Die grootste politieke dilemma in die nuwe Suid-Afrika is die adder in eie boesem. Hoe op aarde kan jy ‘n probleem oplos as jy deel is van die probleem. Dit is die probleem wat die DA en VF+ aan die blanke kiesers moet verduidelik. Hulle het ‘n eed gesweer om ‘n konstitusie in stand te hou, wat die Afrikaner gestroop het van selfregering. Hierdie politieke eenheid in die parlement moet gesien word as georganiseerde misdaad teenoor die Afrikaner.
Solank as wat die DA en VF+ bestaan, solank sal Afrikaner vryheid daadwerklik belemmer word. Hul aandrang aan die blanke kieser is om hulself in gevangehouding te verdoem. (Selfmoord te pleeg). Hul “moonshot” pakt is ‘n bewys dat hulle eintlik geen politieke standpunt het nie, en bereid is om Afrikaners gevange te hou in swart oorheersing. Enige standput is geoorloof, solank hulle sitplek het op die soustrein. Watter respek kan ‘n mens nou hê vir skelms wat die een ding sê en dan die ander doen.
Om jou hoop te plaas op ‘n koalisie-regering waar jy ook ewigdurend ‘n minderheid is, bring geen uitkoms nie. Die eerbare ding om te doen is om die DA en VF+ polities te vernietig, deur nie vir hulle te stem nie. Die uitkoms van die verkiesing is reeds vooraf bepaal deur die konstitusie, naamlik ‘n kwaadwillige swart bendegoepering.
Wat ‘n vervloeking is dit nie om jou volk bloot te stel aan vreemde kwaadwillige oorheersing. Wat is die doel van ‘n aktekantoor waar jou eiendom wettiglik op jou naam geregistreer is, en dan afgeneem kan word sonder vergoeding? Die DA en VF+ kan dit nie keer terwyl hulle hand om die blaas saam sit in ‘n volksvreemde parlement wat eiendomsreg ophef deur wetgewing. Die strategie van die DA en VF+ is om vir jou te lieg dat hulle kan hond haaraf maak, terwyl 30 jaar se mislukking die teendeel bewys.
Die realiteit is, as jy vir die DA of VF+ stem, jy eintlik ‘n stem in die guns vir die ANC uitbring. Die enigste effektiewe teenkanting is om geen stem uit te bring nie, om die DA en VF+ tot hul sinne te ruk. Die meulsteen om ons nek moet eers verwyder word, voordat die ANC en EFF effektief teengestaan kan word. LW: Die verskil tussen mens en dier is dat diere nooit toelaat dat die domste leiding neem nie. Dié van u wat nie na goeie raad wil luister nie, kan nie gehelp word nie, en bring ‘n ramp oor homself.
KLAAS WAARSEGGER