1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6757271

Besoekers aanlyn

Ons het 27 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

OM TE KIES HET ALTYD 'N GEVOLG! VIR WIE HET U VANDAG GEKIES?

Stem in Suid AfrikaDit was vir baie jare so dat jy vry was om te besluit vir wie jy in 'n verkiesing gaan stem. Vandag was dit ook nog so. Jy kon gaan stem, of jy kon besluit om nie te stem nie en daar was niemand wat jou kon dwing deur te dreig dat jy jou werk sou verloor, of dat jy nie sal kan koop of verkoop indien jy nie gaan stem, en dan nog bowe al, vir wie jy moet stem nie.

Dit sien ons mos nou kom. Jy moet jou laat ent, al weet jy dat dit 'n doodvonnis is en nogal 'n sertifikaat om te bewys dat jy ge-ent is as jy wil reis.

Indien daarmee geslaag word, is die volgende eis algehele onderwerping, nogal vrywillig, aan een regering, een godsdiens, een taal en een wêreldburgerskap!

Al die keuses wat ons Afrikanervolk gemaak het sedert 6 September 1966, se gevolge het ons nie net ons vryheid gekos nie maar ook ons land en baie van ons se lewens! Dit het ook die gevolg dat baie van ons volksgenote, ons werk, ons besit, ons gebruik van ons moedertaal, ons geskiedenis, ons kerke, ons skole en ons afsonderlike woongebiede verloor het.

Hand-oor-hand is ons besig om alles wat deur goeie beplanning, werksywer, kundigheid en insig opgebou is, te verloor en te sien en ervaar hoe dit deur verwaarlosing, onvermoë, luiheid, korrupsie en blote moedswilligheid tot rommel reduseer word.

Is dit nie verbysterend om te sien hoe sommige van ons volksgenote tenspyte van dit alles, steeds kies om dit wat nou oor 27 jaar bewys is vir dié wat dit nooit wou glo nie, steeds hulle steun toesê deur die keuse wat hulle uitoefen, vrywillig nogal! So asof dit wat Afrika as aanskouingsles oor eeue vir ons as voorbeeld voorgehou het en wat ons nou uit onnoselheid, moedswilligheid of eerder kranksinnigheid vir 27 jaar as spiëlbeeld beleef het, deur ontkenning ignoreer asof dit wat feitlik is, eintlik maar net 'n hersenskim is!

Die herhaalde waarskuwing dat as jy in die stelsel ingaan, met ander woorde daaraan deelneem, sal jy uiteindelik daarin opgaan! Hierdie soort van "opgaan" is soos die rook wat opgaan uit die hout wat aan die brand gesteek is vir vleisbraai. Dit gaan op en verdwyn in die niet totdat net die as oorbly wat vir feitlik niks gebruik kan word nie. Die geur van die vleis was heerlik en die reuk van die brandhout 'n stimulus vir die eetkliere. Daarna niks! dit is op! Opgegaan in 'n nietigheid wat ikabod voorspel vir ons volkswees, ons identiteit, ons taal, ons geskiedenis, ons kultuur. In kort vir die rede van ons bestaan hier aan die Suidpunt van Afrika.

Die AVP vermaan die VF-Positief, Afriforum en Solidariteit opnuut vandag! Julle "prestasies" wat bereik word met Afrikanergeld , hoe goed ookal bedoel, beteken vir ons vryheidstryd niks! Beteken vir die behoud van Suid Afrika as Afrikanerland, niks! Dit sal ook vir ons nageslag niks oplewer waarop ons as volwaardige volk kan voortbou, soos wat dit in die afgelope nagenoeg vierhonderd jaar deur ons voorgeslagte vir ons 'n fondasie gelê het waarop só stewig gebou was dat dit in 27 jaar nog nie alles deur die deurbringers verteer kon word nie!

Kom tog tot julle sinne en keer terug na die beginsels en suksesvolle beleid wat ons een van die mees vooruitstrewende lande in die wêreld gemaak het! Indien julle wat daar voorloop en verwagtings skep wat nie haalbaar is nie, maar julle sakke vul, laat dié wat julle volg dan tot insig kom en ophou om agter hersenskimme aan te loop!

Kies dan vandag om vernietiging te vermy! Om ons volk weer op die regte pad te kry waar ons oor onsself kan regeer volgens ons eie aard en behoefte, soos wat ons ook vir ander volke gun! Waarom sou ons aanhou keuses maak wat die dood en vernietiging van ons volk as gevolg het? QUO VADIS AFRIKANER? Dit is politieke randeiers wat dink hulle weet beter as wat dr. Verwoerd, sy voorgangers en die wat vandag nog soos hulle glo, weet en lei!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie