1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7280695

Besoekers aanlyn

Ons het 12 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

RAMAPHOSA SAL EIERDANS MAAR NIE MAKLIK BEDANK NIE

Bricks leiersAs ge-oormerkte verteenwoordiger van die “geldmag” in Suid Afrika, reeds toe Mandela nog in die lewe was, en die eerste “leier” uit Suid Afrika wat onlangs deur die koningshuis vir besoek uitgenooi is, gul ontvang en onthaal is, sal dit verbasend wees indien die Britte sonder uiterste klandestine maneuvers, toelaat dat Ramaphosa uit sy gekose posisie uitgedruk word.

“It might be peace, but it will be war still, not through the means of bullets, but by other means”, was Alfred Milner se belofte in 1902 se vredesluiting te Vereeniging. Deur middel van die mynwese en korporatiewe organisasies is dr. Verwoerd se beleid van Afsonderlike Ontwikkeling uitgedaag deur gesamentlike eetgeriewe, wasgeriewe en kleedkamers op die blankes af te dwing met die Ruperts en Oppenheimers se monopolie vorming en dienooreenkomstige manipulering van blanke werkers.

Die vakbonde was ‘n handige hefboom in die hande van die aanstigters van onrus terwyl London die veilige hawe vir die ANC terroriste se onderhandelaars met die verraaierregering van Suid Afrika was. Die kerke en akademici was die voorlopers in die onderhandelings met die ANC waarna die liberale DA-gesinde generaals van die weermag nou betrokke was by die handhawing van vrede in die aanloop tot ‘n bloedlose oorgawe aan die ANC!

Dat Ramaphosa se nuutaangewese vertrouelinge by hom sal pleit om nie te bedank nie, is tog voor-die-handliggend vanweë hulle eie poste wat in gedrang kom indien hy sou bedank! Die enigste donker perd vir die behoud van Ramaphosa in sy pos, is waarskynlik nie soseer Phala-Phala nie as wat dit die Zoeloevolk van Suid Afrika is!

Die versaking van die beginsel van Afsonderlike Ontwikkeling in ruil vir magsdeling wat soos voorspel, onvermydelik moes uitloop op meerderheids swart Kommunistiese regering, het die pad oopgemaak vir die Zoeloes wat die talrykste swart volk in Suid Afrika is, om in beheer te kom. Indien Ramaphosa sou bedank sal dit eerder uit vrees vir sy lewe wees. Dit sal interressant wees om te sien watter danspassies die ANC, die media, geldmag en die Jingo’s en Hensoppers gaan uithaal teneinde hulle sorgvuldig uitgesoekte marionet in sy pos te probeer behou.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie