1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7037274

Besoekers aanlyn

Ons het 50 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

SWARTES KAN NIE REGEER NIE

Klaas WaarseggerDie opskrif is figuurlik gesproke om my te onthef van enige blaam dat ek rassisties is. Die Zondu getuigskrif is ‘n skandelike verhaal van swart optrede. Die swartskaap (Zuma) het vele lammers gekry.  Die name wat genoem word is legio.  Van goeie handeling is daar geen sprake nie.  Korrupsie voer die bo-toon in die parlement.   Vandaar Ramaphosa se erkenning dat die ANC voor in die ry staan as dit by korrupsie kom.  Nou is hy ook in gedrang as gevolg van die miljoene dollars wat weggesteek was in sy meubels op sy plaas.  By wyse van spreke het adder vir otter gepik. 

Wat deur die Zondo bevindinge bekend gemaak is, is slegs die punt van die ysberg.  Onder draai die duiwels rond.  Korrupsie op Munisipale vlak is veel erger.  Die ouditeur generaal se verslag is dat slegs enkele van die vele munisipaliteite in die land bokant die nul-lyn opereer.  Om nie eers te praat van die strafkrag wat ingestel is deur Ieshkom, as gevolg van wanbetaling en sabotasie nie.  |Dit is die prys wat betaal word as swart kiesers (figuurlik gespsroke), dom besluite neem by die stembus.

Die effek van swart regering (figuurlik gesproke), is ‘n land in nood. Spook werkers, geen dienslewering, onbetaalde rekeninge, kabel diefstal, onbegaanbare paaie, stakings, paaie wat blokkeer word, sabotasie, geweldsmisdade, verlore produksie, disfunksionele hawens wat groot skade veroorsaak, om slegs ‘n paar gruwelikhede te noem.  Wat in Natal gebeur het, is ‘n aanduiding van wat in vooruitsig lê. Die polisie het nie die wil of kapasiteit om op te tree nie.  Korrupsiesake teen die polisie self het ook ontelbaar geword.

Hoe ‘n mens ook al hierna kyk, dit is ‘n swart prentjie.  Sonder om swartgallig te wees, waar is die dae toe elkeen nog sy plek geken het in die land, om met goeie handeling elkeen sy plek onder die son te gun.  Die nuwe SA bloei terwyl die ANC dweep, “we have a good story to tell”.

“Black Conciousness” is ‘n heilige koei terwyl “ White Conciousness” ‘n dood sonde is.

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie