1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7037151

Besoekers aanlyn

Ons het 40 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

HET ONS VOLK NOG ENIGE KENNIS?

BybelJes. 1:1-31

“’ n Os ken sy besitter en 'n esel die krip van sy eienaar, maar Israel het geen kennis nie, my volk verstaan nie.” (:3)

Geliefdes, hierdie is nie ‘n geïsoleerde geval waar God Sy volk oor hul gebrekkige kennis aanspreek nie. Luister gerus na die woorde van die HERE uit Jesaja 5:13. “Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, ...”. En die profeet Hoséa getuig ook hiervan. “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis;...” (Hos. 4:6).

Hierdie gebrekkige kennis waaroor die HERE Sy volk aanspreek, is nie ‘n gebrek aan kennis oor ekonomiese sake, politiek, onderwys of dergelikse sake nie. Dit spreek ons aan oor ‘n gebrek aan kennis van Hom, geliefdes. En hierdie woorde is vir ons volk nog nét so van toepassing as wat dit vir die volk van Israel in die dae van Jesaja en Hoséa was. Die HERE het vandag steeds ‘n behae daarin dat ons ‘n ware kennis van Hom moet hê. “Want Ek het 'n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers.” (Hos. 6:6).

Wanneer ‘n mens van sommige van die vreemde geloofsopvattinge van mense hoor, besef jy hoe gebrekkig die kennis van God onder ons volk werklik geword het. En wat meer is, wanneer ons in eerlikheid die omstandighede wat ons omring, beoordeel, sal ons sien dat alles rondom ons ook van hierdie skande in ons volk se midde getuig. “Waar wil julle nog geslaan word, dat julle voortgaan met af te wyk? Die hele hoof is siek, en die hele hart is krank. Van die voetsool af tot die hoof toe is daar geen heel plek aan nie, maar wonde en kwesplekke en vars houe! Hulle is nie uitgedruk of verbind of met olie versag nie. Julle land is 'n wildernis, julle stede is met vuur verbrand, vreemdes verteer julle landerye in jul teenwoordigheid, en dit is 'n wildernis soos by 'n omkering deur vreemdes.” (Jes. 1:5-7). Sou ek oordryf wanneer ek die gebrek aan kennis van God onder ons volk ‘n skande noem? Allermins, geliefdes. As ons onsself as ‘n gelowige volk beskou, is ‘n gebrekkige kennis van God absoluut ‘n skande. Ja, luister na Paulus uit 1 Kor. 15:34. “Wees nugter op die regte manier, en sondig nie; want sommige het geen kennis van God nie. Ek sê dit tot julle beskaming.”

Ek en u is nie vandag hier om vinger te wys na ons volksgenote rondom ons wat géén kennis van God het nie, geliefdes. Ek en u is vandag hier om hierdie woorde van die HERE wat tot ons gespreek word in ons eie lewe te ondersoek. Ons is hier om vir onsself vandag die vraag te stel – “Hoe lyk my kennis van die HERE?” Sou ek ook beskryf word as iemand wat dalk baie godsdienstig is, maar die HERE nie in waarheid ken nie? Ja, is ek dalk ook baie ywerig, maar sonder kennis? “Want ek getuig van hulle dat hulle 'n ywer vir God het, maar sonder kennis.” (Rom. 10:2).

Geliefdes, mag hierdie teregwysing uit die Woord van die HERE my en u ook vanoggend opnuut aanspoor om onsself met ‘n beter kennis van Hom te bekwaam. Ja, mag ons die tyd wat ons so dikwels op onsinnige dinge verkwis met groter verantwoordelikheid aanwend en daarna streef om toe te neem in die kennis van onse HERE. “Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. ...” (2 Pet. 3:18). ‘n Ware kennis van Hom is immers nodig indien ons in waarheid na Sy welbehae wil leef, geliefdes. “Daarom hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig, sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei,” (Kol. 1:9&10).

Ek groet u met die pratige woorde uit Psalm 119:66. En my wens is dat ek en u nie alleen ook hierdie versoek in ons harte tot die HERE sal rig nie, maar dat ons ook sal ywer om in waarheid in die kennis van onse HERE toe te neem. “Leer my 'n goeie insig en kennis, want ek glo aan u gebooie.”

Amen.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie