1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
6692720

Besoekers aanlyn

Ons het 40 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

 

jacob zuma sing shoot the boer

 

Teken aan

Afrikaner

HET ONS NOG ‘N SIN VIR WAARDES?

Waardes22 April 2009 word die nasie in Suid Afrika opgeroep om te kom stem.

‘n Nasie waarbinne volke se reg misken word deur die opsteek van hande! Meer nog, waar diè Volk wie se land dit regtig is, doelmatig uitgewis word saam met alles wat hulle tot stand gebring het, onder die dekmantel van misdaad! ‘n Land waar die Imperiale Brits-Amerikaanse magte ‘n nasie aan bewind help bring het wat die onbeskryflikste onreg mag pleeg in die naam van “demokrasie en regstellende aksie”, terwyl die wêreld skaamteloos toekyk!

‘n Land waar ‘n blanke stem sedert die-een-mens-een-stem in 1994, wat deur verraad op ons afgetrek is, niks van wat ons vandag as onregmatig beleef kon afweer, of ooit in die toekoms sal kan afweer, vir solank as wat hierdie toestand voortbestaan nie!

Waarvoor stem ons? Om te wen soos die DA sê, vir ‘n nuttelose setel onderhewig aan ‘n Godlose Grondwet? Of vir meriete op sportgebied volgens die VF+?

Of is koalisies nou die oogmerk omdat die praktyk bewys het dat betrokkenheid binne die politieke “Staatsbordeel” gèèn vrugte afgewerp het nie? Koalisies met die ongelowiges vir wie se stem daar hoër gebie sal moet word as die ANC WAT ALREEDS ALLES VAN DIE BLANKE VIR HULLE BELOOF HET!.

Wat van ons vryheid en ons land?

Hoe hoër onderwysers en amptenare se salarisse raak, hoe laer dwing die stelsel ons kinders en amptenare se morele waardes en patriotisme af!

Hoe meer kennis ons kry van die swart regime se onvermoë, deur die blankes wat daarbinne sit se ontnugtering, hoe minder nugtere oordeel is daar!

Hoe meer politieke deelname aan die stelsel, hoe minder geloof en hoe minder oplossings is daar!

Die Afrikaner Volksparty doen ‘n beroep op Afrikaners, gee ag op jou naaste en nie jou verste nie! Gee ag op dit wat ooglopend verkeerd is en kom in verset daarteen deur jou deelname aan die bestel te onthou! As jy nie jou eie ore en oë vertrou nie, gee dan ag op wysheid vanuit die geskiedenis. Dr. Adrian Rogers het by geleentheid gesê:

“Jy kan nie die arme met wetgewing vrymaak deur die ryke daarmee te verarm nie.

Wat een persoon ontvang sonder om daarvoor te werk, moet ‘n ander persoon voor werk sonder om te ontvang.

Die regering kan niks vir iemand gee wat hy nie eers van iemand anders geneem het nie.

Wanneer die helfte van die mense die idee het dat hulle nie hoef te werk nie omdat die ander helfte vir hulle gaan sorg, en wanneer die ander helfte die idee het dat dit sinloos is om te werk omdat iemand anders dit gaan kry waarvoor hulle gewerk het, dit my goeie vriend, is omtrent die einde van enige nasie."

Jy kan nie rykdom vermeerder deur dit te verdeel nie! Ware Afrikaners stem nie!
 
~~~ The late Dr. Adrian Rogers , 1931 to 2005 ~~~

Danie Varkevisser,

Leier: Die Afrikaner Volksparty

Sel:0834603302

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie