1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7895469

Besoekers aanlyn

Ons het 51 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

ONS LEWENSLIG

BybelJes. 2:1-22: “Kom, huis van Jakob, en laat ons wandel in die lig van die Here!” (:5) Hoe gepas is hierdie uitnodiging by monde van die profeet Jesaja nie ook virons volk vandag nie. Die profeet rig hierdie wekroep tot sy volk in ’n tyd waarin God se grimmigheid a.g.v. hul ongeregƟgheid oor hul uitgestort word. Die volk Israel het in die tyd van Jesaja, soos ons eie volk vandag, in sy eiesinnigheid en navolging van sy afgode so ver van die Lig beweeg dat hulle in die duisternis verdwaal geraak het.

Hierdie verskynsel is in ons tyd ook baie duidelik waarneembaar. Ons kan self sien hoedat mense meer en meer sukkel om tussen reg en verkeerd te onderskei. Inteendeel, ons sien selfs al hoedat mense baie dinge wat ’n paar dekades gelede as heeltemal verkeerd en onaanvaarbaar beskou is vandag gewoon as heeltemal aanvaarbaar en selfs as “reg” sal beskou. Die rede hiervoor is eenvoudig – die afwesigheid van die ware Lig in die mens van ons tyd se lewe maak dat hulle nie meer kan sien nie.

“Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan, naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligƟng van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.” (2 Kor. 4:3&4). Die gebrek aan liefde vir die Lig in ons tyd is teleurstellend en kommerwekkend om die minste te sê.

Mense se optrede in ons tyd getuig daarvan dat daar nie meer ’n liefde vir die Lig (die Woord deur God self gestuur) is nie. Die dag van die HERE is nie meer belangrik nie. Mense sal eerder op hierdie dag hul tyd daaraan spandeer om hulself op allerhande wyse te vermaak. En by vermaak sluit ek die menige sogenaamde “kerke” in waar mense bloot na moƟveringspraatjies eerder as ware onderrigƟng uit God se Woord sit en luister. Laasgenoemde is maar net ’n ander vorm van vermaak en is ligjare van die ware Godsdiens verwyder omdat dit nie ten doel het om die mens van sy verkeerde weë terug te bring en sy verhouding met God te versterk nie, maar eerder om sy tyd in beslag te neem sodat hy dit nie aan sy verhouding met God spandeer nie. Die Lig van die Woord skyn nie in hierdie plekke nie.

En mense verkies om hul tyd op hierdie wyse deur te bring omdat hulle nie met die waarheid van God se Woord gekonfronteer wil word nie. Mense wil nie hoor dat hulle verkeerd handel nie. Mense wil nie na die Lig kom nie omdat hul in hul lewens verdorwe geraak het en hul liefde vir die Lig uitgedoof is. “Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie.” (Joh. 3:20).

Daar is vir ons net een manier om nie in die duisternis van hierdie lewe te verdwaal nie, geliefdes. En dit is om in die ware lig te wandel. “EN Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.” (Joh. 8:12). Maar wat beteken dit om in die lig te wandel? Dit beteken dat ons genoegsame tyd daaraan sal wy om met erns die Woord van die HERE te bestudeer – m.a.w. dat ons na die Lig sal gaan. Ons behoort dan ook verder nie die regverdigheid en inseƫnge van God deur Sy Woord aan ons geopenbaar te bevraagteken nie, maar eerder ons lewens daarvolgens in te rig.

Sy Woord moet m.a.w. vir ons die bepalende en deurslaggewende maatstaf van reg en verkeerd wees en ons moet in hierdie lig wandel – ons moet volgens hierdie maatstaf van reg en verkeerde elke oomblik probeer leef. “U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad.” (Ps. 119:105).

Mense wat (soos die meeste leiers van die NG Beweging vandag – ons kan dit nie meer ’n kerk noem nie) probeer om alewig debat te voer oor die inseƫnge wat God aan ons in Sy Woord gee en of dit nog in ons tyd van toepassing is en allerhande maniere soek om mense se gehoorsaamheid hieraan te ondermyn, is vyande van die Lig wat hulself daarvoor beywer vir ’n oorwinning van die duisternis oor die lig. Moenie dat hierdie mense u verwar nie, geliefdes.

Moenie dat hulle nuƩelose gestryery by u ’n weersin in die ware Godsdiens wek nie. Dit waarmee hulle besig is, is nie die ware Godsdiens nie! Die feit dat hierdie mense verkeerd met God se Woord omgaan, maak nie Sy Woord verkeerd nie – die verkeerd is by hulle. Moet ook nie agter hierdie soort van mense aan dwaal nie. Moenie dat hulle die ware Lig wat ook u lewe moet verlig, in u lewe verduister nie. U het die voorreg van God se volmaakte Woord tot u beskikking – soek daarin na die lig in hierdie lewe waarin elke mens behoort te wandel en leef daarin, verbly en verlusƟg u daarin! “Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.” (Ps. 36:10).

Amen.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie