SOOS DIE DOOIE PERD! apologie aan R.K.Belcher
'n Bus het hom vanmiddag doodgestamp:
nou lê hy in die drie-uur son en swel
met treksweet tot salpeterwit verdamp
en plek-plek steek sy ribbes deur die vel.
Die deurgeskuurde dye is bevlek
met papsels mis wat wat uit die pens uitstoot
en vlieë swerm in die neus en bek
Waar strooigeel tande dom kners teen die dood.
'n Trekker sal hom wegsleep uit die straat
en buite waar hy lê sal wurm en son
langsaam die lyf tot kaal gebeente stroop,
en so word hy in al ons dink en praat
meteens die skrik as ons hom op die middag sien:
die dood wat wit gryns op 'n vullishoop.