1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8406147

Besoekers aanlyn

Ons het 41 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

RAMAPHOSA EN JY

Klaas WaarseggerRamaphosa se uitlating van die padda in die pot het betrekking. Dit kook nou behoorlik in hierdie land en jy is die padda in die pot. Die instelling van ‘n diktatorieële demokrasie is daarop ingestel om sop te kook van jou, eers geleidelik en dan skielik. Mens het nie die wysheid van ‘n Salomo nodig om ‘n afleiding te maak dat in die swart psige leef ‘n beskouing dat witheid die probleem is in die nuwe Suid-Afrika.

Ramaphosa getuig in Amerika dat daar geen plaasmoorde in die nuwe Suid-Afrika is nie, terwyl plaaslike koerante berig van bloedstollende gille van moord en marteling. ‘n Orgie van bloed en lewensvergieting wat daagliks plaasvind. Was daar dalk ‘n rede waarom die kommandostelsel afgeskaf moes word? Klaarbleiklik het die “wit rotte van Afrika” geen aanspraak op beveiliging nie.

Die slagspreuk van “kill the farmer, kill the boer” is deur die howe as geoorloof bevind. Ironies genoeg kan die K-woord jou in die tronk laat beland. Bogenoemde as gegewe, wonder ‘n mens of die volgende ook deel uitmaak van die “wit rot eradikasie” algoritme. Etniese suiwering in alle staatdsdiens sektore. Beslaglegging van blanke eiendom sonder vergoeding. Kriminalisering van die blanke geskiedenis. Onveilige toestande op plase, dorpe en in die strate om blanke emmigrasie aan te moedig. Kader ontplooing om die wette van die land te manupileer. BEE wetgewing om blanke ondernemings te onteien.

Die lys is feitlik oneindigend. ‘n Skrikbewind word gevoer teen die blankes, toegedraai in ‘n kleed van demokrasie. ‘n Haglikheid sonder gelyke het ontstaan onder ANC bewind. Belydenisse van die “beste grondwet in die wêreld” slaag nie eers die lagtoets nie. Dit is juis die grondwet wat jou as padda in die pot laat kook. Die gekoesterde integrasionêre demokratiese samelewing het misluk omdat geen mens met hulle kan saamleef nie.

‘n Antiwit rassisme het die politieke temperatuur drasties laat styg tot kookpunt die afgelope 30 jaar. Robert Mugabe het reeds die voorbeeld gestel met wat met jou gaan gebeur onder hierdie vervloekte regime. Jou stem in die komende verkiesing gaan niks verander nie, inteendeel, jou deelname gee goedkeuring aan die politieke orgie wat uitspeel. Indien jou stem iets sou beteken, sou jy nie toegelaat gewees het om te stem nie.

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie