1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9806225

Besoekers aanlyn

Ons het 79 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Media

’n MODERNE PIET DE WET?: (GENL. CHRISTIAAN DE WET SE BROER)

PIET DE WET:

In die boek van A. M. Grundlingh, Hendsoppers en Joiners, op bladsy 249 word een van die oorsake vir Piet de Wet se onaanvaarbare optrede, so beskryf:   “Ook het Piet de Wet alle simpatie met die Republikeinse oorlogspoging verloor.  Vir hom was die voortsetting van die oorlog slegs op emosie en sentiment gebaseer.  Reeds in Augustus 1900 het hy hom uitgespreek teen ‘that sentiment’, wat volgens hom ‘the curse of my Race’ was.  Terselfdertyd was hy volgens beskikbare getuienis vasberade om daadkragtig op te tree indien die Republikeinse leiers nie tot ander insigte kom nie………………. “I will take any action that I may feel  that is necessary to stop the war”.

PAUL KRUGER (VVK).

In die Afrikanerkoerant  van 19-25 Augustus 2011 van die Herstigte Nasionale Party, bladsy 6,  skryf Paul Kruger van die VVK:  “Die feit is, die ANC-regering het nog nie eens ’n geleentheid gehad om ons vryheid  op vreedsame wyse in ’n eie grondgebied te herstel nie (selfs al sou hulle wou!), want daar was nog nie demokraties-verkose volksleiers met wie die ANC om ’n tafel kon sit nie.- leiers wat deur die volk ’n mandaat gegee is om die kwessie van volksvryheid in ons eie staat met die ANC te beding.”

“……ja, ek en honderde duisende ander sal heeltemal tevrede wees met volkome vryheid in ’n “Volkstaat”, eerder as om langer die moord en doodslag en goddeloosheid van Azanië te trotseer terwyl ons futiel vasklou aan ’n (histories onjuiste) aanspraak op ons land Suid-Afrika”. Aldus Paul Kruger.

REAKSIE OP PIET DE WET SE OPTREDE

Vir Piet de Wet het sy neef, Barend de Wet op 8 Januarie 1901, aan hom geskryf:  “A time will still come when the whole of South Africa will be very much too small for you….your day will come and the righteous punishment earned by you, you cannot and will not be able to escape.  To me your nephew…., to your whole family, yes, I say to the whole of the Afrikander nation, you do not exist any more”.

REAKSIE OP PAUL KRUGER SE OPTREDE

Die skade is nog nie gedaan nie.  ’n Mens gee nie jou bloed verworwe erfenis prys vir iets wat selfs minder as ’n pot lensiesop is nie, selfs al is jou bedoeling hoe opreg.  Die geskiedenis is onverbiddelik.  Paul, mag jy dit gespaar bly.

 

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie