1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7037266

Besoekers aanlyn

Ons het 53 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

GEE DIE VSA BES .... OF IS DIT ‘N TAKTIESE TOEGEWING?

VSA hys die oorgee vlagDie Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken het volgens stellings in die Washinton Post wat deur David Ignatius in die WP gerapporteer is, in wese erken dat Amerika die oorlog teen Rusland verloor het! Volgens Ignatius is dit nie net die Amerikaanse minister van buitelandse sake wat uiteindelik besluit nie. Daar is 'n komplekse besluitnemingsproses.

VSA GEE BESDavid Ignatius (hooffoto, links) was 'n loopbaanlange spreekbuis vir die Amerikaanse staatsdepartement. Hy is pas deur die huidige minister van buitelandse sake Antony Blinken (regs) ingeroep om 'n dringende nuwe boodskap aan president Vladimir Poetin, die Veiligheidsraad en die Algemene Personeel in Moskou oor te dra, skryf John Helmer in Global Research van 7 Maart 2023

Volgens die berig in die Washinton Post bied die VSA die Kremlin Oekraïense demilitarisering aan! Vir die eerste keer sedert die spesiale militêre operasie verlede jaar begin het, bied die oorlogsparty in Washington uitdruklik en direk toegewingsvoorwaardes aan Rusland se veiligheidsdoelwitte, sonder dat die Oekraïners in die pad staan.

Die territoriale toegewings wat Blinken ter tafel lê, sluit in die Krim, die Donbass en die Zaporozhye, Cherson "landbrug wat die Krim en Rusland verbind". Wes van die Dnieper-rivier, noord rondom Kharkov, en suid rondom Odessa en Nikolaev, het Blinken vir die eerste keer Amerikaanse aanvaarding van "'n gedemilitariseerde status" vir die Oekraïne ter tafel gelê.

Indien hierdie “toegewings”, wat in elke geval deel van die Minskooreenkoms was implimenteer word, was al die menselewens, finansiële en infrastruktuurskade verniet! Met die openbare kennis dat wat daar met die Oekraïne gebeur het die aanvang van die derde en laaste wêreldoorlog moes gewees het voordat die Eenwêreldregering oorneem, is taktiek en strategie van VSAkant egter nie uitgesluit nie.

Vraag is waar laat dit nou die Navolande wat deur die VSA hierin betrek is en wat nou met Rusland oorhoops lê? In wese is dit tog ‘n erkenning dat Amerika toegee dat hulle die oorlog verloor het! Dat dit 'n belangrike verwikkeling is, is nie te betwyfel nie en sal die hele wêreld op een of ander wyse daardeur geraak word, ons daarby ingesluit!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie