1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7448088

Besoekers aanlyn

Ons het 44 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

TERWYL SUID AFRIKA OP DIE RAND VAN INEENSTORTING IS……..?

Opgang van groot geboueRys massiewe industriële geboue soos padastoele op in die omgewing van Kemtonpark. Is die “geldmag” só oortuig van totale oorname van Suid Afrika uit die hande van die Afrikanervolk dat belegging van enorme omvang in ‘n land wat in finansiële rommelstatus verkeer, klaarblyklik nie vir hulle enige risiko’s inhou nie?

Dit is verder ook duidelik dat met die oprigting van die “African Mall” en die bou van ‘n nuwe stad tussen Johannesburg en Pretoria, op wat bekend staan as die Waterval-plaas, die geldbelange meer vertroue in Suid Afrika het as die Afrikanervolk self!

In 1934 is die plaas Waterval verkoop aan Moosa Ismail Mia, 'n handelaar wat 'n godsdiensopleidingsfasiliteit en 'n skool vir Indiër- en swart weeskinders gebou het. Hy het die ontwikkeling geregistreer in die naam van Witwatersrand Estates Limited (informeel bekend as Mia's Farm), wat tot vandag toe deur die Waterval Islamic Institute besit en beheer word, huidig 2 200 hektaar groot.

Tot op hede was die plaas nog nie ontwikkel nie ten spyte van sy uitstekende ligging, as gevolg van een belangrike feit: dit kan nooit verkoop word nie. As 'n godsdienstige begiftiging, bekend as 'n waqf, kan slegs huurooreenkomste hier bestaan.

Werner van Rhyn, 'n direkteur van die Waterfall Investment Company, het die nie-oordraagbare aard van die waqf, wat gewoonlik algemeen beskou word as 'n probleem vir ontwikkeling, dit as 'n geleentheid gesien. Ander direkteure van die beleggingsmaatskappy sluit Ibrahim en Yahya Mia in.

Die maatskappy is 'n ontwikkelingsvoertuig vir die grondeienaar en het 'n vennootskap aangegaan met ontwikkelaars, soos die Atterbury Property Group en Century Property Developments om Waterfall te realiseer.

“Ons bou ’n stad,” het Van Rhyn gesê. Ligging, het hy gesê, was die grootste faktor in die bepaling van die ontwikkeling se sukses. “Tshwane en Johannesburg groei na mekaar en Waterfall is op ’n uitstekende ligging geleë op die kruising van die besigste paaie in Suid-Afrika.”

Wat interressant is, is dat die metode wat uitgewerk is om eienaarskap wat bloot die huur van die eiendom wat daar gekoop word vir 99 jaar te besit sonder om die eienaar daarvan te wees, die banke betrek het vir verbandlenings, maar ook die moontlikheid geskep het vir die onteiening van die swart heerskappy oor die swart trustgronde deur die regime wat die gronde dus toeganklik maak vir eienaarskap deur wie ookal kwalifiseer vir ‘n verband!

Dit is vir die AVP duidelik dat hierdie organisasies ingekoop het in die integrasiebeleid wat Suid Afrika sal omskep in ‘n verlengstuk van Afrika waar verskillende ras en etniese volke vermeng sal raak met die onvermydelike uiteindelike kultuurbotsings wat tot geweld en vernietiging moet lei.

Hoe gouer die Afrikanervolk weer beheer in Suid Afrika oor sy eie land verkry, hoe beter sal dit vir alle volke wees wie se identiteit binne sy eie grondgebied deur sy eie beheer beskerm en bewaar kan word. Ontwikkelings soos Waterval oftewel Mia’s Farm het die potensiaal van verreiking van die eienaars, maar verval, konflik en Afrikastatus soos wat die ontwikkelaars van Afrika tot vandag toe ondervind!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie