1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7037361

Besoekers aanlyn

Ons het 45 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

“NEW AGE” POLITIEKE WAPEN VAN ONS TYD!

New Age simboleDie AVP se tema is “’n Oorlog Sonder Koeëls”. In wese is dit wat die “New Age” werklik is, ‘n oorlog sonder koeëls. Dit is bloot 'n woord wat geskep is om die Bybelse waarskuwing dat die stryd nie teen vlees en bloed is nie, maar teen die magte, die owerhede, die heersers van die duisternis van hierdie eeu en die bose geeste in die lug, in kort, om die stryd tussen lig en duisternis, te vervang deur woordspeling!

Dit is skrikwekkend indien jy daarop fokus om te begryp wat hierdie magte, owerhede, wëreldheersers van die duisternis en bose geeste al bereik het! Behalwe vir die afgelope twee Wêreldoorloë, beheer hulle feitlik elke land in die wêreld se geld dmv. gevestigde reserwe banke met hulle vingers in elke bank en deur middel van die banke, die waarde van die geldstelsels, rentekoerse, inflasie, evaluerings van geldwaardes ens.

Verder beheer hulle die wêreldgesondheidsorganisasie, die farmaseutiese bedryf en daardeur die medici. Dit is dan nou voor-die-handliggend dat feitlik elke regering in die wêreld aan hulle gedienstig is soos nou met die valse "pandemie", valse besmettingsyfers en valse stertes dmv. 'n covid 19 virus wat niks anders as gewone griep is nie. Die feit dat hulle mense op ongekende skaal vermoor, vermink en verontreg, met dié grootskaalse beplande en voorbedagte ongeregtigheid ongeskonde vrykom, dui op niks anders as 'n derde wéreldoorlog, in hierdie geval net met ander metodes as konvensionele oorlogvoering!

Behalwe dat hulle verantwoordelik gehou moet word vir skadevergoeding soos die destydse "Marshall plan", behoort hulle ook soos by Neurenberg verhoor te word. Nie net die ontwerpers van die "Nuwe Wêreld Orde" nie, maar ook hulle gewillige lakkeie soos dokters, aptekers, regerings, maatskappye en elkeen wat gewillig was om hierdie drakoniese misdrywe te help implimenteer en af te dwing!

In die plek van finansiële vergoeding, Nobelprysvererings, status en aansien, behoort die Marshall plan en Neurenbergverhore met die toepaslike strafmaatreëls, die norm word wat wêreldwyd toegepas behoort te word as afskrikmiddel vir hierdie soort magsmisbruik wat vandag aan die orde is.

Teneinde daarby uit te kom is wydverspreide verset nodig van gewone mense wat deur hierdie praktyke van die satan self, wat onder ongelowiges 'n "Elite" tot staand gebring het in die vorm van 'n "geldmag", wat op sy beurt weer gebruik maak van elke geheime organisasie onder beheer van hulle Illuminatie wat gesag uitoefen deur korrupsie, verleiding, geld en algemene omkooppraktyke.

Sameswering op politieke terrein voorsien die mandaat vir hierdie soort ongeregtige optredes waar die regstelsel bloot geld vir die gewone man op straat terwyl die onreg en oortreding van hierdie heersers van die duisternis van hierdie eeu, buite bereik van die arm van die gereg, wat deur hulle geskool is op universiteit in ongeloof, mensereg, vryheid van spraak, nie-rassigheid, gelykheid en politieke korrektheid skotvry gaan.

Waarheen is ons oppad deur stil te bly en ons deelname aan verset te weerhou? Ons kan 'n verskil maak deur in Suid Afrika, soos in die verlede, weerstand te bied teen die onreg!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie