Wat presies beteken dit vir die Afrikanervolk aan wie die Republiek van Suid Afrika nou eintlik behoort? Daar is ‘n baie kort maar baie effektiewe beskrywing vir die betekenis. Die AVP noem dit ‘n “Rommelskommel”! Wat gebeur as jy rommel skommel? Hoe jy nou ookal daarna kyk, rommel bly rommel al skommel jy dit tot vervelens toe!
Selfs vir Ramaphosa sal dit slegs ‘n baie korttermyn effek hê. Hoe meer hy van sy vertrouelinge aanstel, hoe groter vyandigheid skep hy by van die ander etniese volke. Beheer en bestuur sal al hoe moeiliker word omdat ‘n Zoeloe byvoorbeeld nooit ondergeskik aan ‘n Venda wil wees nie en só voort geld dit vir al elf etniese verskille! Dit is ook waarom korrupsie nooit beheer sal kan word, of dienslewering, of instandhouding, of samewerking of vooruitgang, veiligheid asook regeervermoë nie!
Die feit dat feitlik elke swart leier vanuit die buiteland beheer en bestuur word, beteken dat die Afrikanervolk se belang nie gedien sal word behalwe vir sover as wat die Afrikaner bereid is om na sy eie belang om te sien. Wat is in die Afrikaner se belang? Ons kan begin met veiligheid en werkskepping. Wat egter belangrik is, is gesamentlike verset teen die onwettigheid wat hier in Suid Afrika plaasgevind het. Daarvoor moet ons volk verenig. Dit behoort tog na 28 jaar vir almal duidelik te wees dat die liberale DA beleid gefaal het, presies soos wat dr. Verwoerd en vele ander leiers voorspel het dat dit sou! Verder is dit ook glashelder duidelik dat die VF positief se betrokkenheid binne die godlose, of moet ons liewer sê die goddelose stelsel, géén verskil gemaak het behalwe hulle aandeel uit die soustrein se kriminele opbrengste.
Samewerking en verdeling van eiendom soos voorgestaan deur Afgri, Afriforum, Solidariteit, die FW Stigting, die Broederbond, die weermaggeneraals en wie nog almal, besig is om die Afrikanervolk as ‘n faktor in Suid Afrika te marginaliseer tot ‘n irriterende aanhangsel wat op niks in ons eie land geregtig is nie! Dit alles terwyl ons land op die stand van rommelstatus, reeds huiwer op die rand van rioolstatus en ons as volk steeds verdeeld bly en agter die fopspene van “selfregering”, volkstate en hoop op wonderwerke voortstrompel.
Kom Afrikaners, kom dat ons geledere sluit en opstaan om getel te word! U verneem reeds dat die buiteland agiteer vir ‘n burgeroorlog in Suid Afrika. As dít dalk die geleentheid word wat ons kan gebruik om ons land terug te kry, moet ons tenminste as volk verenig wees op die politieke beginsel van rasseskeiding!