1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8334850

Besoekers aanlyn

Ons het 92 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

AFRIFORUM: DIE ONRUSBARENDE VLIEG IN DIE SALF

Vlieg in die salfKlaas WaarseggerBarend Uys (Afriforum se Hoof van Interkulturele Samewerking, het die volgende in sy hart vertroetel en nou bepleit. “Ons moet van ’n rasgebaseerde narratief en samelewing wegbeweeg.  Deur ras te gebruik is nie net fundamenteel verkeerd nie, maar dit skets ook ‘n onakkurate prentjie van die komplekse werklikheid op voetsoolvlak.  Hoe kan ons steeds verwag dat mense hulself in rasgoepe moet klassifiseer as rasklassifikasie afgeskaf is”.

Hierdie uitlating sou ‘n mens sekerlik nie van ‘n Afrikaner verwag wat by sy volle positiewe is nie.  Barend Uys moet noodwendig aan ‘n snaakse geloof behoort om te glo dat die geskapenheid van nasies deur ons Skepper, onregmatig was.  Dit is verstandelik vreemd om te dink dat rassegroepe weggepraat en negeer kan word deur sy benewelde politieke denkpatroon. Ras is ‘n feit soos ‘n koei.  Dit is die stempel wat die Skepper op die mensdom geplaas het.  Barend plaas homself en Afriforum in die dampkring van die ANC se onwerklikheid van ‘n reën-bog-nasie.

As die bestaan van rasse ’n onakkurate prentjie van die werklikheid is, begewe hy homself in ‘n wêreld onbekend aan die mensdom.  Glo hy dan nie wat sy oȅ sien nie, of is die man kleurblind? As die verstand blind is, is die oë nutteloos.  Om te droom van ‘n raslose gemeenskap, is soos om te glo aan ‘n “Non Animal Zoo.” Nog erger, hy plaas homself in stryd met die skepping.  Hy wou dit anders gehad het.  As mens inkoop in die gedagte dat rasklassifikasie fundamenteel verkeerd is, sal ‘n mens graag wil weet wat is fundamenteel korrek.

As dit so is dat ‘n verwysing na rasse rassisties is, verklaar hy die Skepper as ‘n rassis. Gekamofleer wil hy ‘n saak probeer uitmaak vir bloedvermenging en integrasie. Die sogenaamde mite van ‘n reënboognasie.  Is die man dan nou skaam om wit te wees? Sy standpunt of geloof is ‘n belediging vir witmense én swartmense.  Waarom moet ‘n mens nou ontwortel word van jou genetiese afkoms?  Het Barend dan nog nie tot die besef gekom dat die nuwe SA ‘n mislukking is nie?  Duidelik is daar by hom ‘n toegewyde begeerte om die mislukking van die nuwe SA uit te bou. As Afriforum poog om die steun van die Afrikaner te verkry, sal hulle vinnig van hierdie man ontslae moet raak. Om vir jouself te lieg is verskoonbaar, maar om vir die wêreld te lieg is ‘n sonde teen die mensdom.

BAREND IS BESLIS ONRUSBAREND!

Klaas Waarsegger

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie