1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7592000

Besoekers aanlyn

Ons het 23 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

STEMMERSVERDRIET

Klaas WaarseggerUit die staanspoor wil ek sê dat ek nou rêrig geen simpatie het met die stemvee wat wil gaan stem. Jy het nou jou lot verdien. Mag die onreg jou nou teister vir die volgende 5 jaar. Jy het jou ore uitgeleen aan die “moonshot” mense, wat vir jou gelieg het dat hulle die onderduimste politiek van die nuwe Suid-Afrika kan rehabiliteer. As jou verstand swak is sal ook jou liggaam daaronder ly. Ek wil my verlustig in jou lyding.

Gelukkig is daar nou ‘n (N.G.V) nasionale gesondheids versekering op die wetboek geplaas om jou te behandel vir die gedeelte in jou brein wat jy nog nooit gebruik het nie. Elektriese skokterapie is die aangewese behandeling vir jou. Ek sal lag as jou hare orent staan soos ‘n bang kat se rughare.

Verwag jy nou ‘n ander uitkoms van dieselfde kriminele wat herverkies gaan word? Jou deelname aan die verkiesing plaas die skuldlas nou ook vierkantig op jou as persoon. Jy het dit in vervulling gebring. O moenie huil nie, o moenie treur nie, want “Stellenbosch se mafia” kom weer. Die sogenaamde waterskeidings-verkiesing sal geen nuwe werklikheid bring nie, maar slegs dieselfde onregmatige werklikheid herbevestig.

Dit is Afrikaners soos jy wat die Afikaner polities kastreer en dan agterna ‘n slagoffers mentaliteit openbaar. Ek is oortuig dat jy in die volgende 5 jaar sal insien dat Afrikaner belange parralel loop met die totale vernietiging van die DA en VF+. Dit is juis hierdie verlooptes wat die onreg in stand hou met hul dwaashede. Intussentyd kan jy met ‘n Pofadder gaan speel.

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie