1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8781216

Besoekers aanlyn

Ons het 159 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

LEWENSVREUGDE

BybelFil. 4:1-9:“Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!” (:4).

Hedonisme – die denkrigting waarvolgens genot en geluk die primêre of belangrikste intrinsieke waarde en die hoogste doel van die menslike lewe is. En hoe wens ek nie dat niks hiervan in ons volkslewe sigbaar was nie, maar die teendeel is egter waar.

Ons sien hoedat mense van die een grashalm na die volgende in die lewe gryp in

die najaag van hierdie “hoogste doel” - naamlik om die grootste hoeveelheid genot en geluk uit die lewe te put – ongeag wat die gevolge in hierdie roekelose najaging vir ander mag wees.

En in elke mens se selfsugtige najaging van sy/haar eie geluk bo enigiets anders sien ons hoedat mense mekaar se lewens vernietig en God se Skepping verniel. Huwelike bly in die slag omdat individue hul eie genot en geluk belangriker as hul belofte voor God en trou aan hul lewensmaat ag. Kinders se lewens word verniel omdat daar ouers is wat hul eie geluk en genot bo die welsyn van hul kinders en gesinne stel. Mense word bedrieg en beroof omdat daar iewers ’n persoon is wat in die nastrewing van hul eie geluk en genot bo alles ook nie die eiendom van ’n ander ontsien nie.

 

Dit behoort tog vir ons duidelik te wees wie die vader van hierdie bedenklike afgodediens van genot is. Die duiwel wat ’n mensemoordenaar en ’n leuenaar is en wat deur die leuen van hierdie sieklike denkrigting ’n bloedspoor van ellende laat. “Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was 'n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan.” (Joh. 8:44).

 

Die bedrog en leuens van die duiwel is so duidelik in hierdie dwaling van hedonisme te bespeur. Hy sal diegene wat hierdie leuens van hom glo van die een fopspeen na die volgende lei. Hulle sal vandag hul genot in hierdie of daardie vermaak soek en dit dan natuurlik nie vind nie. En dan sal hulle dit dalk in ’n verhouding soek en dit daar ook nie vind nie. En dit is nie ongewoon om so ’n slagoffer te sien beweeg van die een verhouding na die volgende om hierdie begeerte na genot en vreugde te probeer vervul nie. En dan probeer die slagoffer om hierdie vreugde in geld en rykdom te soek net om weer die teleurstelling van ’n leuen te ervaar. En so kan die soeke aanbeweeg na die najaging van vreugde in sukses, in ’n beroep, in kinders, in ’n stokperdjie, opwindende vakansies, vriende, medisyne, drank, verdowingsmiddels en so kan ons die lys aanhou uitbrei.

 

Geliefdes, blydskap is een van die vrugte van die Gees. God verwag nie van Sy kinders om met swaarmoedigheid en bedruktheid deur die lewe te worstel nie. Inteendeel, Hy gee ons dan die opdrag om bly te wees. “Dien die Here met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel.” (Ps. 100:2). Maar Hy verwag ook nie dat ons ons eie geluk of blydskap moet skep of in verganklike dinge gaan soek nie. En allermins verwag Hy dat ons hierdie genot en vreugde só hoog stel dat dit vir ons ’n afgod raak. Nee, geliefdes – blydskap en vreugde is ook ’n gawe wat ons van Hom ontvang. “En die dissipels is vervul met blydskap en met die Heilige Gees.” (Hand. 13:52). Hierdie vreugde en blydskap wat ons van Hom ontvang word deur Hom binne ons gewek eerder as wat dit iets buite ons is wat ons moet najaag.

 

Ja, geliefdes – luister hoe pleit Dawid tot God om hierdie gawe van vreugde nadat hy self in die najaging van sy eie plesier en genot teen God gesondig het deur owerspel en moord te pleeg. “Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur ’n gewillige gees.” (Ps. 51:14). En dan lees ons ook in Psalm 4:8 waar Dawid dit duidelik stel dat die vreugde wat Hy van God as gawe ontvang veel groter is as daardie vreugde van ander wat dit in rykdom probeer vind. “Groter vreugde het U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is.”

 

Geliefdes, is die woorde uit Hábakuk 3:17&18 nie ook vir ons so kosbaar in hierdie saak nie? Die profeet wat ook hierin getuienis lewer dat hy ten spyte van teëspoed en baie beproewende, self neerslagtige omstandighede steeds die vreugde van God binne homself vind. “Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie – nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my

heil.” En ons vind ook in Prediker 2 die voorbeeld van die Prediker wat in soveel verskillende dinge in hierdie lewe na vreugde gesoek het en eindelik tot die slotsom kom dat hy dit vir homself nie kon bewerk nie omdat dit as ’n gawe van God aan die mens geskenk word.

 

“Ek het in my hart daaroor nagedink om my liggaam met wyn te verkwik — terwyl my hart my met wysheid sou lei — en om aan die dwaasheid vas te hou totdat ek sou sien wat goed is vir die mensekinders, wat hulle moet doen onder die hemel gedurende die getal van hulle lewensdae. Ek het groot werke onderneem: ek het vir my huise gebou, ek het vir my wingerde geplant. Ek het vir my tuine en parke aangelê en daar allerhande vrugtebome in geplant. Ek het vir my damme gemaak om daaruit 'n bos met jong bome te besproei. Ek het slawe en slavinne gekoop en ook dié verkry wat in my huis gebore is; ek het ook 'n groot besitting van beeste en kleinvee gehad, meer as almal wat voor my in Jerusalem gewees het. Ek het vir my ook silwer en goud versamel, en 'n eiendom van konings en provinsies; ek het vir my sangers en sangeresse verskaf en die genoeëns van die mensekinders: lieflinge in menigte. En ek het groot en altyd groter geword bo almal wat voor my in Jerusalem gewees het; ook het my wysheid by my gebly. En alles wat my oë begeer het, het ek hulle nie ontsê nie; my hart het ek van geen enkele vreugde teruggehou nie, want my hart het hom verheug vanweë al my moeitevolle arbeid, en dit was my deel van al my moeitevolle arbeid. Toe het ek gekyk na al my werke wat my hande tot stand gebring het, en al die moeitevolle arbeid wat ek verrig het — en kyk, dit was alles tevergeefs en 'n gejaag na wind, en daar was geen voordeel onder die son nie.

 

Dit is nie goed wat in die mens kleef dat hy eet en drink en sy siel die goeie laat geniet by sy moeitevolle arbeid nie. Ek het gesien dat dit ook kom uit die hand van God. Want wie kan eet en wie kan geniet sonder Hom? Want aan 'n mens wat welgevallig is voor sy aangesig, gee Hy wysheid en kennis en vreugde,...” (Pred. 2:2-11, 24-26). Geliefdes, mag hierdie vermaning ons harte opnuut daartoe wek om na God eerder as na genot en vreugde in hierdie wêreld te soek sodat Hy vir ons eindelik ook die grootste vreugde in ons lewe mag wees. “Ek het tot die HERE gesê: U is my Here; vir my is daar geen goed bo U nie.” (Ps. 16:2). 

Amen.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie