Die voormalige vakbondleier wat illegitiem (onwettig) die "president" van Suid Afrika geword het, soos al drie sy voorgangers sedert 1994, waarvan twee nl. Nelson Mandela en Thabo Mbeki Xhosas was, Jacob Zuma 'n Zoeloe en hyself 'n Venda, het Donderdag 10 Februarie 2022 in sy staatsrede aangekondig dat Suid-Afrika se ramptoestand opgehef sal word sodra ander maatreëls gefinaliseer is om die Covid-19-reaksie te reguleer en te bestuur.
Die ongeskrewe natuurlike aversie vir mekaar se kultuurverskil, laat nie werklik ruimte vir politieke samewerking nie, al dink Afriforum en Solidariteit, saam met Piet Kroukamp en Max du Preez dat dit die aller oplossing is.
Die AVP se standpunt dat hy wat Ramaphosa is, nie maklik toegelaat sal word om die fiktiewe ramptoestand te be-eindig nie, omdat dit waarskynlik die belangrikste hefboom is wat hy het om vir sy hanteerders iets werd te bly, blyk nie vergesog as sy uitlatings in die staatsrede inaanmerking geneem word nie.
Ramaphosa het Donderdagaand (10 Februarie) in sy staatsrede gesê die einde van die ramptoestand sal gefinaliseer word sodra nuwe regulasies buite die Rampbestuurwet gefinaliseer is.
Geen spesifieke tydlyn vir die beëindiging van die toestand van ramp is gegee nie.
Hy het opgemerk dat Suid-Afrika nou byna alle ekonomiese en maatskaplike beperkings opgehef het, en dat die land nou 'n 'nuwe fase van die pandemie' betree, as regverdiging vir die voortgang om wette te maak om steeds in beheer te kan bly.
Vir die Afrikanervolk beteken nie die grondwet, of die regime se beloftes wat in elke geval nie tot uitvoering kom nie, absoluut niks nie. Ons bly steeds voëlvry verklaard met geen hoop op die verbetering van die veiligheidstoestand nie. Cyril verklaar verderdat:
“Ons benadering is deurgaans ingelig deur die beste beskikbare wetenskaplike bewyse, en ons het uitgestaan vir beide die kwaliteit van ons wetenskaplikes en vir hul betrokkenheid by elke stap van ons reaksie". Hy sê egter nie na wie hy hier verwys, wat hulle bekwaamheid is en met watter gesag hulle dus leiding kan gee nie. Hy negeer dus bekende en aanvaarde wetenskaplikes wat bewese uitgebreide kennis en betrokkenheid in die aangeleentheid het met 'n teenoorstaande standpunt, deur sy swye!
Wetenskaplikes wat dus met gesag statestiek, gebaseer op fisiese feitlike navorsing by herhaling daarop gewys het dat die daagliks gepropageerde syfers foutief is omdat die metodiek van toetsing defek is, figureer nêrens nie!
“Ons is nou gereed om 'n nuwe fase in ons bestuur van die pandemie te betree. Dit is my voorneme om die nasionale ramptoestand te beëindig sodra ons ander maatreëls onder die Nasionale Gesondheidswet en ander wetgewing gefinaliseer het om die pandemie te beperk.” Het hy kwytgeraak. Die AVP waarsku met reg dat hier 'n slang in die gras is en dat ons ons verset teen hierdie onwettige en ongeregtige optrede niemoet aanvaar nie!