1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7374867

Besoekers aanlyn

Ons het 28 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

SUID AFRIKA SE FINANSIËLE TOESTAND ’N BEWYS VAN DIE SWARTREGIME SE REGEERVERMOË

StaatskuldStaatskuld het reeds rekordvlakke bereik en styg teen 'n kommerwekkende tempo. Dit beteken skulddienskoste oorskry nou R1 miljard per dag, aldus Dawie Roodt. Indien hierdie toestand, waar die regime elke dag een miljard rand moet opdok om net die rente te dek vir hulle opbouende skuldlas, verg dit nie baie verstand om te kan sien waarheen hulle met Suid Afrika oppad is nie!

Tensy daar aansienlike ekonomiese groei is of die staat besteding drasties besnoei, stuur die land af op finansiële moeilikheid.

As daar 'n werklike risiko is dat die regering nie sy skuldterugbetalings nakom nie, sal plaaslike banke huiwerig wees om voort te gaan om die staat se stygende skuld te finansier.

Dit kan op sy beurt veroorsaak dat die Suid-Afrikaanse regering in gebreke bly tensy hy 'n alternatiewe inkomstestroom vind. As gevolg van die banke se groter blootstelling aan staatskuld, kan so 'n gebeurtenis 'n ernstige ontwrigting vir Suid-Afrika se finansiële stelsel veroorsaak.

Met dit alles gesê, verhoog hierdie onkundige en onbevoegde klomp rampokkers die gewone ongeskoolde arbeiders se minimumloon wat niks anders as ongekende werkloosheid gaan skep aangesien die blanke werkgewer wat alreeds nie meer kop bo water kan hou nie, nie hierdie toenemende werksmag sal kan bekostig nie. Die onvermybare gevolg is verhoogde misdaad.

In terugskouing is dit tragies om te dink dat die blanke regering van de Klerk en almal wat hom ondersteun het, ongevoelig was vir die insig van die Verwoerd era se politieke vêrsig en kundige beleidsbepalings. ‘n Goeddeurdagte benadering wat in belang van al Suid Afrika se inwoners, groei, vooruitgang, voorspoed, veiligheid en veral internasionale respek vir die Afrikanervolk se regeervermoë in teenstelling met dié van die res van Afrika tot gevolg gehad het.

Die humanistiese “menseregretoriek” wat veral vanuit die kerke gebruik is om ons denke te verander, se gevolge lê in puinhope rondom ons, vir almal wat nie blind is nie om te sien!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie