IS BEN KNAPEN SE SIENING DIE OFFISIELE STANDPUNT VAN DIE NEDERLANDSE REGERING?
Johannesburg- Ben Knapen, Nederlandse adjunkminister van buitelandse sake, erken daar is baie geweld in Suid-Afrika,maar dit tref die swart bevolking egter die meeste. Daar is volgens hom geen patroon van geweld teen die Afrikaners nie, en dit word nie deur die Suid-Afrikaanse owerheid georganiseer nie.
Knapen het reageer op vrae wat ’n parlementslid, Johan Driessen, aan hom gestel het. Driessen is lid van die Partij voor de Vrijheid (PVV), die mees regse party in die parlement, wat soos enige intelligente en beskaafde gelowige, wat kennis geneem het van feitelike gebeure in ’n stamland, sy kommer uitgespreek het: Driessen het tydens ’n debat in die Tweede Kamer – die Nederlandse laerhuis – gesê die grondhervormingsbeleid van die “sosialistiese ANC” kom dikwels daarop neer “dat Afrikaners van hul boerderye verjaag word”.
Hy het die volgende intelligente vrae aan sy regering gestel:
“Wat is die visie van die kabinet oor die sogenaamde grondhervormings in Suid-Afrika?
Hoe sien die adjunkminister die ontelbare aantal hektaar grond wat afgeneem en nou ongebruik is?
“Erken die kabinet dat Nederland ’n historiese band met die Afrikaners het?
Is die kabinet bereid om die plaasmoorde te veroordeel en die Suid-Afrikaanse regering daaroor aan te spreek?
En deel die onderminister die mening dat wanneer die ANC-bewind nie wil luister nie, alle ontwikkelingshulp aan Suid-Afrika stopgesit moet word?”
Uit Knapen se antwoord kan nie alleen sy intellek be-oordeel word nie maar ook sy vermoë om gebeure na waarde te be-oordeel.
Indien sy antwoord die amptelike standpunt van die Nederlandse regring is, wil ons Afrikaners in Suid Afrika aan ons Nederlandse stamgenote sê, u regering gaan u uitverkoop soos wat ons deur verraaiers in eie geledere uitverkoop is. Doen daar iets aan terwyl u kan omdat u regering iemand anders se belange op die hart dra en nie u wat hulle verkies het nie!