1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7037179

Besoekers aanlyn

Ons het 48 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE BALK WAT ONS VERBLIND

BybelMatt. 7:1-29

“En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?  Of hoe sal jy vir jou broeder sê:  Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk!  Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal.” (:3-5).

Geliefdes, u sal seker onthou van die geleentheid waar Natan by koning Dawid gekom het en aan hom vertel het van ‘n ryk man wat homself vergryp het aan die eiendom van ‘n arm man.

  Hy het hierdie saak aan Dawid voorgehou omdat hy as die koning oor die besonderse vermoë moes beskik om in enige saak regverdig te oordeel.  En na aanhoor van hierdie saak, het Dawid ook ‘n streng en regverdige oordeel oor die oortreder in die saak wat Natan voorgehou het, uitgespreek!  “En Dawid het baie kwaad geword vir die man en aan Natan gesê:  So waar as die HERE leef, die man wat dit gedoen het, moet sterwe!  En die ooilam moet hy viervoudig teruggee, omdat hy hierdie ding gedoen het en geen ontferming geken het nie.” (2 Sam. 12:5&6).  Maar groot was Dawid se ontnugtering toe Natan dit aan hom stel dat hy self, koning Dawid, die oortreder in hierdie saak is wat deur Natan aan hom voorgehou is!  “Toe sê Natan vir Dawid:  U is die man! ...” (2 Sam. 12:7).  Dawid was ten volle in staat om die ongeregtigheid in hierdie saak wat aan hom voorgehou is, raak te sien.  Hy was ten volle in staat om die vergryp wat deur die ongeregtigheid plaasgevind het te identifiseer.  Maar hy was by onvermoë om sy eie skuld in hierdie saak te sien.  Die besef van sy eie skuld het eers by hom ontstaan nadat Natan hom daarop gewys het.

Hierdie “swakheid” wat ons in Dawid se oordeelsvermoë opmerk, is ongelukkig by ons ook ‘n werklikheid, geliefdes.  Ons is só geneig om ander mense se sondes, se swakhede, misstape en oortredinge raak te sien, maar vir ons eie foute, swakhede en sondes heeltemal blind te wees.  En wat meer is, is dat daar soveel mense is vir wie dit selfs lekker is om hierdie oortredinge, swakhede en sondes van ‘n ander aan die groot klok te hang.  Ja, daardeur kan ek mos ten toon stel dat my eie tekortkominge darem minder as ‘n ander s’n is.

  

Dawid was nie die enigste koning wat hierdie “swakheid” in sy oordeelsvermoë gehad het nie, geliefdes.  Ons lees ook in Psalm 73 van koning Asaf wat na die lewe van die goddelose kyk en al hul oortredinge en foute raaksien en dan nadink oor die regverdigheid van God se oordeel.  En so het hy ook amper gestruikel omdat sy fokus op die sondes en foute van ander was in plaas daarvan dat hy hom daarop toegespits het om te verskeker dat sy eie verhouding met God in ‘n gesonde toestand is.  “Maar wat my aangaan, my voete het amper gestruikel, my voetstappe het byna uitgegly.  Want ek was afgunstig op die onsinniges toe ek die voorspoed van die goddelose mense sien.” (Ps. 73:2-3).  Maar uiteindelik besef hierdie man dat God se oordele regverdig en reg is. 

 

En dat die veroordeling van ‘n ander se verkeerde dade nie vir hom groter heil sal bring nie, maar dat sy heil afhanklik is van sy eie optrede, die vermoë om sy eie foute raak te sien en dit voor God te bely en te laat staan en sodoende naby aan Hom te leef.  “Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees; in die Here HERE het ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel.” (Ps. 73:28).

Ek hoop van harte dat ek en u ook uit hierdie opdrag van die HERE Jesus Christus asook uit die foute en optrede van koning Dawid en koning Asaf die erns van hierdie saak sal begryp, geliefdes.  Ja, ons moet begryp dat die identifisering en moontlike veroordeling van ander mense se foute en sondes onsself nie nader aan God sal bring nie.

 

  Ons sal nie hierdeur “beter” lyk in God se oë nie.  Ons word nader aan Hom gebring deur die kosbare bloed van onse HERE Jesus Christus.  “Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.” (Efés. 2:14).  Maar wanneer ek net ander se foute en sonde raaksien en by onvermoë is om my eie sondigheid voor God te kan sien, sal ek onder die wanindruk verkeer dat ek hierdie bloed van Christus waardeur ek skoongewas word nie nodig het nie.  En só sal ek aanhoudend ver van Hom af bly en in die doolhof van my sondes verdwaal eerder as om met my sondeskuld na Hom kom en smekend te vra dat Hy my ook daarvan skoon sal was.  

Geliefdes, mag ek en u die balk uit ons eie oog haal sodat ons ook daardie dinge in ons eie lewens sal kan raaksien wat ons na die voete van Christus moet neem met die versoek dat Hy dit van ons sal wegneem.  Ja, dit is beter om in erkenning van ons sondes in gebrokenheid voor die voete van Christus te wees as wat dit is om in trotse eiegeregtigheid ver van Hom af te staan.  

Amen.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie