1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7037157

Besoekers aanlyn

Ons het 45 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

HARSINGSKUDDING

Klaas WaarseggerWie kon raai en wie kon weet dat harsingskudding aansteeklik kan wees.  Die nuwe SA is hier ter sprake.  ‘n Sprokiesmooie politieke droom het ‘n makabere toestand geskep. Oral in die media is hierdie idee of mite van ‘n nuwe SA aangeblaas as die toekomstige hemel  op aarde. Die DA en VF+ het ook ingekoop in hierdie “immergroen” sprokie.

 

Die sprokie het nou ontaard in ‘n donker komedie van ‘n ramparty-gefuif. Parlementariërs is nou bereid om oor lyke te loop, eerder as om te erken dat harsingskudding die oorsaak was van die verkeerde besluite.

Die politieke romanse het nou oorgegaan in ‘n rowwe ramparty waar ontkleedansers en dwelms nou moet sorg vir verdere vermaak.  Wat ‘n okkasie.  Tog is dit nodig om hulle te laat vergeet van die breukspul gevolge wat nou uitspeel in ons land.  Hulle het nou vir hulself die reg toegeëien wat bekend staan as “a licence to kill”.  Inenting is baie handig in dié verband.  Die beplanning laat ‘n mens sidder.  Deesdae dra hulle donkerbrille om hulle bose oë te verberg van ‘n waarheidsaksie.  Dit is nou baie moeilik om ‘n lig vir hulle te skyn agv beurtkrag. Natuurlik is dit apartheid se skuld.

Die romantiese verwagting van die nuwe SA het nou tot wrede ontnugtering gelei.  Toesprake kan dit nie regstel nie, nou  skinder hulle onder mekaar.

Hoe kan ons nog ‘n suigbosluis op die witmense inplant.  Verpligte bosskool aktiwiteite sal sekerlik ‘n goeie opsie wees. ‘n Rekordeksamen moet op hul lywe aangeteken word. 

‘n Bloedstollende gedagte vir ‘n Europeer.  Menseregte is nie hier van toepassing nie, want barbaarse besnydenis is eg Afrika tradisie. Gaan drink ‘n pil sodat ‘n chemise kalmte jou kan oorval.

Die ongeluk van die nuwe SA het werklik ’n harsingskuddings epidemie veroorsaak.  Wie het gesê harsingskudding is nie aansteeklik nie? “Lockdown, knockdown, breakdown” is nou die benadering in die nuwe SA.  

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie