1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9961181

Besoekers aanlyn

Ons het 143 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

‘n OORLOG SONDER KOEËLS! WAAR HET DIT BEGIN?

TotiusDie AVP poog om lig te werp vir die ongelowige en oningeligte postmoderne Afrikaners wat met skuld belaai is oor ons Afrikanervolk se rassebeleid van Afsonderlike Ontwikkeling. ‘n Bybelfundeerde beleid wat verketter is deur die Engelse, Jode en veral liberale predikante wat dr. D.F.Malan se slagspreuk van Apartheid in 1948, wêreldwyd as ‘n euwele beleid wat so euwel is dat dit as ‘n misdryf teen die mensheid, wat strafbaar is met die dood, voorgehou is!

Vir die ware Afrikaner nasionalis was dit egter van meet af aan Bybelsverantwoordbaar  en ‘n antwoord op God se skeppingsorde as teenvoeter vir die sondige Babeloniese eenmakingsbenadering waarvan ons die gevolge vandag beleef! Ons plaas dit vanweë die lengte daarvan in twee aflewerings. Let daarop dat hierdie aanslag sonder koeëls reeds in 1944 op ons volk aangelê is en uiteindelik sukses behaal het met die moord op dr. H.F.Verwoerd op 6 September 1966! Hoeveel nader aan 666 wil u kom?

Die Godsdienstige Grondslag van Ons Rassebeleid

"Referaat gelewer op die „Volkskongres oor die Rassebeleid (1944)

deur prof. dr. J. D. du Toit.

"Gee my ’n Bybelteks, sê die teenstander van ons kleurbeleid, "’n Teks wat bewys dat segregasie in ooreenstemrning is met die uitsprake van die Heilige Skrif.

“Ek het geen, teks nie,” is my antwoord.

“Dan het ek die pleit gewen, sê die voorstander van gelykheid. "Ek het ’n teks. In Kol. 3:11 staan: Waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Scith, slaaf, vryman is nie; maar Christus is alles en in almal.”

Ek antwoord: Dit is geen bewys nie. Ter plase sal dit dan ook nader gedemonstreer word.

Verder sê ek aan die teenstander: "n Teks het ek nie, maar ek het die Bybel, die hele Bybel. My bewysvoering sal gaan van Genesis tot Openbaring; so moet ons bewyse uit die H. Skrif aanvoer.”

Voorlopig laat ek die teenstander met sy teks buite bespreking om hom later verder te woord te staan.

Ek begin met die eerste bladsy van die Skrif, God sal n kosmos skep, ’n skone eenheid. Hoe tree Hy op? As Hammabdil, d.w.s. as Skeidingmaaker. Al dadelik lees ons van die eerste dag: ,,God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis (Gen. 1:4). Aangaande die tweede skeppingsdag staan
geskrywe: "God het gesê: Laat daar ’n uitspansel wees tussen die waters, en laat dit skeiding maak tussen waters en waters”. (1:6). Dan volg op die derde dag die skeiding tussen droë grond en die versameling van waters, die see (1:9. 10). Op die vierde dag kom die hemelligte te voorskyn: Om te  heers oor die dag en oor die nag, en om skeiding te maak tussen die lig en dieduisternis” (1:18). Op die vyfde dag skep God die lewende wesens wat wemel in die waters volgens hulle soorte en al die gevleuelde voëls volgens hulle soorte (1:21). Dus weer 'n onderskeiding, en dit hou tot vandag toe stand wat die evolusíe ook al redeneer ten gunste van die eenmaking. Dit is en bly soorte. ‘n Kloof is daar gevestig. en vir dié kloof is daar geen brug nie. Ten laaste word van die sesde dag dieselfde gemeld, nl. die skepping van die diere volgens hulle soorte (1:24). Ja, ook die mens, die hoogste van die werk van God, kom in onderskeidenheid te voorskyn: Man en vrou het Hy hulle geskape" (1:27). Dan word alles beseël met die woord: "Toe sien God al wat Hy gemaak het en dit was baie goed" (1:31). Geen enerleiheid maar menigvuIdigheid: en dit bly so ondanks alle teëstribbeling van die mens.

By die skepping van alle dinge dien die Here Hom dus aan as Hammabdil, as Skeiding-maker. Dit is 'n groot woord met groot betekenis vir ons onderwerp. Daarop kan ons veilig verder bou.

Die massa geskape dinge kom derhalwe nie deurmekaar in aansyn nie. maar elkeen word afgesonder in sy eie kraal. Dit is dan ook wat die woord segregasie volgens sy afstamming te kenne wil gee.

Wat hier allermees van belang is, is dat plante en diere in ..soorte" gegroepeer word, geskeie van mekaar en tog weer een onder die versamelnaam plante en diere.

Maar dan die mens is by hom ook soorte aanwesig kragtens skeppingsordinansie? Daar staan alleen dat God die mens "man en vrou geskape het." Vandaar dat Paulus aan die wysheidsmense in Athene kon sê: "Hy (God) het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak." Die skeppingsdaad is die ..een bloed." Maar let daarop dat daaruit in die weg van die voorsienigheid van God .. al die nasies van die mensdom" voortgekom het dus nie n hoop mense sonder onderskeid nie. Paulus voeg dan ook hierdie belangrike woorde aan sy uitspraak toe: "Om oor die hele aarde te woon. terwyl Hy (God) vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het." (Handl. 17:26).

"Om die aarde te bewoon” hiermee gryp die apostel na die bevel terug: "Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde (Gen. 1 ;28), 'n bevel wat na die Sondvloed letterlik herhaal is toe God aan Noag en sy seuns gesê het; "Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde”. (Gen. 9:1).

Wat wil dit sê? "Vul die aarde” beteken, trek, en trek beteken: nasiewording: Eers toe ons vaders die lae lande by die see in die omtrek van Kaapstad verlaat het en getrek het na die hoër geleë binnelande van S.A., het ons n nasie geword. Wat toe begin is, het die Groot Trek voltooi.

Deur die bevel: "Vul die aarde het God sy goedkeuring aan nasiewording geheg. vandaar dat Paulus kon sê dat God uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak het.

Maar nou kom die mens met sy eiewysheid. Voor die Sondvloed al het die geslag van Set met die geslag van Kain gemeng. Toe het die reuse gekom en oor die voorsondvloedse wêreld het die geweld losgebreek wat oorsaak was van die strafgerig.

Maar na die Sondvloed het dié  eiewysheid en verset teen die bevel van die Here nog kwaaier te voorskyn getree. In die laagte van Sinear het die toringbouers van Babel vergader en uitgeroep: Laat ons nie verder trek nie. Laat ons bymekaar bly. Ons spreek een en dieselfde taal.  Ons moet een nasie bly. As ons uitmekaar gaan, word ons swak. As ons saamstaan, kan ons n toring bou waarvan die punt die hemel raak.

Nou kom die Here weer as die Skeidingmaker Hy sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming. (Gen. 11:6). Deur taalverwarring "het die Here hulle (toe) oor die hele aarde verstrooi.” (11:9).

Hier gee ek nou ’n merkwaardige sitaat uit die ..Gemeene Gratie” van dr. A. Kuyper. Hy skrywe: "Toe onder die Kaapse Boere die sogenaamde ,trek opgekom het, het die neiging om te .trek allengs n hele menigte aangegryp . . . Nou van agter voel dan ook elkeen hoe in die ,trek' van die Kaapse Boere, sonder dat iemand dit vermoed het, ’n mag deur God gewek is wat die hele toekoms van Afrika en ten dele selfs die geskiedenis van die wêreld beheers. Nouwel, so ’n ,trek’ is juis die teendeel van wat in Sinear se vlakte geopenbaar is. Ook  toe moes hulle trek, maar hulle wou nie; hulle stel hul nou uit beginsel en met voorbedagte rade teenoor die beginsel van trek. Nie ,trek nie, maar bymekaarbly was die wagwoord en soos nou van agter wel toegestem sal word dat die Kaapse  Boere die bestel van God sou weerstaan het, as hulle nie uitgetrek het nie, eweso het die toenmalige geslag in die vlakte van Sinear die wil van die Here weerstaan deurdat hulle hul nie wou versprei nie."

Ek noem hierdie sitaat merkwaardig, omdat dit my, en seker u ook, ontnugter het. Hier is iemand uit Nederland aan die woord wat dit ons kom sê dat in die Trek van die Kaapse Boere (soos hy hulle noem) n mag deur God gewek is wat die hele toekoms van Afrika beheers. Wat is egter die feitlike toestand? Nie alleen dat liberaliste, wat niks van die Trek verstaan het nie en stil tuis gebly het, die Afrikanernasie die les in die verlede wou leer nie, maar vandag nog wil die liberaliste ons vertel hoedanig ons as volk moet wees en hoedanig ons moet optree, en dit terwyl ons vaders altyd besig was en ons, na ek hoop, besig wil wees om die bestel van die hoë  God uit te lewe!

Dit terloops in verband met die toringbou van Babel. Ek hoop nog weer op die  liberaliste terug te kom. Verdere ondersoek van die Skrif  leer ons dat ten opsigte die vermeerdering van volke ’n Goddelike en menslike faktor onderskei moet word. Enersyds is dit God die Here wat die mense uit Babel vandaan ,,oor die hele aarde verstrooi" (Gen 11:9), en andersyds is dit die nasies op die aarde wat hulle verdeel het na die vloed." (Gen. 10:32). In Genesis 10 vind ons dan ook die sogenaamde "volkeretafel" wat ons laat sien hoe die volke hulle aanvanklik op die aardbodem gevestig en die skeppingsbevel ten uitvoer gelê het. In die godsbevel lê die die wet van vermenigyuldiging wat aan die mensheid geleentheid gee om in verskillende volkstipes uiteen te gaan, terwy] dit alles geskied onder beskerming van sy voorsienigheid en onder bevrugtiging van die “algemene genade”. Elke nasie het ’n roeping om na te kom, en dit sal duur tot die voleinding toe. Jesus voorspel dit in sy profetiese rede as hy sê: "Die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander" (Mat. 24:7). Selfs van die ryk van heerlikheid staangeskrywe in die Openbaring van Johannes: "En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan (van die nuwe Jerusalem) wandel".  (Openb. 21:24).

Die volke moet hulleself dus handhaaf, en dit teenoor die Babiloniese gees van eenmaking. Die  wording van nasies en Koninkryke dra die goedkeuring van die Skrif weg, maar nie die vorming van wêreldryke (Empires) nie. Daarom word hulle (die wêreldryke) as diere in die Skrif geteken (Dan. 7), magte wat oorweldig, nasies opsluk en grense, wat God gestel het, tot niet maak.

Elke keer duik die Babelgedagtes weer op, totdat uiteindelik die anti-Christelike kombinasie gesien sal word, koninkryke wat hulle mag sal oorgee aan die dier en een gesindheid sal hê. (Openb. 17:13).

Nou is dit die tyd om die humaniteitsmense te woord te staan wat met die oog op gelykstelling van blank en gekleurd, met die oog ook op assimmilasie van nasies, Kol. 3:11 aanhaal: "Waar daar nie Griek en Jood, besnedene of onbesnedene, barbaar, Scith, slaaf, vryman is nie; maar Christus is alles en in almal". Ongelukkig vir diegene wat hulle vir die eenmakingsgedagte op hierdie apostoliese woorde beroep dat die Griek en Jood, die barbaar en vryman nog altyd daar is! Selfs die slaaf ontbreek nie, ook al is slawerny afgeskaf. Die Evangelie moet volgens hulle, in hierdie opsig ’n mislukking gewees het.

Maar lê nou naas Kol. 3:11 die parallelle plek Gal. 3,28 en die ongerymdheid van die liberalistiese verklaring blyk des te meer. Daar staan: Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man of vrou nie; want iulle is almal een in Christus."

Hoe nou? Ook nie meer man of vrou nie! Maar dan moet Paulus hier erg met homself in teespraak kom altans as die liberalis se verklaring van die genoemde. verse reg is. Want, kyk, in 1 Kor 11:2-16 voer Paulus juis 'n kragtige pleidooi dat die vrou van die man onderskeie moet wees tot in die drag van haar hare toe! Die apostel bepaal nie presies hoe lank die vroue se hare moet wees nie. Wat hy veroordeel is dat die vrou in haar drag aan die man gelyk wil wees. Die oplossing lê in die sleutelwoord in Christus. Wie in Christus is, is geestelik een, al bly die aardse onderskeidinge bestaan. So is die geval ook met Jood. Griek en barbaar.

Niemand sal dan ook wil beweer dat die gelowige naturel nie die nuwe lewe in Christus deelagtig mag wees nie. So verval dan die tekste in die betekenis wat 'n sogenoemde humaniteit daaraan wil vasknoop. Meteens het ons ook daarteenoor die hele Skrif gestel.

Nou kan ons met die betoog voortgaan. En dan stel ons voorop die woord wat Paulus by sy eerste sendingreis in Listre uitgespreek het: "Hy (God) het in die tye wat verby is. toegelaat dat al die nasies in hulle eie weë sou wandel, al het Hy Homself nie onbetuig gelaat nie, deur goed te doen, van die hemel vir ons reën en vrugbare tye gee, en ons harte met voedsel en vrolikheid te vervul". (Hand. 14:17).

Die heidene het in hulle sondige weë voortgegaan en tog was die Here vir hulle goed. Sommige volke het tot hoë bloei opgeklim en baie gepresteer ten opsigte van wetenskap en kuns, sowel as op die gebied van uiterlike beskawing en regswetenskap. Ek behoef alleen maar die name van Egiptenare. Babiloniërs, Grieke en Romeine te noem. Maar hulle het ook tot diepe verval gekom soos Paulus dit beskrywe in Rom. 1 :22-32. daarom het die oordeei van God oor hulle gegaan,
omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is". (Rom 1.19). In hulle was wat Calvyn genoem het "die saad van die godsdiens”. Ja, sê hy, dat die oortuiging dat daar 'n God bestaan van nature almal aangebore en inwendig as't ware in die murg gevestig is" (vgl. Rom. 1:18-21).

En nou kom ons na ons swart wêrelddeel waar die mees algemene barbaarsheid sy hoogste triomfe gevier het. In die volgende digreels gee ons aan die "bose gees" van ons verdonkerde wérelddeel die woord:

 

Ek weet van Gam en van sy snode daad,

hoe hom die vloek van Noag, stap vir stap,
      verskrik het en al sy nakooinlingskap —
      'n vaderlike vloek brand vroeg en laat.

Met hierdie vloek versterk het ek gegaan

na Afrika die onbekende land,

en dit verskrik met eewge moord en brand.

met ramp en plaag tot waar die Stormkaap staan.

Ek stuur teen jou die swart reus van die land,

Ek sien hom al — deur doem geskudde kop
      verhef hy hoog soos Kil’manjaro’s top,
      vereelte voet staan by die see geplant.

Hom deer geen vloek, dit maak sy voorkop hard,

Hy kom, die assegaai omhooggewend,
      sy arm se skadu oor  ‘n kontinent.

Hy sal deurboor wie horn in oormoed tart.

Waar is die manne wat ons wou beveg?

Egiptenaar, Sidonier en Moor?

Ruïnes dek hul te vermeetle spoor.

Atlantis en Simbabwe, hul is weg.

Ek is dit wat die sterkste hoop verbreek.

Ek maak die taaiste werklus tot ’n spot,
      die Trekkersideaal . . . ’n swerwerslot!
      Ek sal my op jou nageslag nog wreek."

 

Ek dink hierby aan wat ‘n Duitse geleerde, reisiger in Afrika se wye geweste, gesê het. Dit kom ongeveer hierop neer: Afrika is 'n swart moeras. Pasop! Wie daarin trap, word deur die moeras verswelg.

Dit wek in my die herinnering aan soveel beskawings wat deur die kontinent van Afrika opgeslurp is. Dit is al ’n studie op sigself. Ek stip alleen aan dat die lig veral probeer  indring het uit die noorde, die noordooste en die ooste. Hoeseer van korte of langer duur, bestendig was dit nie. Die lig hét telkens weer ondergegaan. Selfs die  Christendom wat langs die soom van die ou Wêreldsee in die noorde sulke glansryke triomfe behaal het — dink aan die groot aantal Christelike gemeentes wat gebloei het, dink aan die skole wat vermaardheid verwerf het (bv. dié van Alexandrië), dink aan die illustre manne wie se name die eeue oorleef het: Augustinus, Cyprianus, Tertullianus, Athanasius, Origenes, Clemens Alexandrinus — dit alles het in sy lewenswerklikheid in nagtelike donker ondergegaan.

Laat ons egter ook in gedagte hou dat daar ook nog wel ligpunte was in die algemene donkerheid. Van die kant van die Evangelie besien, was dit ’n tasbare duisternis, seer seker. Maar in geestelike sin was daar nog hierdie vuurtjie, naamlik die sensus divinitatis, soos Calvyn dit genoem het, die floue besef dat daar ’n God is.

 

’n Vuurtjie in die verte klein,

maar brandend nog met dowwe skyn;

dit fonkel soos ’n bloedrobyn:

hul "tweede hart." het nie gaan staan.

gewetensstem met sy vermaan

het hul die lang nag deur "geslaan”.

En hoër brand ’n ander vuur

ook onverganklik is sy duur,
op gloeiend in die donker uur
teen die gewelf en sigbaar tot
die end van Kus se wêreldgrot,

Dit straal die boodskap: Daar’s ’n God!

 

Hierdie „sensus” sou egter nie kan red nie maar net uitdrywe tot afgodery en bygeloof, soos Paulus dit ook die heidense Rome voorhou. Daarom word hy gedring om die enige Evangelie oral te verkondig, Lees Rom. 1-3, Gal. 1:6, 7.

In natuurlike opsig was daar nog wel ligpunte. En nou gaan ek aanhaal die kostelike woorde wat my ontslape vriend, dr. H. C. M. Fourie, ’n man wat die naturel deur-en-deur geken het, in sy opstel oor "Ons houding teenoor die Naturel” skrywe. Hy gaan uit van die Skrifgedagte wat alreeds ontwikkel is, naamlik dat God geen eenvormigheid nie maar veelvuldigheid van nasies gewil het. Dan sê hy dit in verband met ’n verkeerde Evangelie-verkondiging onder die naturelle: "Tot nog toe het byna alles meegewerk om hulle te verbyster en te verwilder deur ’n vreemde gedagtewêreld en beskawing aan hulle op te dring.” Dikwels het manne oor hulle geheers en aan hulle wette voorgeskrywe wat die grootste deel van die naturelle nie verstaan nie. Jammer vir die naturelle en jammer vir S.A?
Die naturelle verskil nou eenmaal van al die ander nasies. Dit is nie iets vreesliks nie. Vir bekrompe en dom mense is dit natuurlik 'n verbysterende feit. Maar dit is heeltemal natuurlik. Dit moet so wees. Ook in hulle kom die veelvormigheid van menslike lewensuiting en die verskeidenheid van menslike lewensvorme tot openbaring. Hulle vertoon 'n eienaardige tipe in die menslke natuur” (bl. 261),

En nou na die donker eeue, gaan God iets wonderbaars in die geskiedenis teweegbring. Die Boerenasie, ’n nuwe tipe, ontstaan uit ’n wonderbare samevloeiing van bloed, klop aan die donker poort:

 

Ek is die Trekker met my wa,
die wit kind van groot Afrika.

Ek is geen vreemde uit vreemde hoek,
wat hier na goud en roofgoed soek.
Ek kom my ryke erf’nis vra
ek kom dit soek en speur dit na
as erfseun van my Afrika.

 

Is dit geen grootspraak nie? Nee, maar dit is ’n waagstuk wat in die geloof onderneem is. Hulie was gewapen met ’n oortuiging wat van hoëre herkoms is. Hulle was as Bybelgelowiges oortuig dat God in sy voorsienigheid nasies in die aansyn kan roep

Hulle was oortuig dat hulle wonderbaarlik geword het en dat dié wordingsproses hom nie herhaal het nie.

(Koers in die Krisis 1 bl. 256—269.)

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie