PERSVERKLARING:
Die reg om te weet blyk belangriker vir die hedendaagse joernaliste te wees as die reg op lewe! Feitlik twee vol bladsye van die Beeld koerant wat die joernaliste gebruik om aan ons te verduidelik dat die stoomroller van die ANC ons op die begin van ’n glybaan geplaas het met die nuwe inligtingswet. So ’n RIP van Winkel benadering wat nie een van die talle waarskuwings sedert 1969 ter harte wou neem nie.
Inteendeel, wat die glybaan tot by die “muilbandwet”, soos hulle dit noem, help bou het en betrokke was met al die voorbereidings wat nodig was om die ANC se Swart, Kommunistiese en anti-Christelike, nie-rassige meerderheid in die posisie te plaas om met blote hande opsteek, die deure toe te maak!
Daar was en is seker nóú nog sóveel mensregtelike argumente om hulle optredes te regverdig, dat ’n mens verwonderd staan dat hulle nie vir die ANC-regime sê, ‘maar ons was dan nog al die tyd aan julle kant!
“Ons sou nooit kon dink die dag sou aanbreek dat ons, gekleed in swart, hierheen sou kom en getuies sou wees van die feit dat ons demokrasie verraai word deur dieselfde mense wat daarvoor geveg het nie.” sê hulle.

Redakteurs verlaat gister die Nasionale Vergadering. Agter is Peet Kruger en Jan-Jan Joubert, redakteur en politieke redakteur van Beeld, in die middel Bun Booyens, redakteur van Die Burger, en Tim du Plessis, hoof van Media24 se Afrikaanse koerante, en voor Peter Bruce, Business Day-redakteur.
Dit is van hierdie manne hierbo wat nie ’n snars omgegee het vir al die blanke lewens wat sedert hulle “demokrasie” waarvoor hulle so geywer het, wreedaardig uitgedoof is nie, om nie te praat van al ons vrouens en dogters wat onteer is en eeue se vooruitgang wat deur onnoselheid en korrupsie in die doofpot gestop is nie. Ten spyte van die benouende toestand waarin hulle ons ingeskryf het met hulle ondersteuning vir die ras geïntegreerde Suid-Afrika, was hulle oë en ore gesluit vir waarskuwings daarteen. Is geld soveel werd?
Wat het hulle verwag om te kry? As hierdie die begin van die glybaan vir hulle verteenwoordig, is daar ongetwyfeld ’n paar verrassings vir hulle op pad.