlog enigiets anders as oorwinning is, bedink jy verraad. Vandag moet ons kennis neem dat die Grensoorlog nooit geveg was om die terroriste uit wis en tot oorgawe te dwing nie. En terwyl Afriikaners hulle lewe daar afgelê het, het die NP agter hulle rug met die vyand onderhandel. Onderhandeling in ‘n oorlogsituasie is vredesonderhandeling. Nooit is gestrewe na ‘n militêre oorwinning nie, maar na beeïndiging van die oorlog deur onderhandeling. En dit terwyl genl Lloyd volgens die Transvaler van 20 Januarie 1981 verklaar het:

“Die veiligheidsmagte van Suid-Afrika en Suidwes-Afrika kan Swapo totaal vernietig as dit nie was vir politeiek en ander beperkings nie”.

 

In ’n oorlog teen ‘n volk het ‘n volk ‘n keuse: Hy veg terug om te wen of hy gee toe aan die vyand se eise. Daar is geen middeweg nie.

 

Kan die volksmoord gestuit word?

 

Kan daar iets aan hierdie oorlog gedoen word? Daar is reeds daarop gewys dat die doel van die oorlog teen die Afrikaner die uitwissing van die Afrikaner is. Dus, word dit nie gestuit nie, sal die Afrikaner verdwyn. Nie net gewone oorgawe word geeïs nie, maar uitwissing!

 

Eers as dit besef word, sal Afrikaner tot kentering kom. Dit vra ernstige besinning van elke volksgenoot. Om terug te baklei moet Afrikaners besef dit is ‘n oorlog; die vyand identifiseer en hulleself van die vyand distansieer en ‘n gees van verset opbou. ‘n Oorlog begin by verset. ’n Oorlog wat begin word by ‘n geestelike ingesteldheid van skiet en raas, is tot mislukking gedoem. Daar is talle voorbeelde daarvan.

 

Slaan terug met verset en in selfrespek

 

Daar is niks wat die vyande van die Afrikaner so vrees as ware Afrikanerverset nie. Om in verset te kom vra herwinning van selfrespek. Dit vereis om die gevoel van magteloosheid en twyfel af te skud, want moedelose mense kan nie offensief optree nie. Vertwyfeling veroorsaak dat Afrikaners nie meer ‘n rasionele greep het op hulle toekoms nie, dit maak mense emosioneel verward. Om stil te bly en niks te doen, is ‘n vorm van skulderkenning.

 

En as ons elke dag vir mekaar sê dit is ‘n tragedie wat met ons gebeur, ons toestand is ellendig, sal dit more weer gebeur, want tragedies gebeur met volke wat niks omtrent die onreg teen hulle doen nie! Ons sal slawe word in hierdie land net omdat ons te sleg was om vir ons vryheid te veg.

 

Die oproep is: Ruk uself reg. Hierdie stryd vra moed en durf om op te staan en terug te slaan. Dit is verset. En verset is die wagwoord van nasionalisme. Maar verset kan nie by woorde bly nie. Dit is ‘n harde stryd wat wag. Dit is ‘n stryd wat verg dat ons ‘n breuk maak met die sogenaamde nuwe Suid-Afrika. Verset is ’n daad van geloof.

 

Ons moet, soos mnr Jaap Marais dit so pragtig gestel het, nie toelaat dat die eise van Afrikanerskap vir ons te swaar word nie. Laat ons maar weer herinner word aan die bittere stryd van ons voorvaders. Helde word uit stryd gebore; nie uit mooipraatjies nie. Stryd verg opoffering.

 

Om op te gaan in hierdie reënboognasie is om ‘n dolk na die hart van die Afrikaner te steek. Daar was en is nog net een nuwe nasie gewees in Suid-Afrika: Dit was en is die Afrikanernasie!

 

Daar is nie verniet al na die Boere verwys as die mees formidabele mag wat ooit Imperiale Brittanje se weg gekruis het nie. En die Swartes weet van Bloedrivier, Vegkop en die Grensoorlog. Vir daardie Boere is hulle bang. Daardie verset moet ten alle koste gekeer word.

 

Daarom sal die ANC/SAKP-regime gerugsteun deur Brittanje nie rus voordat die laaste spore van die Afrikaner uitgevee is in hierdie land nie. Moet u dus nie laat vertel dat hierdie oorlog stopgesit sal word nie.

 

Ons moet onthou dat die Afrikaner se bestaansreg nie, soos NP van Wyk Louw geskryf het, op onbreekbare tafels geskryf staan nie. Dit moet elke dag met wil en daad geskep word. Daarvoor kan ons ons nie op internasionale simpatie of internasionale konvensies beroep nie. ‘n Mens moet baie naiëf wees om te dink dat die wette van ‘n land of die regstelsel van die wêreld die Afrikaner se krisis kan oplos. Die dieper reg van ‘n volk se bestaan lê buite die besluite van enkelinge, van wette, en van beredenering.

 

Die geskiedenis het al dikwels, soos by Bloedrivier en Majuba, ‘n klein minderheid van ‘n volk, in ‘n sentrale rigtinggewende posisie geplaas. Die toekoms van hierdie volk sal geskep word deur die magtige stryd wat vanuit die geledere van Afrikanernasionaliste ontketen moet word! Dit is groot woorde wat nederige besinning verg. Wat verg dat ons weer, soos daardie groot Afrikaner, Jaap Marais altyd gesê het, die rots sal aanskou waaruit ons gekap is.

 

Die oorlog waarin ons is vra laastens maar belangrikste, geloof. As alles dan rondom ons duister en troosteloos is, dan kan alleen geloof die duisternis verlig en die wanhoop in hoop verander. Geloof laat hom nie bestry deur beredenering nie. Geloof, alhoewel onbewustelik aan die werk, ook in ‘n volk, besiel ‘n volk se lewe en verhef sy bestaan. In hierdie beproewing moet ons opkyk na die berge en sien waar ons hulp vandaan kom.

 

Daardie kolos, Jaap Marais, het eenmaal gesê: ‘n Volk wat in geloof lewe, is onvernietigbaar. Laat ons dan besef: Die Afrikaner staan uitwissing in die gesig. Slegs geloof en die moed en durf en daad wat daaruit voorspruit sal dit die hoof kan bied.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie