Hierdie skokkende gebeurtenis na dertig jaar van die mislukking en vernietigende effek van integrasie soos voorspel deur behoudende Afrikaners, laat ‘n mens duisel van verbasing oor die kranksinnigheid daarvan.
Die bedenklike verduideliking van die oorsprong vir die “versoek” om ‘n gedenkdiens vir die afgestorwe Zoeloefiguur, en dan nog in die Monumentgebou te hou, word onderstreep deur die “eenparige” instemming van die Voortrekkemonument se bestuur, ‘n feit waarop Langner uitdruklik klem gelê het.
Dat net soos die kerke, ook ons Afrikanerkultuurorganisasies deur hierdie liberale denkers beset en in die liberaleafgrond in bestuur word, is werklik nie ‘n pluimpie vir ons volk nie! Dat daar steeds mense is wat van mening is dat welwillendheid op hierdie verraderlike wyse bekom kan word, ongeag die toestand wat sigbaar en leefbaar rondom ons en in Suid Afrika heers, verstom ‘n mens!
Die veragting wat vir ons Afrikanergeskiedenis, ons erfenis, ons kultuurgoedere maar veral ons Vryheid en voortbestaan deur hierdie aksie beklemtoon word, dui daarop dat daar nie met die vernietiging van die Afrikanervolk afgehandel is nie. Hierdie soort van liberalistiese denke en optrede wat oorgeneem is van ons vyande, dui op die verdeeldheid wat binne ons volk bereik is. Dit was mnr. Jaap Marais wat gereeld daarop gewys het dat stryd nie gister begin het nie en nie more gaan ophou nie!
Die AVP beskou die FAK en Voortrekkermonumentbestuur se optrede as laakbaar en deel van ons vyande se pogings om die Afrikanervolk se ankers te trek. Ons moet in die nuwe toring van Babel, wat besig is om opgerig te word, ingesuig word en as kosmopolitane, sonder identiteit, sonder taal, sonder kultuur, sonder Godsdiens en sonder eie land, deel word van die Nuwe Wêreld Orde, asof dit die aller oplossing is wat vir ons oorgebly het.
Die optrede van Willem Petzer en Frik Wentzel en elke persoon wat ter ondersteuning van hulle in protes by die monument teenwoordig was, verdien lof van die res van ons volksgenote! Die AVP spreek ons dank uit teenoor julle en wil klem lê op die waarde van gesamentlike verset wat nog grootliks ontbreek.