Die geldmagte se media is in rep en roer oor Julius Malema se uitlatings tydens die afgelope ANC Jeugkongres. Malema het onder andere geluide gemaak oor nasionalisering van banke en myne, asook dat (Blanke) plase sonder vergoeding onteien moet word. Hy het deurgaans verwys na die Freedom Charter en het natuurlik weer die ou sondebok, naamlik die Blanke uitgesonder as die groot misdadiger van die verlede en ook die hede. Die vraag is wat regtig van hierdie episode gemaak moet word.
Dit was opmerklik dat Malema en sy kamerade met peperduur Duitse motors by die kongres opgedaag het; iets wat 99.9% van sy ondersteuners nie
Wie die kongres geborg het word verswyg, maar sal dit insiggewend wees indien dit geopenbaar word. Dalk Anglo American?
Die media is behoorlik aan die skarrel oor Malema se uitlatings en kritiseer hulle die ANC se leierskap omdat hulle nie vir Malema in die bek ruk nie. Feit is dat die ANC-leierskap netsoos Malema voel oor hierdie sake want die Freedom Charter
Die geldmagte se media is deeglik bewus van hierdie toedrag van sake, maar verkies om vir die gewone publiek voor te hou dat Malema die gevaar is en aan bande gelê moet word. Malema praat soos Mandela, Mbeki en Zuma eens gepraat het. En wanneer Malema president van die land word sal hy eweneens, netsoos Mandela, Mbeki en Zuma deur die geldmagte aan bande gelê sal word. Daar is dus niks vir die geldmagte te vrees nie, behalwe natuurlik ‘n werklike (“populistiese”) opstand - iets waaraan Malema waarskynlik geen deel sal hê nie, aangesien hy ook reeds deur die geldmagte omgekoop is. Sy uitgebreide sakebedrywighede en luukse eiendomme en voertuie is tog genoegsaam bewys daarvan.
Die media vrees veel eerder dat ‘n persoon soos Chris Hani weer op die toneel sal verskyn. Hy is vermoor juis omdat hy hierdie verwagtinge en aspirasies van die massas (alhoewel ongegrond), verwoord en verteenwoordig het, en klaarblyklik, volgens getuienis, nie in die luukses en vergrype van die ANC-elite wou deel nie.
Intussen word die gemiddelde Swarte en veral die goedgelowige Blanke vir die gek gehou deur ‘n spel waarin Malema en Zuma met oortuiging deelneem, terwyl die geldmagte agter die skerms skaterlag oor die hele petalje. Hulle weet maar alte goed dat niks van hierdie uitsprake sal realiseer nie; in elk geval nie met Julius Malema aan die stuur nie. Dat die gemiddelde Swarte vandag slegter daaraan toe is as onder die sogenaamde bose beleid van apartheid, is ‘n feit. Wat egter wel ontstellend is, is dat die leuen deur Malema en die media verkondig word dat hierdie apartheidsbestel boos was en dat die Blanke dus nou nog vir alles wat verkeerd loop, geblameer moet word. Hierdie geldmagte se media het duidelik geen probleem daarmee dat Blankes vermoor word, van hul plase gedryf word en onteien en belaster word nie. Terwyl die geldmagte dus geld maak,
Wat besef moet word is dat net ‘n volskaalse revolusie (aangestig deur ‘n populistiese Swart leier) die Blanke uit sy doodslaap sal ruk – iets wat die geldmagte ten alle koste sal probeer vermy. Daardie revolusie is egter onafwendbaar. So, vir diegene wat Malema vrees is daar die gerusstelling – daar sal dadels van sy praatjies kom. Daardie Afrikaners wat egter ware vryheid in ons eie vaderland begeer moet eerder hoop vir ‘n werklik revolusionêre Swarte om die Swart massas nou in opmars te bring. Want dit sal helaas ook die Blankes in beweging bring. Die huidige spel van die geldmagte sal ons dood gestadigd, maar beslis teweegbring. Want van weerstand sal daar niks in sulke (“vreedsame”) omstandighede tereg kom nie.
‘n Rewolusie aangestig deur Swartes sal ook doodslag meebring, maar daarmee saam ‘n herlewing van dit wat ons volk juis telkens in die verlede laat oorleef het in hierdie land. Ons begeer nie oorlog of geweld nie, maar beslis ook nie die lafhartige dood waaraan ons beslis gaan sterf indien die huidige situasie sou voortduur nie!