1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7661240

Besoekers aanlyn

Ons het 70 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

VERKIESINGSKAPPERJOLLE 2024

Klaas WaarseggerWat uitstaan van die afgelope verkiesing is die absolute laakbare gedrag van die VF+ en DA. Hulle was die voorbokke van die “Moonshot” pakt wat bepaal het dat daar geen samewerking met die ANC moet wees nie. Die kiesers is nou weereens bedrieg met hulle eie verkiesingsmanifeste. Na die verkiesing is die stemmers nie meer in tel nie, en die “Gambino” families swaai die septer.

Enige waardige mens staan tog vir iets in die lewe, gebasseer op beginsels en waardes. Jy kan tog nie die een ding sȇ en dan die ander doen, en sodoende jou eerbaarheid behou nie. In hierdie geval het die DA en VF+ laer gedaal as slang ekskresie se skaduwee. Dit is juis hierdie huigelary wat veroorsaak dat die DA nie kon verbeter op hul stemmetal en die VF+ ‘n pak op die lyf geloop het. Wat hierdie twee partye nou sal uitvind is dat ‘n ooreenkoms met “Dingaan” eintlik nie die papier werd is waarop dit geskryf is nie.

Verkiesing na verkiesing is bewys dat mense volgens rasse en etniese lyne stem wat MK se steun verklaar. Hoe ironies is dit nie dat die DA en VF+ kan glo dat om te dans met die duiwel, ‘n oplossing vir Suid-Afrika se probleme kan bring. Ek wil amper sweer dat die DA en VF+ persoonlike vriende van Lucifer is. ‘n Regering van nasionale eenheid kan nooit werk nie, omdat ‘n demokrasie ‘n beperkte verdraagsaamheid het, veral as teenstrydige belange van etniese en rassegroepe ter sprake kom. FW de klerk se regering van nasionale eenheid het reeds hierdie les geleer in die verlede, wat gelei het tot die vernietiging van die Nasionale Party.

So sal dit ook dan wees met die DA en VF+, omdat hulle gekompromiteer sal wees met besluite ter wille van eenheid met die swartes, en nie ter wille van die witman nie. Hulle sal ewigdurend ‘n minderheid onder die huidige grondwet verteenwoordig. Hoe vals is dit nie om vir ons te vertel dat ‘n paar wit gesigte van die DA as ministers Suid--Afrika kan regruk. Hulle sal slegs simboliese hoofde wees, want die staatsdepartemente is vir 30 jaar gelaai met onbekwame kaders deur ‘n ANC beleid van BEE. Die tafel is gedek vir interne stryd wat dienslewering in die wiele ry. Dooie hout kan nie uitgekap word as gevolg van bestaande arbeidswette. In Kwazulu Natal sal MK sorg vir chaos en politieke moorde om tussenverkiesings af te dwing. Met intimmidasie sal die ANC ondersteuners gedwing word om MK te stem. Gord aan julle valskerms vir hierdie vallende vliegtuig.

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie