Lucifer denke is die stukrag wat nasionalisme as iets boos voorstel. Dekadensie van die mensheid is hul doelwit. Respek vir die eie en ‘n geordende samelewing het vir die kwaadpraters geen waarde nie. Alles maar alles, wat mooi en skoon en rein is, moet belaster word. Die natuurlike moet vervang word met die onnatuurlike, sodat hulle, hulle kan verlustig in die twis wat ontstaan in ‘n multikulturele en veelrassige samelewing. Almal se lewens moet vergal word deur ’n twistende saam-bestaan, volgens lucifer se strewe wat hul koning is. Die dans met die duiwel gee hul plesier.
Nasionalisme is in wese ‘n Goddelike instelling, vandaar die kwaadpraters se teenkanting. Dit lê gesetel in die skeppingsorde, sodat elkeen homself volkome kan uitleef in sy aardse bestaan volgens Sy wil, in Sy skepping van volke.
Nasionalisme is die onbetwisbare waarheid dat die mens nie dieselfde is nie. Nie ‘n eenheid nie, maar in verskeidenheid. Nasionalisme is die waarde van ‘n nasie, as die hoogste vorm van sosiale eenheid. Dit gaan oor ‘n volksgevoel van patriotisme. Lojaliteit en toewyding tot jou volk se aard, is die uitgangspunt. Dit impliseer politieke onafhanklikheid, eie identiteit en kulturele uitlewing. Dit is iets inherent in jou volk se siel. Dit bewerk legitimiteit in jou staatsbestel, sonder vreemde oorheersing of abberasie. Dis ‘n begeerte om ‘n eie grondgebied te kan hê. Dit verkondig volkswaardes en regte in konteks vir almal. Ja ook vir ander volke.
Jou gemeenskap is verenig deur bloedbande,taal,geskiedenis, tradisies, godsdiens en geskapenheid en beskaafdheid, As jy hiermee fout sou vind is jy ‘n roekelose mens met onverskilligheid in jou hart. Beestelik en geabbereer in jou denke.
Nasionalisme is respek vir God, die wat voor ons was, en die wat na ons kom. Om nasionalisme af te maak as boos, is ‘n reis na ‘n gewisse dood van jou volk. ‘n Ingesteldheid sonder grense. ‘n Verafskuwing van verantwoordelikheid, ‘n Gruwelike sonde teen die mensheid. ‘n Veragting van alles wat mooi en goed is in ons menslike bestaan. Mag die seȅn van die Here ook oor hulle uitgestort word. Ek sluit my betoog.
KLAAS WAARSEGGER