1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7591981

Besoekers aanlyn

Ons het 28 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

AVP SE KOMMENTAAR NA DIE 2024 VERKIESING IN SUID AFRIKA

2024 VerkiesingDie AVP dra ons medelyde en simpatie oor aan elke blanke wat in die afgelopeverkiesing gestem het. Die ellende wat u op uself en al u rasgenote vir die volgende vyf jaar op die hals gehaal het sal ongetwyfeld ‘n negatiewe effek op u en u rasgenote in die volgende vyf jaar hê wat onafwendbaar u deel sal wees omdat u in die onwettige stelsel ingekoop het deur daaraan deel te neem! U het u stem goedkoop gemaak deur dit te vermors soos wanneer pêrels voor die varke gegooi word sodat u en ons met u saam, vir nog vyf jaar met u goedkeuring verarm, verguis, verdring, verslaaf en vernietig kan word.

Aan elke blanke wat nie aan die verkiessing deelgeneem het nie, dra ons ons dank oor en verwelkom ons u by die nie-stemmers wat openlik deur verset en weiering om deel te neem aan eie vernietiging en benadeling deur ‘n stelsel wat onwettig op ons afgedwing is. Die kern van die Afrikanervolk wat nou vir die derde maal ons politieke beheer, vryheid en onafhanklikheid ontneem is, maar soos by die vorige twee geleenthede ons vryheid deur verset terug gekry het, moet ons deur veret teen hierdie ongeregtigheid gereed hou om weer daarin te kan slaag!

Die verraad van deelname aan ons vyande se bestel was, is en sal altyd veragtelik bly omdat dit géén bydrae kan maak om ons weer vry en onafhanklik oor onsself te laat regeer nie. Dit was Chamberlain wat na die anneksasie van Transvaal gesê het dat dit onomkeerbaar is! Net so min as wat die vloei van die Vaalrivier omgekeer kan word na sy oorsprong toe, het hy gesê! Ons volk het hom al tweemaal verkeerd bewys! Met behulp van ons hemelse Vader sal ons dit ‘n derde maal doen! Wees sterk en vol moed, u wat nie gestem het nie, maar ook u wat wel gestem het! Ons sal daarin slaag ook vir u en u nageslag al was u ‘n stok in die speek!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie