Die duisternis in die nuwe Suid-Afrika het ‘n lig geskyn vir die wȇreld om te aanskou. Die ANC is geweeg en te lig bevind. Die groter klad op Suid-Afrika se sogenaamde demokrasie is dat dit juis die swart bevolking is wat die ANC aan bewind hou, ongeag al die onheilighede wat plaasvind. Dit is juis hier waar die knoop lȇ. So het dit ook uitgespeel in die parlement waar Zuma veelvuldige kere beskerm is deur sy kamerade teen aanklag en ontslag. ‘n Verdoemende bewys dat staatskaping, korrupsie en oneerlikheid aanvaarbaar is in hul geledere.
Hierdie ingesteldheid was nie net beperk tot Zuma alleen nie, maar ook betreffende veelvuldige kaders wat herontplooi is vir hulle oortredeninge wat aan die lig gekom het. Die feit dat die ANC verkiesing na verkiesing aan bewind gehou word deur ‘n swart kieserskorps, plaas ‘n oordeel oor hulself. Die bedoeling van ‘n demokrasie is juis om ‘n regering te verwyder wat nie presteer nie.
Kennelik gaan dit nie oor landsbelang in die nuwe Suid-Afrika nie, maar wel oor partybelang. Dit spreek tog vanself dat die kieserskorps die toekoms van ‘n land bepaal. Die vraag waarmee geworstel moet word, is of Suid-Afrika se kieserskorps ryp is vir ‘n demokratiese bedeling? My antwoord is nee. Die Zondo verslag, moorde op fluitjieblasers, aanstelling van kaders in staatsinstansies, is voldoende bewys dat die regering opereer soos ‘n Mafia bende. In die nuwe Suid-Afrika word dit voorgehou as ‘n volwaardige domokrasie. Agter die skerms vind ‘n manupilasie plaas wat dan gesaniteer word vir openbare vergoeiliking.
Alhoewel die kieserskorps bewus is van die bedrog wat gepleeg word, het dit geen effek op verkiesingsuitslae nie. Ja, jy het reg geraai, dit is alles apartheid se skuld. Dit is hoe die veelvuldige mislukkings en korrupsie ‘n aanvaarbaarheid gegee word. Witman, jy is te eurosentries en in elk geval wat soek jy hier, is ‘n algemene vraag. So moet jy geboelie word tot onderdaan, terwyl die reuk van Lucifer se asem in my neusgate vasslaan. Het ons ‘n demokrasie of ‘n demonokrasie?
DE KLERK SE LENSIESOP
In Afrika se huilende “nag”
Word die dodedans gedans
Buite onder die sterrehemel
In ‘n pikswart donker nag
Wurg jy aan de Klerk se lensiesop
Sy illusie is nou jou straf
In bloed en derms gedrapeer
Het hy jou toekoms saamgeneem
Bestaansvergaan in Afrika sindroom
‘n Byeenkoms by ‘n ope graf
Jy is die slagoffer in Afrika se “nag”
Klaas Waarsegger