1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
7229124

Besoekers aanlyn

Ons het 23 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

2008 SE BREUK MET DIE HERSTIGTE NASIONALE PARTY

Daar word baie bespiegel oor waarom die AVP in 2008 weggebreek het van die Herstigte Nasionale Party. Veral vanuit die HNP self is die leuen versprei dat dit 'n stryd oor leierskap was. Die waarheid is egter dat dit oor 'n geleidelike aanslag op beginsels en uiteindelike beginselversaking gegaan het.

Die bron vir hierdie verklaring is die brief van Johan Wiesner, “Verwoerdburg”, in Beeld van 8 September 2021 op die middelblad waarin opnuut bevestig word dat die breuk in die HNP sy ontstaan in die uiteindelike strooi wat die kameel se rug gebreek het, in 'n openlike aanslag op beginsels na die dood van mnr. Jaap Marais in 2000.

Dit was juis oor standpuntinname teenoor Radio Pretoria wat voorkeur verleen het aan verklarings van die DA bo die verklarings van die leier van die HNP, terwyl Radio Pretoria sy beslag gekry het met fondse uit behoudende Afrikanersakke wat die nood besef en ten bloede toe bygedra het vir 'n mondstuk vir die Afrikaner. 'n Skrywe wat in opdrag van die hoofbestuur van die HNP aan Radio Pretoria oor hulle onpatriotiese optrede gerig is, nadat 'n gesprek met mnr. Clem de Klerk daarop gedui het dat hulle verkies om aan die DA voorkeur te verleen omdat hulle meer nuus by die DA kan ontvang as by die HNP, is die betrokke brief deur sommige lede van die HNP onderskep sonder om dit aan die skrywer en opdraggewers, nl. die hoofbestuur bekend te maak.

Die onverkwiklike gesprekke en verwikkelinge daarna, waar Radio Pretoria se standpunt bo die "beswaardes" wat Radio Pretoria as vyandig teenoor die Afrikaner se beproefde beleid en beginselstandpunte verkies het, het dit onmoontlik gemaak om die Afrikaner se vryheidstryd binne daardie eens standvastige en nasionalistiese politieke organisasie voort te sit. Ondermeining van die leierkorps, inklinasie na deelname aan munisipale verkiesings en ander optredes wat nie nou tersake is nie, het alles bygedra tot skeuring en stigting van die AVP. Om instaat te kon wees om op die beproefde beginsels en beleid sedert 1948, soos voortgedra deur Genl. Hertzog. dr. D.F.Malan, Adv. Hans Strydom, dr. H.F. Verwoerd, dr. Albert Hertzog en Jaap en Willie Marais, was dit noodsaaklik om binne 'n milieu waar daar nie verskil oor beginsel en beleid bestaan nie, te kan funksioneer.

MultikulturalismeJohan Wiesner bevestig met sy brief in Beeld dat die AVP stigters reg was in hulle oordeel van Radio Pretoria en dat verskil van beginsel binne dieselfde politieke party nie geduld kan word, veral as jy in 'n oorlewingstryd vir jou volk betrokke is nie. Dit het geen waarde om 'n beginsel te bely wat jy nie bereid is om by te staan en te val wanneer dit van jou vereis word nie.

Pretoria FM is nié 'n bate vir die Afrikanervolk nie en allermins vir ons stryd om weer vry te wees. Hulle is ingesluk deur die liberale denkstroom van politieke korrektheid waar die gees van: I've got principals, but if you don't like them, I've got others! Daar moet duidelike onderskeid gemaak word tussen hulle wat openlik bereid is om te sê dat die Republiek van Suid Afrika ons Godgegewe erfenis is en nie aan almal behoort wat daarin woon nie!

Elke volk het die reg om binne sy eie land oor homself te regeer volgens sy eie aard en sy eie behoeftes, en dit ook aan elke ander volk te gun! Dit is die wese van die beleid van apartheid en dit is ook die enigste beleid wat wêreldwyd volke se identiteit kan beskerm en vreedsame naasbestaan kan verseker!

Pretoria FM swyg HNP ook dood: Johan Wiesner, “Verwoerdburg”

Willie Spies se Standpunt (03.09) verwys.

Pretoria FM berig, behandel, deel mee, of lewer, soos dit hoort, voortdurend kommentaar op din-

ge wat op die politieke terrein gebeur. Betrokkenes kry dan, óók soos dit hoort, geleentheid om

hul saak te stel en te verdedig; of, as hulle (pers)verklarings daaroor uitgereik het, word daar billike dekking aan sulke verklarings gegee, deur aanhalings daaruit te maak. Vanaf die ANC en sy geesgenote, tot by die VF Plus. Baie “objektief”, soos een van Pretoria FM se advertensies lui.

Maar, is ek bevrees, dit is waar daardie “objektiwiteit” ophou. By die VF Plus. Want sien, daardie

dekking is skynbaar vir almal, behalwe vir die HNP, bedoel. Nooit word ’n enkele woord oor die HNP berig nie, nooit word ’n enkele sin uit enige verklaring wat die HNP uitreik, aangehaal nie. Nooit word die HNP-leier kans gegun om namens die HNP te praat nie. Pretoria FM sing heerlik saam in die massamediaanse HNP doodswyg

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie