1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7033801

Besoekers aanlyn

Ons het 20 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

ONS IS IN OORLOG MET DIE WITTES SÊ MALEMA


“Ons is in oorlog met die wittes wat ons grond gevat het en ons wil dit nou terug hê. Ons wil ons grond en ons wil ons rykdom terug hê; as julle in ons pad staan sal ons julle verpletter!”
MalemaDie AVP se antwoord op hierdie oorlogsverklaring in die lig van Ramaphosa se stelling in sy onlangse staatsrede, dat grond nou onteien sal word sonder vergoeding, is: As julle wil oorlog hê, sal julle oorlog kry! Ons het gewerk en betaal vir alles wat ons het, en ten duurste omdat julle al vir eeue op ons rug ry!

Julle onvermoë om die grond wat aan julle behoort het te ontwikkel soos wat ons die grond wat aan ons behoort ontwikkel het, het van julle selfbetuigde bedelaars en slawe gemaak!
Ons het niks van julle gesteel nie en julle sal niks van ons vat sonder om te bloei nie! Nie jy wat Malema is, of Ramaphosa of BFLF se diewe nie! ‘n Leuen word nie ‘n waarheid net omdat jy dit aanhoudend herhaal nie! ‘n Leuen bly ‘n leuen en die verkondiger daarvan is ‘n leuenaar!
Daar is ‘n gesegde wat lui, dat as jy lieg kan jy steel ook! Dit beteken dat leuenaars in alle waarskynlikheid, ook diewe is. Julle retoriek van blankes wat julle grond gesteel het, wat moet dien om julle beplande diewery te wettig, sal gevolge hê waarvan julle die omvang bepaald nie begryp nie! Aan Malema wil ons net sê, moenie van agteraf lei soos wat jy al kwytgeraak het dat ‘n leier moet lei nie, Jy moet voor loop as jy die Afrikaner se grond wil kom steel!
Aan Ramaphosa sê ons, as jy bloedvergieting en burgeroorlog in Suid Afrika wil vermy, los dan die Afrikanervolk se grond uit! Hou in gedagte dat julle nie in beheer is omdat julle die Afrikanervolk in ‘n oorlog verslaan het nie! Julle het politieke beheer verkry deur die verraad van die NP onder leiding van de Klerk! Julle aanhoudende opswepery van die massas werkloses wat dit as 'n opdrag om te moor en te roof vertolk, maak julle aandadig aan moord! Jou padda in die pot gaan bo-op jou spring!

(VOLKSTEM FEBRUARIE 2018)

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie