Ons is by die einde van ‘n internasionale turbulente 2023. Steeds is daar ‘n voortslepende agteruitgang van ons eie land se toestand op elke enkele denkbare terrein van beskaafde, geordende, ontwikkelde en vooruitgaande landsregering. ‘n Agteruitgang wat Suid Afrika reeds tot gelykstelling met donker Afrika se moeras van rommelstatus afgetrek het, sonder vooruitsig van lig in hierdie donkerte.
Internasionaal is daar ‘n maalkolk van militêre ingryping van groot moondhede in die landsbestuur van kleiner onafhanklike state. Onverkose selfgeskepte ekonomies bemagtigde organisasies soos die Wêreld Gesondheids Organisasie, die Wêreld Ekonomiese Forum die Verenigde Nasies en ‘n hele handvol ander wat sonder dat hulle deur volke, lande of instansies daartoe verkies is, dwangmaatreëls op elke land en volk in die wêreld van toepassing maak deur derglike lande en volke se regerings se samewerking vir sulke dwangmaatreels daartoe te oorreed, korrupteer, dwing en/of omkoop!
So het ons gely onder die fiktiewe Corona19 “virus” en die “noodsaaklike” inentings om die moontlike “sterfte” en “aansteeklikheid” af te weer! Intussen is die bedreiging van die moontlike derde wêreldoorlog met die swaard van kernbetrokkenheid op ons kele wat sal saamgaan na 2024.
Hoe het al hierdie dinge u beїnvloed? Het dit daarin geslaag om u aandag af te trek van die afgelope dertig jaar se swart meerderheidsregering waaraan ons blootgestel was deur ‘n gewillige regering se ongeloof? Wat erger is, het dit u aandag afgetrek van die rede vir ons verlies aan politieke beheer en dienooreenkomstige politieke rigting, na die sluipmoord in 1966 op dr. Verwoerd?
Ons volk het diep verdeeld geraak en in verskeie politieke groepperings uitmekaar gespat in die dertig jaar na die moord op dr. Verwoerd. ‘n Nuwe grondwet in 1983 aanvaar waarin God Drie-enig vervang is met ‘n universele god en só verval het dat ons met ‘n meerderheid die 1996 grondwet waaruit die Godsdienstige grondslag van ons rassebeleid uitgeskryf is, teen alle verwagting in, ook aanvaar het.
Ons staan op die vooraand van ‘n nuwe jaar. Die Afrikaner Volksparty het op hom die verantwoordelikheid geneem by sy stigting in 2008 om die beginselbeleid wat ons voorgeslagte deur hulle leiers in 1948 as ‘n verantwoordbare, haalbare en verantwoordelike beleid vir die handhawing van elke volk op aarde se identiteit en voortbestaan, instand te hou soos wat ons dit van hulle ontvang het. Nou het dit tyd geword dat ons as ‘n volk tot die besef gebring moet word dat ons afvalligheid en verdeeldheid in die pad staan van ons Vryheid!
Dit was Totius wat in 1944, toe die aanslag op die moraliteit van die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling deur liberales bevraagteken is, dit uit die Woord van God in perspektief geplaas het.
In sy uiteensetting het hy bewys dat die handhawing van volkseenheid nêrens in die Skrif bevraagteken word nie, maar wel die menslike Babelse eenwordingsbeleid. Totius se toerusting om u beginselstandpunt oor rasseskeiding nie net te regverdig nie, maar ook die sondigheid van die teendeel uit die Skrif, daarvan te kon uitwys, is merkwaardig, nie net vir ons Afrikaners nie maar vir elke gelowige volk op aarde! Daarmee is die skeldterm van “rassisme”, soos deur ons vyande misbruik, vergoed in die doofpot gestop! Ons laat ons nie verder beswadder en bespot nie, inteendeel, ons plaas nou die skuld van sondigheid en ongehoorsaamheid aan ons hemelse Vader se wil en riglyn, vierkantig op die skouers van die integrasioniste!
Die opstand teen oop grense wat nou wêreldwyd, selfs met geweld, soos ‘n veldbrand uitslaan, behoort aandag opnuut op ons verdeeldheid en die gevolge daarvan onder ons volksgenote wakker te maak. Die groot gedeelte van ons Afrikanervolk wat ingekoop het in die verandering van ons 1961 grondwet na die godlose 1983 grondwet, en weer met die “JA STEM” van 1993, wat ons opgesaal het met 1996 se Babeloniese gelykmakingsgrondwet, het nie tred gehou met Totius se waarskuwing in 1944 van die Afrika moeras waarin al soveel blanke volke versink het nie. Die suigkrag van die satan se Babeloniese gelykmakings beleid is heeltemal onderskat tenspyte van veelvuldige waarskuwings wat verdring is deur die “skuldbelading” van sogenaamde rassisme!
Totius het dit só verduidelik: Verdere ondersoek van die Skrif leer ons dat ten opsigte van die vermeerdering van volke 'n Goddelike en menslike faktor onderskei moet word. Enersyds is dit God die Here wat die mense uit Babel vandaan “oor die hele aarde verstrooi" (Génesis 11:9), en andersyds is dit die nasies op die aarde wat hulle “verdeel het na die vloed." (Génesis 10:32). In Génesis 10 vind ons dan ook die sogenaamde “volkeretafel" wat ons laat sien hoe die volke hulle aanvanklik op die aardbodem gevestig en die skeppingsbevel ten uitvoer gelê het. In die godsbevel lê die wet van vermenigvuldiging wat aan die mensheid geleentheid gee om in verskillende volkstipes uiteen te gaan, terwyl dit alles geskied onder beskerming van sy voorsienigheid en onder bevrugtiging van die “algemene genade". Elke nasie het 'n roeping om na te kom, en dit sal duur tot die voleinding toe. Jesus voorspel dit in sy profetiese rede as hy sê: “Die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander" (Matthéüs 24:7). Selfs van die ryk van heerlikheid staan geskrywe in die Openbaring van Johannes: “En die nasies van die wat gered word, sal in die lig daarvan (van die nuwe Jerusalem) wandel". (Openbaring 21:24).
Die volke moet hulleself dus handhaaf, en dit teenoor die Babiloniese gees van eenmaking. Die wording van nasies en Koninkryke dra die goedkeuring van die Skrif weg, maar nie die vorming van wêreldryke (Empires) nie. Daarom word hulle (die wêreldryke) as diere in die Skrif geteken (Dan. 7), magte wat oorweldig, nasies opsluk en grense, wat God gestel het, tot niet maak. Elke keer duik die Babel-gedagtes weer op, totdat uiteindelik die anti-Christelike kombinasie gesien sal word, koninkryke wat hulle mag sal oorgee aan die dier en een gesindheid sal hê. (Openb. 17:13).Gelykstelling waar geen gelykheid moet wees nie, is mensewerk
Vir die nuwe jaar moet verset dus ons wagwoord wees! Verset teen die ongeregtigheid en die ooglopende nadelige gevolge daarvan wat duidelik uit Totius se betoog, nie Bybels geregverdig kan word nie! Dít moet ons slagspreuk vir 2024 wees wat internasionaal moet opklink in gehoorsaamheid aan die Skrifopdrag om volksidentiteit te handhaaf! Dit moet ook ons oogmerk wees om ons volk in die nuwejaar bymekaar te bring. Eers wanneer ons as ‘n volk ons afvalligheid bely en dit laat staan, is daar weer hoop dat ons hemelse Vader ons sal hoor en ons volk en ons land sal genees!
11 Kronieke 7:13 en 14 “As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.”
Mag ons as ‘n Godsvolk in hierdie nuwe jaar, sien, hoor en glo. Dan in geloof doen wat HY wat ons volk se Vader is, van ons vereis sodat ons deur Sy kragtige Hand soos by Bloedrivier ‘n einde kan bring aan die ellende waarin ons nou as ‘n volk verkeer! NIE BY DIE VN, NIE BY DIE INTERNASIONALE HOF, NIE DEUR DIE MARITIEME WETTE NIE, NET MAAR BY HOM ALLEEN SETEL DIE KRAG, DIE WYSHEID EN DIE HULP WAT ONS NODIG HET VIR DIT WAT VIR ONS WAG IN 2024 EN WAT DAAROP SAL VOLG!
Mag hierdie komende nuwe jaar vir Suid Afrika in die algemeen, maar vir elke Afrikaner, ook vir elke Boer indien u verkies om so genoem te word, ‘n jaar van eensgesindheid, samehorigheid en vaste geloof in die almag van God ons hemelse Vader wees. ‘n Vader by wie ons ons hulp, ons leiding, ons moed en ons krag sal soek en nie by enige ander mens of instansie of eie krag nie! Ons lê ons hand in Sy Hand omdat ons ‘n verbondsvolk is wat glo dat Hy ons land sal genees, ons verdeeldheid sal ophef en ons vryheidstryd sal seën totdat ons weer vry en soewerein onafhanklik kan wees in dié land wat Hy vir ons as erfenisland uitgesoek en laat toekom het!
Danie Varkevisser
Leier van die Afrikaner Volksparty