In Die Afrikaner, die lyfblad van die Herstigte Nasionale Party, het onlangs ‘n artikel verskyn waarin mnr. Paul Kruger verwys na sekere standpunte van onder meer dr. Sydney Gregan sowel as prof. Koos Malan.
Dat mnr. Kruger hierdie standpunte handhaaf verbaas nie. Wat wel verbasend is betreffende hierdie artikel, is dat die HNP duidelik instemming het met mnr. Kruger se sienswyses en sodoende nou ‘n standpunt ingeneem wat lynreg indruis met HNP-standpunte van vroeër. Dit is verreikend en
Hierdie standpunte van mnr. Kruger (en waarmee die HNP dit eens is) kom op die volgende neer:
Mnr. Kruger was nooit lid van die HNP nie en ook nie, sovêr ons kennis strek, voorheen by regse politiek betrokke nie. Daarom
Dit is verder verbasend dat ou strydrosse soos mnr. Meinhardt Peters en mnr. Hans Koekemoer tot nog toe nie ‘n woord gerep het oor hierdie afwyking in HNP- beginsels en -beleid nie. Duidelik het die HNP ‘n metamorfose ondergaan.
Wat mnr. Kruger se standpunte betref, die volgende: Die ANC-regering is illegitiem in die oë van die Afrikaner. Daarom verwys ons na hierdie regering as ‘n regime. Wat die res van die wêreld van die ANC-regering dink skeel die nasionalistiese Afrikaner min. Die wêreld het immers reeds vóór 1994 besluit dat die ANC die mense van Suid-Afrika verteenwoordig en het die bedrog volle onderhandelingsproses, referendum en verkiesing net stukrag aan die wêreld se mening gegee. Wanneer ons dan sedertdien sekere wette gehoorsaam doen ons dit om verstandige redes en omdat dit onwys sal wees om in hierdie tye blatant sekere wette te verontagsaam. Die hele “Boeremag-sage” is daarvan die duidelikste voorbeeld. Mnr. Jaap Marais het immers deurgaans gestel dat lydelike verset daarop gerig moet wees op aksies binne ons vermoë en bereik en sou dit later noodwendig moet uitbrei na aksies waar in openlike verset met die regering gekom sou word. Die voorbeeld van “Bezuidenhout se wa” voor die Eerste Vryheidsoorlog is seker die beste waaraan gedink
Wat betref onderhandeling met die regime spruit weiering dus noodwendig uit hoe die Afrikaner die regime sien. Tersaaklik is wel hoe en wat die VVK se “verkose volksraad” met die regime gaan onderhandel. Indien daar nie eers op ‘n stuk grond wat deur die Afrikaner tans beset word aanspraak gemaak kan word nie, maar vir ‘n stuk grond wat tans nie vasgestel is nie, moet dit vir enige persoon by sy volle positiewe duidelik wees dat sodanige onderhandelinge tot mislukking gedoem is. Daar bestaan geen voorbeeld in die wêreld waar ‘n volk na ‘n regering van daardie land toe gegaan het en vir hom gevra het vir ‘n stuk grond terwyl daardie volk self nog nie geweet het waar daardie grond is nie. Dit is gewoon raserny.
In die dae en maande wat voorlê sal die dwaasheid en futiliteit van hierdie poging duidelik uitgewys word. Dan sal die HNP en die VVK met leë hande sit terwyl miljoene van die volk se geld vermors is met ‘n poging wat duidelik byval vind by die regime waar die regime heeltemal bereid is om maar voortdurend gesprekke met die Afrikaner te voer terwyl die regime self weet dat die gesprekke op niks sal uitloop nie.
Die VVK se volkstaat slenter verneder ons volk en sal die HNP vernietig.