1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8781227

Besoekers aanlyn

Ons het 160 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE WAARDE VAN IDENTITEIT

IdentiteitloosDie teenhang van identiteit is identiteitloos. ‘n Niksheid, ‘n onidentifiseerbare wêreldling, kosmopolitaan, sonder grens, sonder trots, sonder perk en sonder plek! Die probleem daarmee is die mens se ingebore aard om soortlik te wees, soos in die spreekwoord soort soek soort. Wat voortspruit uit derglike identiteitloosheid is dat diésulkes hulle bes doen om ander te oortuig om soos hulle te wees en is hulle inderwaarheid verraaiers van hulle afkoms.

Dit is nie verniet dat elke land of streek se inwoners, die naam daarvan dra nie. Amerika Amerikaners, Engeland Engelse, Spanje Spanjaarde, Duitsland Duitsers, Somalië Somaliërs, Griekeland Grieke, Italië Italiërs, Rusland Russe, Kwa Zululand Zulus, Poland Pole, Hongarye Hongare, Suid Afrika Afrikaners. ‘n Natuurlike gegewe identiteit as onderskeiding van ander. Wat daarmee saamgaan, is die taal wat natuurlike wyse dieselfde identiteit openbaar as ‘n onderskeidingsfaktor van ander identiteite, die bewys van die skeppingsorde se verskeidenheid en geskeidenheid soos by die toring van Babel

Dit is by die aanhoor van die pogings om ‘n een-wêreld-regering te vestig, een regering, een taal, een geldstelsel, een godsdiens, geen ras, geen onderskeid, geen eie land, dat ‘n nuwe toring van Babel in stryd met God se skeppingsorde, ‘n ideologie vanuit die denkvlug van die menslike brein, voor jou oë oprys!!

 

Die behoud van sy rasseidentiteit is ‘n vereiste vir ‘n volk se voortbestaan! Vanuit die kerk is ‘n aanslag op die Afrikkanervolk se identiteit gemaak deur die skeidingsbeleid van apartheid ‘n ideologie, soos wat kommunisme ‘n ideologie is, genoem. In die Hervormer van 15 April 1998 het daar ‘n brief van ds. Gert van Staden verskyn waarin hy betoog dat apartheid, net soos kommunisme bestry moet word omdat dit net so ‘n ideologie is soos Kommunisme. Net soos in die media gryp hierdie dominee ‘n term, sonder om die betekenis van die term te verduidelik, om kerkgangers te beínvloed en te laat glo dat die skeiding van rasse verkeerd en verwerplik is!

 

Wat is ‘n ideologie?

In die Oxford en Funk en Wagnall woordeboeke word ‘n ideologie bestempel as “Fancifull Speculation” en ‘n ideoloog as ‘n teoretikus! Dit word daar ook beskryf as ‘n ”Visionary Speculation” Die erkkenning dat daar rasse is en dat rasse verskil, wat die grondslag van die beleid van apartyd is, is genoegsaam bewys dat apartheid nie ‘n ideologie kan wees nie. Die harde werklikheid van die bestaan van beide die ras en sy verskeidenheid in voorkoms en kultuur kan tog nie “Fancifull Speculation” wees nie! Dat ds. Van Staden se liberale en Kommunistiese idee van rasse gelykstelling “Fancifull Speculation” van teoretici is, ‘n denkvlug van ‘n liberale brein, is dus voor die hand liggend.

 

Dit is egter ook onmiddellik ‘n refleksie op die teoloë van ons tyd se opleiding en gebrek aan doodgewone selfstudie om die betekenis van woorde wat jy nie verstaan se betekenis vas te stel nie!

Die moontlikheid bestaan egter ook dat die kerk bloot in gebreke bly omdat hulle die wêreld meer gedienstig wil wees as die Lewende Woord van God! Om ideologieë te bestry het ‘n bepaalde waarde, maar wanneer ‘n ideologie soos Kommunisme, Liberalisme, Humanisme en derglike Bybelteenstrydige idees van ideologiesgedrewe antichristelike “Vrydenkers” te gebruik om Jou van ou identiteit en nasionale waardes te stroop, betree jy ‘n gevaarlike terrein. Om agter die wêreld aan te gaan en jou identiteit daarvoor prys te gee, is om jouself te verloor.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie