1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7661236

Besoekers aanlyn

Ons het 69 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

HY IS GOD OOR DIE HELE AARDE

BybelEx. 9:13-35:“Toe sê Moses vir hom: So gou as ek die stad uitgaan, sal ek my hande tot die HERE uitbrei: die donder sal ophou en die hael sal nie meer wees nie; sodat u kan weet dat die aarde aan die HERE behoort.”(:29). Alvorens God begin het om Egipteland met plae te tref, het Hy Moses gewaarsku dat Farao sy hart sal verhard. “Maar Farao sal na julle nie luister nie; en Ek sal my hand op Egipte lê en my leërskare, my volk, die kinders van Israel, deur groot strafgerigte uit Egipteland uitlei.” (Ex. 7:4). En dit sou gebeur sodat God Sy grootheid en heerlikheid kon openbaar. Ja, nie net eenmaal of twee maal nie, maar op ’n aanhoudende grondslag het God Egipte met hierdie buitengewone plae besoek. En hierdie openbaring van God deur hierdie buitengewone plae sou herhaaldelik en op verskillende wyse plaasvind sodat die mens nie kan sê dat hierdie gebeure, hierdie plae, “toevallig” is nie. En so het Moses telkens die volgende plaag wat God sou stuur vooraf aangekondig ter bevestiging dat hierdie gebeure nie toevallig plaasvind nie, maar op God se besluit en bevel. En hierdie sou bevestig dat God werklik bestaan en leef en daarbenewens was dit ’n teken van Sy onmeetbare krag.

God het ook baie jare later in Israel op soortgelyke wyse Homself aan die afvallige koning Agab betoon. “Opeens kom daar 'n profeet na Agab, die koning van Israel, en sê: So spreek die Here: Het jy hierdie hele groot menigte gesien? Kyk, Ek gee hulle vandag in jou hand, dat jy kan weet dat Ek die Here is.” (1 Kon. 20:13). En ook hier het God twee maal ’n oorwinning aan Israel geskenk om Sy gesag oor die hele aarde te onderstreep. “En ná verloop van 'n jaar het Bénhadad die Arameërs gemonster en opgetrek na Afek om teen Israel te veg. Die kinders van Israel is ook gemonster en van lewensmiddele voorsien, en het hulle tegemoet getrek; en die kinders van Israel het teenoor hulle laer opgeslaan soos twee klompies bokke, terwyl die land vol Arameërs was. Toe kom die man van God nader en sê aan die koning van Israel: So spreek die Here: Omdat die Arameërs gesê het: Die Here is 'n god van die berge, en Hy is nie 'n god van die laagtes nie — daarom sal Ek hierdie hele groot menigte in jou hand gee, dat julle kan weet dat Ek die Here is. En hulle was sewe dae lank teenoor mekaar gelaer; maar op die sewende dag het die geveg begin, en die kinders van Israel het van die Arameërs honderdduisend voetgangers op een dag verslaan.” (1 Kon. 20:26-29).

Nadat Farao eindelik onder God se krag geswig het en op Sy bevel die volk Israel laat trek het, is sy hart vinnig weer verhard. Hy durf sowaar om God uit te daag deur Israel agterna te jaag en God se besluit omtrent Israel teë te gaan. En dan word hy met sy hele leërmag op skouspelagtige wyse in die see gestort – ’n teken oor die aarde vir almal wat oë en verstand het om te besef dat géén wese God se gesag durf teëgaan nie! Die kragtige dade van God word vir die soveelste maal aan Israel openbaar en eindelik erken hulle dan ook Sy gesag. “Ook het Israel die magtige daad gesien wat die HERE aan die Egiptenaars verrig het. Toe het die volk die HERE gevrees en geglo in die HERE en aan Moses, sy kneg.” (Ex. 14:31).

Dit behoort vir ons duidelik wees dat Israel nie uit Egipte gelei is omdat hulle ’noortreflike volk was nie. “Die Here het 'n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke.” (Deut. 7:7). Hulle is nie uit Egipte gelei omdat Moses die beste politieke leier en uitonderlike spreker was wat met sy gewigtige en besielende toesprake hul tot verset kon opwek nie. “Toe sê Moses aan die Here: Ag, Here, ek is nie 'n man van woorde nie — van gister of van eergister of vandat U met u kneg gespreek het nie; want ek is swaar van mond en swaar van tong.” (Ex. 4:10). Hulle is nie uit Egipte gelei omdat hulle ’n besonderse vermoë in krygskuns gehad het nie.

“TOE Farao die volk laat trek het, het God hulle nie op die pad na die land van die Filistyne gelei nie, alhoewel dit nader was; want God het gesê: Die volk kan dalk berou kry as hulle oorlog sien, en teruggaan na Egipte.” (Ex. 13:17). Die volk is uit Egipte gelei omdat God so besluit het – punt. “En die Here sê: Ek het duidelik gesien die ellende van my volk wat in Egipte is; en Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, Ek ken hulle smarte. Daarom het Ek neergedaal om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos en hulle te laat optrek uit daardie land na 'n goeie en wye land, na 'n land wat oorloop van melk en heuning, na die woonplek  van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete.

En nou, kyk, die jammerklagte van die kinders van Israel het tot by My gekom. Ook het Ek die verdrukking gesien waarmee die Egiptenaars hulle verdruk. Gaan dan nou heen, dat Ek jou na Farao kan stuur; en lei my volk, die kinders van Israel, uit Egipte uit.” (Ex. 3:7-10). En nadat Israel uit Egipte gelei is, is hulle nie binne ’n week na die eerste naaste  plek gelei om hul daar te vestig nie. Hulle is deur die woestyn, waar hulle dekades lank deur God onderhou is, na die beloofde land. “En veertig jaar lank het U hulle onderhou in die woestyn; hulle het nie gebrek gehad nie; hulle klere het nie verslyt en hulle voete nie geswel nie.” (Neh. 9:21). En hul eindbestemming is nie ’n plek wat die volk iewers langs die pad identifiseer nie, maar dit is presies daardie land wat God al voor hul dae van slawerny in Egipte besluit het om aan hulle te gee. “En die Here sê vir Abram nadat Lot van hom geskei het: Slaan tog jou oë op en kyk van die plek waar jy staan, na die noorde en suide, na die ooste en weste; want die hele land wat jy sien, sal Ek aan jou gee en aan jou nageslag tot in ewigheid.” (Gén. 13:14&15). Enige mens wat nie hieruit kan sien dat die lot van Israel primêr deur God se besluit bepaal is nie wil dit nie sien nie. En die rede hiervoor sou wees dat so ’n mens God se heerskappy en oppergesag nie wil erken nie.

Hierdie gee vir ons vandag ook baie stof tot nadenke. Waarom is ons so traag om in ons eie volk ook hierdie oppergesag en heerskappy van God oor ons volk en die lot van ons volk te erken? Die benoude toestand waarin ons as ’n volk beland het, was ook nie buite God se beheer nie. “Kyk, Ek bring oor julle 'n nasie van ver af, o huis van Israel, spreek die Here; 'n eeue-oue nasie is dit, 'n nasie van ouds af, 'n nasie waarvan jy die taal nie ken en jy nie verstaan wat hulle praat nie. Hulle pylkoker is soos 'n geopende graf; hulle is almal helde. En hulle sal jou oes en jou brood opeet, hulle sal jou seuns en jou dogters opeet, hulle sal jou kleinvee en jou beeste opeet, hulle sal jou wingerdstok en jou vyeboom opeet, hulle sal jou versterkte stede waar jy op vertrou, met die swaard verwoes. Nogtans sal Ek ook in dié dae, spreek die Here, nie 'n einde aan julle maak nie. En as julle sê: Waarvoor het die Here onse God ons al hierdie dinge aangedoen? antwoord hulle dan: Soos julle My verlaat het en vreemde gode in julle land gedien het, so sal julle vreemdes dien in 'n land wat julle s'n nie is nie.” (Jer. 5:15-19). En net soos wat ons volk se onderwerping nie buite God se beheer was nie ewe min is ons redding, ons verlossing en ons heil vir ons beskore as Hy nie dienooreenkomstig besluit het nie. Ons kan organisasies stig en toesprake hou en hierdie aksie loods en daardie plan vir ’n volkstaat beraam en ons volk se hulplbronne verkwis deur na die een en die ander hof te hardloop en niks daarvan sal slaag, mits God dit so besluit nie. Inteendeel, ons moet versigtig wees om God nie deur hierdie optrede, waarin ons ons heil in ons eie hande neem, vertoorn nie. “WEE die opstandige kinders, spreek die Here, wat 'n plan uitvoer, maar dit is nie uit My nie; wat 'n verbond sluit, en dit is nie uit my Gees nie, om sonde op sonde te stapel; wat gaan om na Egipte af te trek, en hulle raadpleeg my mond nie, om toevlug te soek onder die beskutting van Farao en om te skuil in die skaduwee van Egipte. Maar die beskutting van Farao sal julle tot skande wees, en die skuiling in die skaduwee van Egipte tot smaadheid.” (Jes. 30:1-3).

Ek sê nie dat daar vir ons niks te doen is en dat ons agteroor moet sit en wag dat ons volk moet vergaan nie. Inteendeel – die wekroep is dat ons moet besef dat ons volk in ’n baie benoude situasie is. En daarmee saam gaan die wekroep uit dat ons met opretheid en ywerig ons volk se toestand voor God moet bepleit. Elke een van ons moet in ons eie lewens en rondom ons ons volk na God terug bring sodat ons as ’n volk weer in ’n gesonde verhouding met Hom kan staan en Sy oppergesag oor ons lewens en ook oor die lewe van ons volk sal erken. Ons sal op hierdie wyse God ook om barmhartigheid kan smeek en as Hy op hierdie bedes ag gee en besluit om ons te herstel, is daar geen wese in hierdie heelal wat dit sal kan keer nie. “Ook van vandag af is Ek dit, en niemand red uit my hand nie; Ek werk, en wie kan dit keer?” (Jes. 43:13).

Geliefdes, ons volk se geskiedenis – ons volksplanting, ons Bloedrivier, ons Majuba en soveel ander buitengewone wonders – lewer getuienis van ons volk se heil wat in die palm van God se hand is. Ons volk se heil is, soos alle ander dinge op aarde, ook aan God se oppergesag onderworpe. As hierdie waarheid vir ons ’n frustrasie eerder as ’n troos is, is ons verhouding met Hom beslis nie gesond nie en ek dink dat dit vir die meeste mense wat hulself vandag as “leiers” onder ons volk wil voorhou die geval. Dit verklaar ook waarom hulle “leiding” eindelik in die sand loop.

Laat ons God bid om ons volk se hart ook weer na Hom terug te bring dat ons Hom in opretheid sal dien en liefhê en in waarheid Sy oppergesag ook oor ons volk sal erken, want in Hom lê ons heil en ons krag. “Want so sê die Here Here , die Heilige  van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag;...” (Jes. 30:15).

Amen.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie