Die begin van hierdie artikel onder die opskrif: ‘n OORLOG SONDER KOEËLS …. WAAR HET DIT BEGIN? Word deur Totius in besonderheid vanuit die Skrif verder belig sodat daar géén twyfel by u sal bestaan dat skeiding ‘n sonde word wanneer dit tot eenmaking gedryf word! Om net weer die draad op te tel, gaan lees weer die eerste artikel wat onlosmaaklik aan hierdie tweede deel verbind is!
Mag hierdie “sitaat” rigting in u en u kinders en hulle kinders se lewens vestig met die “ontbreekte” toerusting om u beginselstandpunt oor rasseskeiding nie net te regverdig nie, maar ook die sondigheid van die teendeel daarvan te kan uitwys! Daarmee is die skeldterm van “rassisme”, soos deur ons vyande misbruik, ook in die doofpot gestop! (Danie Varkevisser Afrikaner Volksparty)
vervolg op deel 1 ...........
(5) Hulle was oortuig dat hulle as nasie moet voortbetaan orn die wonder van God tot in lengte van dae te verkondig. Hulle was oortuig dat hulle ‘n roeping het vir Afrika die lig wat in die noorde uitgedoof is, moet as fakkel uit die suide weer ingedra word.
Hulle was oortuig dat hulle Trek ooreenkomstig die bestel van God was.
(6) Hulle was oortuig dat die naturel as eie tipe bestaan en dat in en uit sy aanleg geen Hollandse of Engelse kultuur geskep moet word nie.
(7) Hulle het gegroei in die oortuiging dat uit die naturel geen Hollandse of Engelse Christen gemaak moet word nie. In die
ChristeIike kerk sal hy sy eie tipe verteenwoordig. Uit dit alles trek ek hierdie konklusies:
Ten eerste. wat God saamgevoeg het, moet die mens nie skei nie. Dit is die kern van ons pleidooi vir volkseenheid. Wee oor ons as ons toelaat dat ‘n wig in ons eenheid ingedryf word; en wee oor hulle wat ons wil verdeel. Hieroor sal ek nou nie verder uitwei nie.
Ten tweede mag ons ook nie saamvoeg wat God geskei het_nie. In die pluriformiteit word die raad van God verwerklik. Die hoëre eenheid lê in Christus en is geestelik van aard. Gevolglik wil ons geen gelyksteiling en ook geen verbastering nie.
Gelyksteiling openbaar die Babiloniese plan van gelykmaking wat deur God in die vlakte van Sinear verydel is. Gelykstelling waar geen gelykheid moet wees nie. is mensewerk. Gelykheid in die sin van dooie eenvormigheid bestaan daar dan ook nie onder die nasies nie. Ons vind op aarde kultuurvolke van verskillende range naas wat ons kortheidshalwe natuurvolke sou kan noem. Ons vind volke met 'n heidensc kultuur naas die met 'n Christelike kultuur. Ons vind in groot groepering die wit, geel en swart ras. En dit is nie maar uitwendige kleursel nie. maar dieper lê ‘n “geestelike aanlegverskil" soos Waardenburg opmerk in verband met die stryd tussen Ariër en nie-Arier
(1) Dr. Badenhorst het dan ook goeie grond om te skrywe: “Dat die geestlike verskille tussen rasse bestaan. ontken niemand"
(2) Die leuse van die Franse Revolusie van 1789, in die sin waarin dit toe bedoel is, kan ons nie aanhef nie. "Vryheid. gelykheid en broederskap" verstaan ons as Christene heeltemal anders. Hierdie punt kan ek egter nie nader uitwerk nie. Alleen moet ek opmerk dat díé leuse glad nie verouder is nie. Nog onlangs het ek gelees van ‘n spoedige aankondiging van die Vierde Franse Republiek wat deur ‘n gesaghebbende in vooruitsig gestel is en waarvoor dan volgens hom dieselfde leuse van vryheid, gelykheid en broederskap as motto diens sal doen, alleen met die byvoeging van “Of die Dood." Uit hierdie byvoeging blyk met watter gedetermineerdheid opgetree sal word. Dan, die Komintern is wel as liggaam ontbonde. maar die gees daarvan Ieef nog gedug voort. "Watter gevaar dit spesiaal vir Suid-Afrika meebring, is in sy voorspookseis al te sien, hoewel geen mens nou al kan bepaal watter omvang dit sal aanneem nie. Ons kan alleen maar vrees, werk en bid.
Geen gelykstelling nie, maar ten tweede ook geen verbastering nie. In hierdie verband moet ek noodsaaklik melding maak van die uitnemende brosjure van ds. J.G. Strydom oor “Die Rassevraagstuk en die toekoms van die Blankes in S.A." Elke huisgesin behoort ‘n eksemplaar daarvan in sy besit te hê. Hoor nou net hierdie paar klinkende sinne wat op my onderwerp betrekking het.
“Dit is treffend dat die beleid van apartheid, soos hierbo genoem. veral aangetref word in dié dele van die wêreld waar die Protestantse geloof die toonaangewende is, Waar blankeinense wat die Roomse geloof toegcdaanis, in wêrdddele ingetrek het waar daar gekleurde primitiewe rasse woon, daar het die ander beleid, naamlik die van sosiale gelykstelling en assimilasie of samesmelting plaasgevind, met die gevolg, soos die wetenskap en geskiedenis vandag die bewys lewer, dat die boere of beskaafde ras altyd verdwyn het. Ons het treffende voorbeelde in die Wes Indiese Eilande, Mexico en die republieke van Suid-Amerika. Was Jan van Riebeeck en sy mede koloniste Rooms-Katolieke, dan was daar nie meer vandag ’n suiwer blanke ras in Suid-Afrika nie” (bl. 30). En dan nog hierdie sitaat: „Die beleid van Assimilasie word grotendeels gevolg in die dele waar die Roomse nasies die oorhand het. Vandaar dat Afrika vir die blankes altyd ‘n gevaarlike land is en was. Die blankes in S.A. is die enigste van al die nedersettings in Afrika wat hul identiteit bewaar het vir sowat drie eeue. In vroër eeue het Afrika nog altyd die blanke nasie ingesluk —sodat dit mettertyd verdwyn het”, (bl. 31). Ds. Strydom onderskryf dus die gevoele van die Duitse geleerde wat Afrika 'n swart moeras genoern het, Ons as Protestante, sowel hier as in die Suidelike State van Noord-Amerika, onderskrywe dan ook van harte wat dr. Badenhorst sê: "Wie in die gees van die geopenbaarde Wil van God vir rassuiwerheid staan, suiwerheidvan die ras as sodanig, sondig nie”. (a.w, bl. 116).
Hoeseer die Skrif teen alle onnatuurlike vermenging gekant is, blyk uit die burgerlike wette deur Moses op die bevel van God gegee: "Jy mag in jou wingerd nie twee soorte saad saai nie. Jy mag nie met ’n os en ’n esel tegelyk ploeg nie. Jy mag geen gemengde stof, wol en linne tegelyk aantrek nie. (Deut. 22:9-11). Volgens die parallelle plek in Lev. 19:19 waarby Strack in sy kommentaar aanteken: "God het die diere sowel as die plante elkeen na sy soort geskape. Hierdie in die natuur bestaande ordening moet in ag geneem word.” Hoeveel te meer geld dit van mense. Alhoewel die mens slegs een soort is, die blanke en naturel so ver van mekaar verwyder, dat ’n huwelik tussen die twee inderdaad ’n mengsel genome kan word. Hier geld die woord van die Here by die skepping
van Eva uitgespreek. “Ek sal vir hom {vir die man) ’n hulp maak wat by hom pas” (Gen. 2:18). ’n Verbintenis soos dié van Van der Kemp met ’n swart slavin was dan ook onpaslik, om nie te sê onnatuurlik nie. Ons bring dan ook eresaluut aan ons stamouers wat hierdie soort ding as ’n gruwel vermy het. Sodoende het hulle voorkom dat ons gaandeweg in die swart moeras versink het. Sodoende het die bestel van God met ons volk sy vervulling bereik. Laat ons dankbaar wees dat God hierdie intuïtiewe insig in die harte van ons vaders gewek het. Anders het die blanke verdwyn en die nature! was nie gebaat nie. In elk geval is die gejaag na gelykheid ’n fiksie, ook al omdat die blanke in Afrika staan soos een teenoor tienduisende. Die kommunisme hoef dan ook maar net die oorhand te kry om te laat blyk hoe die gelykheid in hierdie opsig in ’n onsettende ongelykheid kan ontaard. Ons moet dink aan die woord van ’n negerleier wat gesê het: "Die tyd moet uit wees dat die neger die skoene van die blanke lek. Die Europese volke is afgeleef en het hulle tyd uitgedien. Hulle sal nie meer die wêreld regeer nie, maar aan die hoof van die volke gaan die swart ras, nog jonk, gaaf en vol toekoms.” (Christ. Ecyclo. s.v. Ras) 2).
Die diepe sin van hierdie gebooie ontvou ds. J. van Andel. ’n bekende Skrifgeleerde in Nederland. IIy sê “So sterk prent die Wet die besef van suiwerheid in dat dit aan die Israeliet elke handeling verbied wat ’n deureenmenging bevat wat in die oorspronklike orde in soort vaneengeskeie is.
Sekerlik doen die wet dit met die Bedoeling om alles te voorkom wat die besef van suiwerheid kan ondermyn. So moet bv. verklaar word die verbod om op een akker tweërlei saad tesaai (Lev. 19:19), om in een kleed tweërleí stof deureen te weef (Deut. 22:11)... om ’n os en 'n esei te span voor een ploeg (Deut. 22:10), om ’n kleed van die ander geslag aan te trek (Deut. 22:5). Ons sien dan ook dat bewustheid van onderskeidinge onder Israel tot ’n hoë graad van heldetheid styg en daar waghou oor elke onnatuurlike vermenging van wat ongelyksoortig is. We! moet ons ook hierdie wenke ter harte neem. Onder die invloed tog van ’n oorspronklike beskawing wat die sin vir die natuurlike orde en die oorspronklike eienaardighede verswak, begin daar iets onnatuurliks, wat maklik in die teennatuurlike kan omslaan, in ons tydgees asem te haal. Die ooreenkoms word duideliker as die verskil gevoel; op die gelykheid word meer nadruk gelê as op die verskeidenheid; die mens wil alles naas mekaar stel en op gelyke voet bring. So dreig die gevaar dat netnou, onder die invloed van die vrygemaakte vlees, die ewige orde van die dinge uitgewis word en die wêreld homself in slyk en modder verstik.
(De Mozaische Wet, bl. 81). In verband met die laaste woord moet die leser dink aan wat oor Afrika as moeras aangehaal is.
Die krasse woord open ’n donker vooruitsig waaromtrent ek, op grond van die profetiese Skrif, veel meer sou kon sê. Maar dit sou my te ver weg voer. Ek bepaal my dus tot die teenswoordige en vestig u aandag ten slotte op wat Paulus skrywe in 1 Kor. 7:18-24. Ek doen dit enigsins uitvoerig, 1, om te verduidelik wat in die algemeen op Skriftuurlike gronde ons roeping is ten opsigte van die naturelle en wederkerig hulle roeping teenoor ons en 2, om klem te lê op die besondere betekenis van die woord “ roeping" soos die Skrif dit vertolk.
Van die aangehaalde verse sê prof. Grosbeide in sy verklaring (wat deurgaans deur my gevolg word) dat die daarin genoemde gevalle, naamlik besnydenis en slawerny, “gevalle is waatin iemand maklik daartoe kan kom om nie in die eerste plek na die roeping op te sien nie, maar om te strewe na verandering van aardse lewensomstandighede. Dit kan wees dat iemand as besnedene, dus as Jood, geroep is, dan... moet hy nie poog om die besnydenis ongedaan te maak nie. Omgekeerd moet ook iemand wat as onbesnedene, d.w.s. as Heiden geroep is, hom nie laat besny om aldus eers Jood te word nie.” (Vs. 18).
Ek maak daarop attent dat die woorde “roeping" en “roep" agt maal in die kort perikoop voorkom. Dit is dus die hoofsaak, In vs. 19 verduidelik Paulus dan ook dat dit nie die kwessie is: Jood of heiden nie, maar dat die geroepene die gebooie van God onderhou. Dit word in vs. 20 meer algemeen uitgedruk: „Laat elkeen bly in die roeping waarin hy geroep is." Nou kom die besondere punt van die slawe. Natuurlik wou hulle graag vry wees, al het bulle dit in Griekeland nie al te sleg gehad nie. “Daar is ook niks teë nie, maar waar wel iets teë is, is dat hierdie pogings om vry te word soseer die een en die al sou word, dat daardeur die roeping nie die boofsaak meer sou wees nie. Paulus betoog: “Trek julle daar niks van aan nie, slawe, dat julle as slawe geroep is nie, as julle maar geroep is. En wanneer julle vry kan word, goed, maar laat dit dan tengevolge hê dat julle nog meer gebruik van julle roeping maak" Hierdie enigsins moeilike vers vertaal Grosbeide dan ook: maar stel dat ge vrij kunt worden, maak dan van u roeping te meer gebruik.
Vs. 22 verduidelik nog verder. In Christus geld die wonderbare. Die slaaf, deur Christus vrygekoop, is ’n vrygelatene van die Here; en die heer (vryman) deur Christus vrygekoop, is ’n slaaf van Christus. Die diens van Christus is die hoogste vtyheid. Die slotsom is dus: Moenie slawe van mense word nie (vs. 23). En dan die einduitspraak: Laat elkeen broeders, in die staat waarin hy geroep is. daarin bly by God. (vs. 24). God roep. Hy doen dit op 'n bepaalde wyse. Die wyse kan verskil, maar dit is altyd ’n roeping van God. En daaraan moet elkeen hom hou."
Waarom het ek so lank by die perikoop stilgestaan? Hier is ’n boodskap vir die vryman, maar ook vir die diensbare van alle eeue. Slawerny is, dank aan God, afgeskaf. Dit was 'n gruwel. Hier het die Christelike beginsel deurgewerk. Desondanks bly daar egter ’n onderhorigheid, ’n sosiale gesag, ’n verskeidenheid van staat (status). Ten opsigte van die naturelle spreek ons meer van die Christelike voogdyskap oor hulle. Nouwel, mede-Afrikaners, hier is ’n enig-hoë boodskap van God, naamlik om die naturel in sy onmondigheid en onderhorigheid op te kweek. Gelukkig is dit n feit dat ons owerhede meer vir die naturelle doen as wat elders in Afrika geskied. Oor wat die Kerke doen, sal later gespreek word. Maar ons moet dit sien as ’n heilige roeping van Godsweë. Daarmoet gebed wees om die wysheid wat van bo is. Die heerlike God wat ons vaders gelei het as fakkeldraers vir swart Afrika, sal ons ook lei en besiel om onder miskien nog swaarder omstandighede liggewers te wees waar die donkerheid nog sy spore gelaat het.
Maar hier is ook ’n enig hoë boodskap wat onder die naturelie uitgedra moet word. Ons moet hulle laat verstaan dat hulle geen slawe van mense moet word, allermins van kommuniste nie. Kommunisme gaan weer slawerny wees, nie vir een deel slegs nie, maar vir almal. Die gekleurdes moet naturelle-Christene word, inderdaad vrygemaak deur Christus. Dan sal hulle nie strewe na revolusionêre verandering van aardse omstandighede nie. Hulle sal dan vra: Wat is ons roeping. En Paulus sê: Dit is die onderhouding van die gebooie van God. Dan alleen is hulle waarlik vry, wat die bykomstige omstandighede ook al mag wees.
Maar ek vrees, toehoorders, dat ons nie diep genoeg besef wat die Bybelse sin van 'n roeping is nie. Veroorloof my dus om u ten slotte na die hoogtepunt te lei van wat tot hiertoe gesê is. Vergewis u dan wel van die feit dat Paulusby die botsing van meninge, by die padsoekery in die donker, tot agtmaal toe die hoë woord “roeping” gebruik. Dit is ons ligbaken.
Hierdie woord “roeping” klink as krygsmusiek in die ore van elke Calvinis, dit is eintlik sy woord. Krygsmusiek dien om die stryder in opgewekte stemming te bring, om hom, vermoeid en moedeloos, tot vernude kraginspanning aan te wakker, Ek is geroep, en ek is ’n geroepene — hierdie gewisheid dien om ons opnuut aan te vuur.
Mense wat die “vrye wil” drywe, spreek liefs nie van roeping nie. Vir hulle het die woord iets onvrys, iets gebondens, iets gedwonge haas, Want kyk, ’n adjudant wat deur sy generaal geroep is en ’n opdrag ontvang, is geen vryman meer nie.
Uit onsself wil ons liewer “los” bly. Die mens van ons eeu veral wil hom nie laat bind deur iets wat van buite af kom nie. Vandaar dat hy by voorkeur spreek van “ooreenkoms, wilskeuse, afspraak, wenslikheid.” Hy wil gelei wees deur eie insig van goed en kwaad of eie gevoel van lus en onlus. ’n Ander moet nie sy heer en meester wees nie.
Daarom sê Samuel aan Saul: “Gehoorsaamheid (aan die stem van die. Here) is beter as slagoffer”
Vat dit streng en diep op. Ons handel hier nie oor ‘ n kleinigheid nie. Nee, dit sny dwarsdeur murg en gebeente, dwarsdeur siel en gees, dit laat ons met bewende erns voor God verskyn. Met alle eiewilligheid is dit dan gedaan. Soos iemand dit so kras uitgedruk het; "As iemand die taak ontvang omtwintig jaar lank aan ’n sondaar die Evangelic te bedien, moet hy dit doen. As ’n mens die opdrag kry om 20 jaar lank aan ‘n siekbed te sit om iemand op te pas, is dit sy “godsdiens.” Nooit moet ons iets doen, as God dit nie sê nie. Ons het selfs nie die reg om te dien of onsself te verloën nie, as God nie roep nie. Wie volgens eie opvatting sy lewenstaak volbring is die broeder van ‘n remonstrant of pelagiaan. Die Skriftuurlike woord roeping sê met oorweldigende krag: God wil en daarom moet ek. Vir willekeur, traagheid en selfgenoegsaamheid is daar geen plek meer nie.
Daar het al soveel drangroepe tot ons volk uitgegaan. Hier is nou die kragtigste drangroep. Ons is dankbaar dat die F.A.K. ons tot hierdie Kongres opgeroep het. Dit is die openbaring van die regte waaksaamheid. Sal die ganse blanke Suid-Afrika nou gaan luister, nou ter harte gaan neem en die drangroep in dade gaan omsit?
1)(Dr. P. J. Wutdcnburf. f!«t RuwnvrMgUuk m omen Tijd, bl. 14.Ut. F. G. Badenhont. Die Rwevraeettuk M 19
2) Liewer stel ons hierteenoor die wóorde van ’n ander negerleier, Booker Washington, wat gesê. het: In alle dinge wat puursosiaal is, kan ons geskeie wees soos die vingers, nogtans een soos die hand in alle dinge wat essensieël is ten opsigte van gemeenskaplike vooruitgang." Met betrekking tot vermengery deur middel van huweliksverbindinge kan ons ook die bevel aanhaal dat Israel horn nie. mag verswaer het nie met die Kanaanitiese volke. -(Deut. 7:34).