1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8781200

Besoekers aanlyn

Ons het 169 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE BETEKENIS VAN APARTHEID

Genl. Jan Smuts en Churchill van BrittanjeDie demonisering van die woord apartheid, om doelbewus daaraan ‘n ander betekenis te gee,is ‘n veragtelike ongeregtigheid wat verdien dat die lig daarop geskyn moet word! Dit is ‘n ontwerpte praktyk wat sy ontstaan het by die “verligte” liberale ideologiedrywers, om te pas by hulle wanstaltige denkvlugte.van onnatuurlike stelsels,leefwyses en beleidsrigtings.Met of sonder hulle bewustheid daarvan dat dit soos ‘n handskoen gepas het by die onheilge doelstelling van ‘n eenwêreld-regering, het hierdie liberale ideologiedrywers dus internasionale steun gehad. Hierdie onheilige strewe van een-regering-een godsdiens-een volk-een taal en een wêreld het duidelik sy oorsprong by die toring van Babel gehad waar die Mensdom in opstand teen God gekom het!

Mense wat hulle laat saamsleep en betrokke raak by sulke onnatuurlike afwykings, wat feitlik deurgaans met geweld, wetgewing, leuens en media misleidende oriëntering oorreed moet word om daarmee te kan volhou, is slawe van mensgemaakte stelsels. Skeldwoorde word dan ontwerp om diegene wat die natuurlike, ge-ykte en vanselfsprekende suksesvolle Bybelse riglyne volg, etikette om te hang.

Jy word ‘n rassis, ‘n “supremacist”, diskrimineerder, rassehater, mensemoordenaar en derglike etikette omgehang waarmee individue , gemeenskappe en volke gelaster word! Met ‘n internasionale regstelsel wat deur die gees van die tyd beïnvloed is en steeds beïnvloed word, is apartheid as beleidsrigting, reeds as ‘n misdryf teen die mensheid verklaar! Die doel klaarblyklik om te verhoed dat daar na daardie beleid teruggekeer kan word!

In Suid Afrika was die liberale generaals Jan Smuts en Louis Botha wat egter reeds in 1912, die nugterheid gehad het om in die verloop van die geskiedenis te besef dat rasseskeiding vir vreedsame naasbestaan, noodsaaklik was. In April 1912 sê Genl Botha dat om rasse op dieselfde vlak te plaas geen bevrediging sal bring nie en iets anders gedoen sal moet word soos bv. ‘n mate van selfregering aan hulle onder toesig van die blankes. Op 24 September 1912 sê hy op Heidelberg dat die Kaffervraagstuk die moeilikste vraagstuk in die land was en dat die oplossing lê in die afsondering van die naturelle in sekere gebiede, met ‘n soort selfregering in slegs daardie gebiede en nêrens elders nie. In die Parlement het hy dan ook in 1913 ‘n voorstel ter tafel gelê dat die naturelle gesegregeer moet word met selfregering onder toesig van die blankes.

In 1917 by ‘n eetmaal wat tot sy eer gehou is het Genl. Smuts, as lid van die Imperiale Oorlogskabinet onder voorsitterskap van Lord Selborne, ‘n toespraak gehou oor “The White Man’s Task”

“We have felt more and more that if we are to solve our Native question it is useless to try to govern Black and White in the same system, to subject them to the same institutions of government and legislation . They are different not only in colour but in mind and political capacity and their political institutions should be different.

Die verbete aandrang vir rassevermenging

Omdat die skeidingsbeginsel van God soos in die laagte van Sinear, deur die goddelose onder aanvoering van Satan vernietig wil word deur die oprigting van die Toring van Babel, vandag genaamd Globalisme, word die aanslag op ons volk belig!

Die aanslag op die Afrikaner is dus een van vele in ’n wêreldaanslag in ‘n poging om die kultuurerfenis van Eiesoortigheid finaal te vernietig, want dit is die sleutel tot die sukses van die stryd van die duisternis teen die lig.

Laat ons ter aanvang net eers verstaan waarmee ons te make het as ons praat van ‘n “kultuurerfenis”.Die woord kulturele, dui op die bewerking wat op kultuur of beskawing betrekking het.

Die woord Kultuur word in die verklarende woordeboek beskryf as: verfyning van die geestelike en sedelike lewe, veredeling, verbetering deur geestelike en fisiese oefening; intellektuele ontwikkeling; beskawingstoestand.

Die beskawingstoestand van ‘n volk word dus bepaal deur die verfyning van sy geestelike en sedelike lewe. Veredeling en verbetering vind plaas deur geestelike en fisiese oefening en deur die ontwikkeling van sy intellek.

Kulturele aanslag:

Dit sou my verbaas as daar een Afrikaner is wat onkundig is oor die feit dat daar ‘n aanslag op die kultuur van die Afrikaner gemaak word.

Ons sou gemaklik met die oog op die betekenis van kultuur, kon sê dat daar deur middel van die geestelike en sedelike, ‘n aanslag op die Afrikaner is. Ons sou verder kon sê dat daar deur gebrek aan geestelike en fisiese oefening ‘n aanslag op die Afrikaner gemaak word.

Ons sou kon afrond deur te sê dat hierdie aanslag uitkomsgebasseerd is ten opsigte van die Afrikaner se intelektuele ontwikkeling en uiteindelike beskawingstoestand!

Die uitkoms van diè aanslag, sê ons is die finale vernietiging van ons Blankeskap en Afrikanerskap wat ons as erfenis bedeel is!.

Die ontwikkeling van Afrikanerskap en Blankeskap as erfenis vanuit die geskiedenis

Hoewel die eertydse Afrikanerleiers waarskynlik nie die samestelling en werking van geheime organisasies deurgrond het nie en onbewus was van die sameswering onder leiding van Satan self, was hulle Godgebonde en Christengelowiges wat ontvanklik was vir die leiding van die Heilige Gees.

Die Afrikanervolk se ontwikkeling uit hoofsaaklik sy Hollandse,, Franse, en Duitse voorsate het dus as binding, ‘n intense Godgebondenheid op Calvinistiesgereformeerde grondslag, en ‘n strewe om soewerein onafhanklik oor homself te regeer, gehad!

Hierdie twee boustene het deur geestelike en fisiese oefening tot verfyning, veredeling en verbetering van die geestelike en sedelike lewe, asook intellektuele ontwikkeling, tot ‘n bepaalde beskawingstoestand gegroei.

Dit het die Afrikanervolk uiteindelik onderskei van ander volke wat hierin in gebreke gebly het!

Sy Bybelse grondslag het die sondebesef en ewigheidsbestemming in die Afrikaner se lewens-en-wêreldbeskouing, sy afhanklikheid van God-Drie-Enig altyd laat voor-opstel.

Daaruit het bv. voortgevloei die besef van die noodsaak van ‘n kragtige Christelik-Nasionale fondasie in die opvoeding en onderwysstelsel van sy kinders, wat hulle weerbaar teen die aanslae van die bose gemaak het!

Ook die Grondslag van elke Grondwet tot 1982 vir staatkundige benadering en wyse van regering was hierop gebaseer, asook die erkenning van elke ander volk se reg op selfregering in eie grondgebied met die aanvaarding van verantwoordelikheid vir hulle wat nie daartoe instaat was nie. ’n Voortsetting van die skeidingsbeginsel wat deur God self in die laagte van Sinear ingestel is as gevolg van die mens se opstand teen God. Gen.11:6

Dit is alles sake wat grootliks aanleiding gegee het tot die bepaalde beskawingstoestand van die Afrikaner.

As die wenslikste en haalbbaarste leefruimte waarbinne hy ‘n stil en rustige, in alle Godsvrug en waardige lewe kon lei, het die Afrikaner as Blanke, onder sterk leierskap van verskeie Afrikanerleiers, veredel en verbeter en soveel seën en voorspoed beleef, waarin die ander volke in sy grondgebied met hom gedeel het, dat dit die wêreld verbyster het en waarskynlik die Satan vertoorn het!

Dit was ook oa. die Afrikaner se ervaring in sy omgang met die swart rasse wat noodwendig gelei het tot die besef vir die noodsaaklikheid van die bewaring en bewaking van sy eiesoortigheid en Blankeskap as Godgegewe erfenis en voorvereiste vir die handhawing daarvan.

Die voorbeeld van gesindheid teenoor jou Erfenis

Die ideale toestand vir ’n volk om sy erfenis te bewaar, uit te bou en in stand te hou is wanneer hy soewerein onafhanklik oor homself volgens eie aard en behoefte, binne sy eie grondgebied, oor homself regeer, was die gevolgtrekking waartoe die Afrikaner geraak het!

Daarom het hulle uit die Kaapkolonie getrek, onder die drukkende juk van die Britte met hulle dubbelslagtige, vals en onregverdige beleid teenoor die Afrikaners. ’n Interessante aanhaling wat deur drs. J.D. en S du Toit in ’n boekie genaamd “Die Afrikaanse Rassebeleid en die Skrif”, aangehaal word van dr. Adriaan Kuyper, stel dr. Kuyper die saak van die trek van die Afrikaners so: “Toe onder die Kaapse Boere die sogenaamde ‘trek’ opgekom het, het die neiging om te ‘trek’ allengs ’n hele menigte aangegryp....Nou van agter voel dan ook elkeen hoe in die ‘trek’ van die Kaapse Boere, sonder dat iemand dit vermoed het, ’n mag deur God gewek is wat die hele toekoms van Afrika en ten dele selfs die geskiedenis van die wêreld beheers. Nouwel, so ’n ‘trek’ is juis die teendeel van wat in Sinear se vlakte geopenbaar is. Ook toe moes hulle trek, maar hulle wou nie; hulle stel hul nou uit beginsel en met voorbedagte rade teenoor die beginsel van ‘trek’. Nie trek’ nie, maar ‘bymekaar’ bly was die wagwoord en soos van agter nou wel toegestem sal word dat die Kaapse Boere die bestel van God sou weerstaan het, as hulle nie uitgetrek het nie, eweso het die toenmalige geslag in die Vlakte van Sinear die wil van die Here weerstaan deurdat hulle hul nie wou laat versprei nie”

Terwyl ’n alom bekende en gerespekteerde Kerkvader uit Nederland vir ons kom sê dat in die trek van die Afrikaners uit die Kaap, ’n mag van God gewek is wat die hele toekoms van Afrika sou beheers, kom nikswerd en onbenullige liberaliste vir ons dikteer hoedanig ons as volk moet optree. Dit, volgens Totius, terwyl ons volksleiers nog altyd gepoog het om ons volgens die bestel van God te laat lewe!

Vanuit die geskiedenis was sy Blankeskap en Afrikanerskap nog altyd sinoniem met diepgewortelde geestelike, en hoë sedelike waardes! Was die ywer tot die verfyning en veredeling van die geestelike en sedelike lewe,...... die verbetering deur geestelike en fisiese oefening, primêr in die Afrikaner van destyds en derhalwe ook ons lewens en wêreldbeskouing vandag!

Die Kulturele Aanslag

As Afrikanerskap en Blankeskap dan grondliggend is tot die sukses en voorspoed van die Afrikanerregerings tot met Dr. H.F. Verwoerd se Internasionaalbeplande moord, spreek dit vanself dat dit diè terrein sal wees waar ons aangeval sal word met die opset om te vernietig! Onthou u nog die datum 666?

Maar waarom moet ons vernietig word?

U ken die geskiedenis! Van die ontstaan van die Afrikanervolk was die aanslag op die geestelike en sedelike fel en onophoudelik! Dit het egter gestuit teen gelowige, Godgebonde, nasionaalgesinde Afrikanerleiers tot en met Dr. H.F. Verwoerd. Leiers wat ons geestelike en sedelike standaard gekoester en bewaar het deur voorbeeld en wetgewing. ‘n Vaste koers wat nie net ons volk se Afrikanerskap en sy blankeskap as erfenis sou bewaar nie, maar ook die ander inheemse volke in vreedsame naasbestaan gelei het om binne hulle volksverband hulleself te handhaaf tot voordeel van hulself!

Wyle mnr. Jaap Marais se welbekende standpunt dat Stryd nie gister begin het en nie môre gaan ophou nie, is kennelik nou deur die geskiedenis onderstreep! Gedenk maar net die deurbraak van die vyand in sy voorbereiding van die monderings van hulle wat na Dr. Verwoerd sou volg! Monderings van dètant, konsensus, dialoog en onderhandeling!

“WINDS” OF CHANGE

McMillan se winds of change wat op Dr. Verwoerd gestuit het, het egter sonder weerstand oor en deur Vorster, Botha en De Klerk gewaai en... “hulle plek het hulle nie meer geken nie!”

Maar daar was ook ander winde van veranderng:

Die verandering van ons grondwet in 1983 waar die universele god die plek van Vader, Seun en Heilige Gees ingeneem het was die voorloper van die godlose staat waarin ons ons nou bevind!

Die aanslag in 1986 vanuit die kerk op die kerk, na jare se teologiese misleiding aan ons universiteite. Die ingrypende verandering in die onderwys. Die ophef van die verbod op Sondagsport en sakebedryf op die Sabat.Die geleidelike aanvaarding van godsdiensvryheid wat gelei het na godsdiensgelykheid.

Die aanslag vanuit Engeland en Amerika op die Christendom deur vreemde lering wat onderlinge wantroue en verwydering bring onder Afrikaners, is onder andere van die belangrikste geestelike aanslae op ons volk.

Die aanslag op ons sedelike met dieselfde oorsprong, behoef werklik geen betoog nie!

Die invloed van beeldsendings op die morele en sedelike waardes deur die winde van verandering, het soveel stof oor ons hoë sedelike en morele waardes gewaai dat ‘n stertriem uit die onbeskaafde verlede, ‘n aanvaarde mode in die hede geword het!

Dit wat God ‘n skaamte noem waarvoor Gam ‘n ewige straf ontvang het, is nou feitlik daagliks in bykans elke beeldsending die onderbou vir ongebreidelde tienerswangerskappe, versterk deur seksvoorligting op skool, om nie eers te praat van ontrou in die huwelik nie!

‘n Vervlakking in die geestelike lewe van ‘n volk lei onvermydelik tot verval van die sedelike!

MAAK DIE RASSE GELYK

Ons sê dat die Kulturele aanslag op die Afrikaner ‘n poging is om die erfenis van Blankeskap en Afrikanerskap finaal te vernietig.

Dit dui daarop dat hierdie vernietiging van ons Blankeskap en Afrikanerskap reeds in gevorderde stadium is!

Die effektiefste wapen van ons vyande is onteenseglik die teenoorgestelde van die effektiefste metode waarmee ons volksleiers vir dekades geslaag het om ons Afrikanerskap en Blankeskap as erfenis te bewaar, nl. integrasie, rasvermenging!! Dit kom staan lynreg teenoor die handhawing van eiesoortigheid!!

Meng ons op die sportveld, meng ons in die kerk!! Meng ons kinders in die skole, meng ons in die werkplek! Meng ons in ons woongebiede, meng ons in ons politieke strukture, vakbonde en landbou organisasies!! Dit is wat noodwendig volg as daarin geslaag is om die humanistiese aandrang op gelykstelling afgedwing te kry!

Die indring van ander rasse op al hierdie terreine het nou die klimaat geskep vir fisiese en geestelike oefening in tru-rat! ‘n Geleidelike remming van alle vooruitgang op feitlik elke lewensterrein met die finale vernietiging van ons Afrikanerskap en Blankeskap in vooruitsig! Die onvermoë van die swart ras rem nou die vooruitgang van die blanke en dwing die standaard af na syne.

Dit is ‘n wetmatigheid dat as jy in die stelsel ingaan sal jy uiteindelik in hom opgaan, het wyle Mnr. Jaap Marais altyd gewaarsku, met Jan Smuts as voorbeeld uit die

verlede!!

Afrikaner, verenig in verset teen rasvermenging. Dit is die wekroep van die Afrikaner Volksparty aan ons verwarde en misleide volksgenote! Daartoe roep ons ook vandag elke blanke in hierdie land op!

Keer terug na Nasionalisme, bly buite die bestel, verdra waar u nie anders kan nie maar moet nie die veranderde omstandighede aanvaar nie! Verset u daarteen! Vermy alle veelrassige by-eenkomste en hou die Afrikanergedenkdae in stand! Versterk u geloof en vertrou op die Here want dit is waar ons heil lê. Hou getrou u huisaltaar in stand en leer u kinders van die barmhartighede en genade van God, maar ook van Sy oordeel en straf vir sondaars!

Sluit aan by die AVP en versterk ons geledere terwille van ons nageslag!

Laat ons saam met Dr. F.J. du Toit (Totius) sê ”As die Afrikaner dan in Afrika moet sterf, laat dit dan sy lot wees en nie sy skuld nie”! Want deur rassevermenging staan ons skuldig aan ons eie ondergang!

Danie Varkevisser

15 Desember 2009

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie