1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7229128

Besoekers aanlyn

Ons het 31 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE WAARDE VAN VASTE BEGINSELS

Danie Varkevisser 2Dit was in 2005 toe die leier van die AVP onder andere ook die woordvoerder oor onderwys in die Herstigte Nasionale Party was, dat hy dit beklemtoon het dat vaste beginsels in die onderwys onontbeerlik is vir die voortbestaan van 'n volk. Die uittog van ons kundige en deeglik geskoolde volksgenote, is sekerlik een van die mees negatiewe simptome wat spruit uit die versaking van die nasionalistiese beginsels waarop die Afrikanervolk totstand gekom het.

 

Deelname aan die aftakeling van die beginsel van Afsonderlike Ontwikkeling  bied geen voordeel vir die handhawing van identiteit, vryheid of vrede nie! Die bewys daarvan lê na 28 jaar se futiele beproewing, ons land van grens tot grens vol, in stof en as! Die moedswillige bekladding van apartheid as sondig, euwel, 'n misdryf teen die mensheid, grens aan kranksinnigheid as daar gekyk word na die resultaat van 28 jaar se rasseintegrasie met magsdeling terwille van "mensereg", en dit nadat daar by herhaling deur van die kundigste leiers wat die wêreld opgelewer het, gewaarsku was en meer nog, in geen onduidelike terme vorspel was!

 

DIE WAARDE VAN VASTE BEGINSELS

30 Mei 2005

Die voorblad opskrif in Rapport van Sondag 29 Mei, “Ons kinders se skole is vrot!”, is sekerlik die beste bewys van die waarde van die handhawing van vaste beginsels!

 

Dit is kennelik nie die voortdurende getorring aan onderwysbeleid of die aantal kere wat rigting verander is wat die verrotting veroorsaak het nie! Dit is die doelmatige en berekende aftakeling van tydbeproefde beginsels wat dit ten grondslag lê.

Beginsels soos Christelik Nasionale Onderwys, Moedertaalonderrig, Rasgebonde skole en universiteite was die “sonde” van apartheid en die rede waarom veral die swartes agtergebly het, is aangevoer.

Die teenhang daarvoor was uitkomsgebasseerde onderwys, Engels as onderrigmedium en integrasie in skool en universiteit.

Nou word in die berig beweer dat die uitgebragte verslag van Research Surveys die vermoede wat lank reeds in onderwyskringe heers, bevestig!

Dit is nou so asof onderwyskundiges nie reeds jare gelede gewaarsku het dat afwyking van die bo-vermelde beginsels nie in belang van enige van die volke in ons land sou wees nie en allermins in belang van ons land self. Om die waarheid te sê het Dr. Verwoerd dit reeds in 1954 al op skrif gestel!

Dit sal goed wees vir die “Transformationists” en wie ookal sy kind se belang op die hart dra om kennis te neem dat geen privaatskool wat aan die onderwysdepartement se kurrikulum onderhewig is, ‘n oplossing bied nie!

Verrotting tree in na die dood en slegs deur na die bewese suksesvolle beginselgrondslag terug te keer sal herlewing kan plaasvind!

Daarvoor behoort elke Afrikaner sonder kompromie, hom te be-ywer!

 

 

 

DANIE VARKEVISSER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie