1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7591992

Besoekers aanlyn

Ons het 24 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DESTRUKTIEWE GEESTELIKE MIGRASIE

Klaas WaarseggerJeremia 50:6 My volk is verdwaalde skape. Hulle herders het hulle in ‘n verkeerde koers gelei, en agter gelaat om in die berge rond te dwaal. Hulle dwaal rond van heuwel tot heuwel, sonder om te onthou waar hulle rusplek is. Geen wonder dat baie Afrikaners hulle nie meer gebonde voel aan sy volk nie, maar geestelik migreer het na Afrika barbarisme, wie loer kry niks en wie gryp kry ‘n handvol. Die parlementêre elite het nou die grootste risiko geword vir harmonie in ons land.

Drakoniese wetgewing isoleer die Afikaner van selfuiting met selektiewe menseregte en word sodoende in “wettige gevangenis” geplaas, sonder sê of appêl. Die dekadente misleiding van die “herders” het die wese van ons volk verwring en verwar tot ‘n “geestelike reënboognasie”. Afrikaner nasionalisme is gedemoniseer en verruil vir selfontkenning en vreemde oorheersing. Ja, die aandrang is selfversmoring deur die sogenaamde herders. (Verwysend na die blanke Parlementariërs). Ons volksiel word sodoende dood gebloei deur assimilasie en onreg, sonder eie volkslewe of eie land. (Rusplek).

Judas de klerk is dood, maar sy nalatenskap teister en vergruis steeds ons volkslewe. Erger nog, die parlement is nou gelaai met vele ander “de Klerks” by name die DA en Vryheids Foppers (FV+). Die gevaar van volksvernietiging is altyd groter van binne as van buite. (Die adder in eie boesem). Ons parlement het sonder twyfel ontaard in ‘n inrigting vir geestelik versteurdes . Volkshigiëne, volksbelang en landsbelang is nou verdring deur “byderwetse Afrikastrewes” van die demonokrasie.

Die oorgawe na swart oorheersing is die ideologie van die dood. Hul optrede het ons besteel van ons land en eiewaarde as volk. ‘n Bewys van die betekenis van die woord Ideologie, wat in die Engelse woordeboek beskryf word as “fancifull Speculation”. ‘n “Breinvlug” van moderne verwarde politieke denke wat nou bewys is as aangrensend aan politieke kranksinnigheid. Om te berus in aanvaarding van ondergeskikte tweedeklas burgerskap in jou eie land, is hul boodskap aan ons volk. Die hartseerste van verraad is dat dit nooit van jou vyande af kom nie maar altyd vanuit jou eie ras en volk.

Verwerp die DA en VF+ as vaandeldraers en ywerraars vir die 1994 Godlose en bewese vernietigende grondwet. ‘n Grondwet wat alles wat waarde het vernietig. Verwerp hulle met die wrewel wat hul verdien deur nie te gaan stem nie, behalwe as dit wat hulle met hulle samewerking tot nou toe bereik het vir jou aanvaarbaar is!

Selfbeskikking vir die Afrikaner is verwerplik vir hulle, terwyl hulle ‘n geloof voorhou dat die Afrikaner se toekoms veilig is onder swart oorheersing. Wat ‘n siek grap !!

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie